Tinus Horn se vierde boek, Boas Mei is Verward, het onlangs by Penguin SA verskyn.
Tinus skilder ook en maak kort animasierolprente. Hy het kunswerke vir Riku en Jackie Lätti se Wasgoedlyn-projek geskep.
Hierna het Tinus sommer aangehou teken.
Hy het 'n reeks portrette in ink gemaak en hom toegespits op Suid-Afrikaanse musiekkunstenaars wat die hoofstroom met opset vermy. Sodra die musikante opraak, gaan hy 'n reeks Afrikaanse skrywers aanpak. Daarna miskien bakkers en skinkers. LitNet plaas elke week twee van dié portrette. Eerste aan die beurt is die digters-sangers Churchill Naudé en Frazer Barry.
Frazer Barry
Churchill Naudé
The post Portrette in ink: Frazer Barry en Churchill Naudé appeared first on LitNet.