Quantcast
Channel: Kuns - LitNet
Viewing all 188 articles
Browse latest View live

Welgemeend se “Maand van kuns”

$
0
0

’n Belangrike herwaardering en herinskatting van die “vergete” era van Suid-Afrikaanse abstrakte kunstenaars tussen die 1950’s en die 1970’s

’n “Maand van kuns” by Welgemeend beleef sy vierde jaarlikse aanbieding met ’n unieke geleentheid om gehaltekuns uit privaat versamelings in Kaapstad te sien. Hierdie maand is die fokus op die “vergete” kunstenaars van die periode van die 1950’s tot die 1970’s wat deel was van die abstraktekuns-beweging wat internasionaal wyd aanklank gevind het.

Hierdie “maand van kuns” is deur Frank en Lizelle Kilbourn geïnisieer om ’n geleentheid te skep om rondom ’n bepaalde tema die room van Suid-Afrikaanse kuns uit privaat versamelings, hoofsaaklik tot dusver hul eie versameling, maar vanjaar ook met die deelname van die Stellenbosse versamelaar Pieter Colyn, met ’n wyer publiek te deel.

In hierdie maand word rondleidings en lesings rondom kuns aangebied, asook spesiale funksies waar belangegroepe kan byeenkom. Dit word afgeskop met ’n deftige aandfunksie. Dwarsdeur die maand word ook geleenthede gebied vir skole om die werke op begeleide toere te besigtig. Die opvoedkundige waarde daarvan is ’n belangrike oogmerk van die projek.

Fondse word ook sodoende gegenereer vir die instandhouding van die Welgemeend Herehuis, wat aan die bekende Hofmeyr-familie behoort het, sowel as vir die versorging van die Boerneef-versameling wat hier gehuisves word. IW van der Merwe (wat die skuilnaam Boerneef gebruik het) het 50 jaar gelede die grootste deel van sy privaat versameling van Suid-Afrikaanse kuns, asook sy boekery, aan die Hoërskool Jan van Riebeeck bemaak. Welgemeend is op hierdie skool se gronde.

’n Gesellige groep tafelmaats wat die gala-aand wat die "Maand van Kuns" in Welgemeen herehuis voorafgegaan het. In die agtergrond is van die kunswerke uit die versamelings van Frank en Lizelle Kilbourn en Pieter Colyn te sien.

Van die gaste by die gala-aand

Bina Genovese, seriemoniemeester van die aand en mede-uitvoerende direkteur van Struass & Co

Helena le Roux, organiseerder van die “Maand van Kuns” by Welgemeend, met Jean le Clus Theron, kunsspesialis by Strauss & Co

Om geld in te samel vir die instandhouding van die Boerneef-versameling het wyle Stephan Welz, welbekende kunsafslaer en kunskenner, so ’n jaarlikse funksie voorgestel. Dit het tot die “Maand van kuns”-projek ontwikkel. Die afslaershuis Strauss & Co, waarvan Welz die stigter was, is ’n hoofborg. So ook die wynlandgoed Delaire Graff, Frank en Lizelle Kilbourn en Christo en Caro Wiese.

Margaret de Villiers van die Kilbourn-groep wat verantwoordelik was vir die stilering van die galadinee en Ian Hunter, senior kunsspresialis van Strauss & Co

Errol Ahrends, bekende Kaapse mode-ontwerper, Caro Wiese, kunsversamelaar en direkteur van Strauss & Co, en Herman Binge, bekende filmmaker. Beide Caro en Herman is oudleerlinge van die Hoërskool Jan van Riebeeck.

Stefan Hundt, kurator van die Sanlam-kunsversameling, Ian Hunter, senior kunskonsultant van Strauss & Co, en Hayden Proud, kunskurator van Izikio Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad.

Sarah en Baylon Sandri – hy is die eienaar van SMAC galery geleë in Kaapstad, Stellenbosch en Johannesburg.

Die rede waarom “vergete” gevoeg word by die name van sommige van die kunstenaars is juis dat die politieke klimaat van die tyd meegebring het dat kuns in isolasie gehul is en Suid-Afrikaanse kunstenaars wat uit eie reg met buitelandse eweknieë sou kon meegeding het, nie toegelaat is om weens die kultuurboikot, wat tot 1990 sou voortduur, aan internasionale uitstallings en kompetisies deel te neem nie.

Hierdie dekades van die 1950’s tot die 1970’s word gekenmerk deur groot politieke veranderinge in Suid-Afrika na die bewindsaanvaarding van die Nasionale Party in 1948. Bepaalde politieke beleide wat internasionale isolasie tot gevolg gehad het, was die wyse waarop beslag gegee is aan apartheid en republiekwording en wat tot verskeie protesopstande, die Rivonia-verhoor en aanhouding van politieke gevangenes sonder verhoor gelei het. Die kunstenaars, wat abstrakte of niefiguratiewe kuns bedryf het, is deur boikotte van die internasionale hoofstroom geïsoleer. Dikwels nog word na hierdie kunstenaars as die “verlore” generasie verwys.

