Quantcast
Channel: Kuns - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Uitnodiging: Palimpses, ’n groepuitstalling in Wellington | 4 Augustus tot 9 September

$
0
0

Palimpses is ’n splinternuwe multimedia- en driedimensionele groepuitstalling waar woord, spesifiek digkuns, en beeld in gesprek tree. Dié uitstalling deur digters en skilders open op Sondag 4 Augustus in die Breytenbach Galery op Wellington en kan tot Maandag 9 September besigtig word.

Die woordtowenaars Diana Ferrus en Naidene Lottering sal ’n beperkte oplaag van handgeskrewe gedigte uitstal. Die deelnemende beeldkunstenaars is Susan Smuts, Tina Nel, Alexander Lauren, Jacqui Verloren van Themaat, Kobus Coetzee, Alice Walker en Selena Boonzaaier.

Volgens Anne-Ghrett Erasmus Coetzee, kurator van die Breytenbach Galery, verwys die titel van die uitstalling, Palimpses, na ’n bladsy van ’n manuskrip waarvan die teks afgeskraap of afgewas is, sodat die bladsy weer vir ’n ander dokument gebruik kan word.

“Die idee vir hierdie uitstalling is reeds in Januarie 2020 in Tulbagh gebore,” sê Coetzee. “Digters en skilders wou saam Vrouemaand vier onder die oorkoepelende naam ‘Godin’, maar die pandemie het noodgedwonge alles op ys gesit. In Januarie 2024 is die idee van die uitstalling herbesoek en is die naam Palimpses gekies om uit te beeld hoe die mens fisieke en emosionele uitdagings verwerk deur herskepping en nuutskepping.”

Ferrus en Lottering gaan van hulle gedigte voorlees tydens die openingsgeleentheid op Sondag 4 Augustus 2024 om 11:00. Toegang is gratis, maar plek is beperk en bespreking is noodsaaklik. Bespreek by galery@breytenbachsentrum.co.za of WhatsApp 083 415 0002.

 

The post Uitnodiging: Palimpses, ’n groepuitstalling in Wellington | 4 Augustus tot 9 September first appeared on LitNet.

The post Uitnodiging: <em>Palimpses</em>, ’n groepuitstalling in Wellington | 4 Augustus tot 9 September appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>