Quantcast
Channel: Kuns - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Persvrystelling: Art Franschhoek 2017

$
0
0

 

Net so bekend soos die Franschhoek-wynvallei vir uitmuntende wyn en fynproewerskos is, net so bekend het dit geword vir fyn kuns. In 2016 het die vallei Art Franschhoek bekend gestel, ’n viering van fyn kuns waar besoekers die geleentheid gebied word om tydens Oktober en November kuns uit die boonste rakke te aanskou en geniet. Vanjaar se Art Franschhoek sal weer eens die spreekwoordelike deure oopgooi vir die publiek van 27 Oktober tot 27 November.

Besoekers aan die vallei sal bederf word met ’n oorvloed kuns wat Franschhoek se inwonende kunstenaars en vele galerye ten toon sal stel. Om die begin van hierdie fees van kuns te vier, sal sommige van die deelnemende galerye spesiale geleenthede aanbied oor die naweek van 27 tot 29 Oktober. Dit sluit ’n reeks staptogte in die dorp onder begeleiding van kunstenaars in.

Tydens die maand van Art Franschhoek sal die wêreldbekende Everard Read Gallery bekende werke van sommige van Suid-Afrika se beste kontemporêre kunstenaars in ’n verskeidenheid media uitstal. Die Everard Read Gallery se betrokkenheid by vanjaar se kunsfees toon dat Art Franschhoek ongetwyfeld een van dié kunsgeleenthede geword het.

Ebony/Curated – met sy uitmuntende uitstalling van fyn kuns, beeldhouwerk en keramiek – sal vier uitstallings in hul twee galerye aanbied, insluitende ’n groot retrospektiewe landskapuitstalling van die oorlede Suid-Afrikaanse meester, Erik Laubscher. Besoekers kan ook op ’n ontdekkingsreis van die land se grootste en bekendste meesters, Jacob Hendrik Pierneef, in die La Motte-museum onderneem. Die museum bevat 104 kunswerke sowel as persoonlike gedenkwaardighede. Dan is daar die asemrowende keramiekwerk van die internasionaal bekende David Walters en sy dogter Sarah, terwyl die Holden Manz Gallery, gerieflik in die middel van die dorp geleë, kunswerke van Donna McKellar sal uitstal. Die prentjiemooi Leeu Estates sal ’n ontspanne tuin- en kunstoer aanbied wat besoekers die kans sal bied om ’n konneksie met die natuur te vorm en kuns in rustige ruimtes met uitsonderlike uitsigte te waardeer. Verder is daar ook asemrowende kunswerke by die IS Art Gallery wat keramiekwerk, beeldhouwerk, juweliersware en skilderye insluit.

Dit is egter maar net ’n voorsmakie van wat op besoekers wag tydens Art Franschhoek. Vir ’n volledige program van die openingsnaweek se aanbiedings en die verskillende uitstallings, besoek www.franschhoek.org.za.

Klik hier om die program direk af te laai.

The post Persvrystelling: Art Franschhoek 2017 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>