Die abstraktekuns-periode word deur die kunskenner Wilhelm van Rensburg afgebaken as tussen die Overseas Exhibition of South African Art in die Tate Galery in Londen in 1948 tot die 1979-kunssimposium State of the Art in South Africa wat aan die Universiteit van Kaapstad gehou is. Die 1948-baken verteenwoordig ’n algemeen-aanvaarde inventaris van die ontwikkeling van vroeë modernisme, terwyl die 1979-simposium ’n besinning was oor hoe kuns gebruik kon word om die aftakeling van apartheid te bewerkstellig, wat dié isolasie onomkeerbaar gemaak het.

Hoewel daar in hierdie tydperk bepaalde hoogtepunte in die Suid-Afrikaanse kunswêreld was, is dit geheel en al oorskadu deur die politieke boikot. Suid-Afrika kon nog deelneem aan die Venesiese Biënnale in 1952, maar daarna is verdere deelname opgeskort tot in die 1990’s. Tydens die São Paulo Biënnale in 1957 het die beeldhouer Eduardo Villa ’n toekenning ontvang en in 1967 – die laaste deelname – het Kenneth Bakker ’n prys gewen.

Op plaaslike front was daar verskeie aktiwiteite van belang, wat insluit die stigting van kunstydskrifte soos ArtCheck en Artlook, asook die opkoms van ’n aantal avant-garde galerye – baie van korte duur. Belangrik was Linda Givron se stigting in 1976 van die Goodman-galery in Johannesburg, die enigste galery wat kontak met ’n aantal buitelandse galerye gehad het. Dit het meegebring dat die Goodman-galery tot in die 1990’s die enigste Suid-Afrikaanse galery (en lank die enigste Afrika-galery) was wat aan die prestige-Basel Art Fair deelgeneem het.

’n Mylpaalgeleentheid was ook dat Esmé Berman in 1970 ons eerste kunsgeskiedenis gepubliseer het – Art and artists in South Africa. Dit bly steeds ’n gerekende verwysingsbron. ’n Paar ander kunsboeke kon ook die lig sien, waarvan die bekendste die boeke van die kunsresensent FL Alexander was.

Abstraksie was die dominante invloed in die periode van die 1950’s tot die 1970’s en omvat diverse stilistiese afsplinterings, soos abstrakte ekspressionisme, aksieskilderwerk, informalisme, skerpbelynde abstraksie (“hard-edge”), geometriese abstraksie en kleurveldskilderkuns.

Die Killbourn- en Colyn-versamelings het van die beste voorbeelde van hierdie periode. Dit sluit die volgende kunstenaars se werk in: Walter Battiss, Alexis Preller, Paul du Toit, Cecily Sash, Douglas Portway, Larry Scully, Fred Schimmel, Sydney Khumalo, Louis Maqhubela, Maud Sumner, Cecily Higgs, Albert Newall, Georgina Ormiston, Erik Laubscher, Christo Coetzee, Kenneth Bakker, Lionel Abrams, Kevin Atkinson, Bernardine Biden, Wim Blom, Gregoire Boonzaier, Claude Bouscharain, George Boys, Nils Burwitz, Bettie Cilliers-Barnard, Trevor Coleman, Jan Dingemans, Charles Gassner, Jack Heath, Dorothy Kay, Johannes Koorzen, Eugene Labuschagne, Dirk Meerkotter, Ronald Mylchreest, Hannatjie van der Wat, Anna Vorster, Gordon Vorster, Dumele Feni-Mhlaba, Ezrom Legae, Lucas Sithole en Eduardo Villa.

’n Bespreking van die kunswerke met die versamelaars Pieter Colyn (links) en Frank Kilbourn (regs) is deur die kunsskrywer –en joernalis Sean O’Toole gelei.

Abstrakte kuns het ’n eie visuele taal van vorm, fatsoen, kleur en lyn gebruik om ’n komposisie te vorm wat eie bestaansreg het en onafhanklik staan van aanvaarde (realistiese) verwysings. Abstrakte kuns is gemoeid met lyne, vorm en kleur en die verhouding tussen hierdie elemente. Dit omvat die fundamentele veranderinge wat industrialisering, tegnologie, wetenskap en die filosofie in die vroeë 20ste eeu meegebring het.

Suid-Afrikaanse kunstenaars het al vanaf die 1930’s met abstrakte of niefiguratiewe kuns kennis gemaak. In hierdie periode is Bettie Cilliers-Barnard, Paul du Toit, Cecily Sash, Douglas Portway, Albert Newall, Claude Bouscharain, Erik Laubscher en Christo Coetzee, om maar enkeles te noem, in Londen en Parys aan abstrakte kuns blootgestel, hetsy deur hulle aanraking met vooraanstaande beoefenaars daarvan of deur studie onder leidende abstrakte kunstenaars.

Onder buitelandse kunstenaars met wie die groep in aanraking was, tel onder andere Ben Nicholson, Piet Mondrian, Joan Miró, Barbara Hepworth, Max Ernst, André Bréton en Fernand Léger.

In die 1950’s is ’n aantal Suid-Afrikaners na die VSA en is hulle hoofsaaklik deur kunstenaars soos Robert Motherwell, Helen Frankenthaler, Cy Twomby, Mark Rotho en Georgina O’Keeffe beïnvloed. Onder die Suid-Afrikaanse kunstenaars wat daarheen gereis en daar studeer het, is Claude Bouscharain, Erik Laubscher, Kevin Atkinson en Rene le Roux.

In ’n gesprek oor hul versamelings het Frank en Lizette Kilbourn en Pieter Colyn as volg op vrae geantwoord:

Wat beteken deelname aan die “Maand van kuns” vir jou, as versamelaar?

Frank Kilbourn: Ek dink daar is ’n noue verband tussen die versameling van kuns en die beskerming van historiese geboue. Versameling van kuns is ook ’n vorm van beskerming van kultuurgoedere – dis dikwels ou goed waarvan ons praat. Welgemeend is een van die oudste wonings in Suid-Afrika en ’n grootliks onontdekte juweel in die stadskom. Die Boerneef-kunsversameling en boeke wat daar bewaar word, is ook ’n belangrike deel van ons kultuurgeskiedenis.

Kuns móét gesien word om waardeer te word en ek dink privaat versamelaars wat hul kuns met ander deel, kry dubbel die vreugde. Die uitstalling by Welgemeend doen twee dinge: die publiek kry kunswerke te sien wat selde vir openbare besigtiging beskikbaar is en die Welgemeend/Boerneef-versameling se welstand word bevorder. Die spreekwoordelike twee vlieë in een klap.

Pieter Colyn met Lizette en Frank Kilbourn by hulle skildery van Erik Laubscher (1927–2013) se werk, "Still life with Pumpkin Slice" (1965) – olie op doek.

Jy versamel reeds vir die afgelope 17 jaar kuns. Fokus jy op besondere kunstenaars of temas?

Pieter Colyn: Ek het kuns sedert 2000 op ouderdom 30 begin versamel. In daardie stadium het ek nog nie ’n huis besit nie. Ek is deur ’n vriendin, wyle May van der Merwe, na ’n kunsuitstalling by die Stellenbosch-kunsgalery genooi. Dit was ’n keerpunt in my lewe. Abstrakte of niefiguratiewe kuns het my aangegryp.

My eerste kunswerk wat ek aangeskaf het, was van Erik Laubscher. Sy werke vorm ’n kern van my versameling met werke van Walter Battiss, Christo Coetzee, Larry Scully, Kenneth Bakker, Cecily Sash en ander meesters van die 1950’s en 1970’s. Ek versamel spesifiek Suid-Afrikaanse kunstenaars van hierdie periode.

Ek het my versameling uitgebrei om abstrakte en niefiguratiewe kontemporêre kuns van Suid-Afrika en Afrika te versamel. Ek stel belang in kunstenaars soos Mshekwa Langa, Mongezi Ncaphayi, Turiya Magadlela, Sandile Zulu, Jan-Henri Booyens, Zander Blom, Alexandra Karakashian en ook Odili Donald Odita (Nigerië), Wallen Mapondera (Zimbabwe) en Serge Alain Nitegeka (Burundi).

Pieter Colyn, ’n Stellenbosse kunsversamelaar, my een van gunsteling werke – Walter Battiss (1906–1982) – "Abstract" – olie op doek.

Watter persoonlike vreugde is daar vir jou in die versameling van kuns? Wat is jou voorkeure en/of spesiale kunstenaars?

Frank Kilbourn: Om kuns te versamel is om op ’n ontdekkingsreis te gaan. Jy leer nie net voortdurend oor nuwe kunstenaars, nuwe werke en nuwe kunsbewegings nie, jy leer ook meer van jouself. ’n Goeie kunswerk het altyd ’n element van misterie en ’n mens kan dit nooit “klaar” kyk nie. Ek put bevrediging uit die werke wat die intellek uitdaag, en die estetiese is goed vir die siel.

Wat voorkeure en spesiale kunstenaars betref, is daar te veel om op te noem. Ek hou van kunstenaars wie se werk ’n mengsel van estetika en kreatiewe intelligensie bevat. In dié verband is Preller, Battiss, Hodgins, Pinker en Penny Siopsis onder my gunstelinge. Dit is dikwels ook die satiriese en ironiese aanslag van die kunstenaars wat ek geniet. Ek het ook waardering vir Suid-Afrikaanse kunstenaars wat internasionaal gereis en hulself oopgemaak het vir invloede van ander kunsskole, denkrigtings en style. Dit is boeiend om te sien hoe hierdie blootstelling in hul eie werke gesintetiseer is. Ek geniet ook konseptuele werke soos dié van Wim Botha, Zander Blom en Nicholas Hlobo. Die uitdaging is om voortdurend nuwe kunstenaars te ontdek.

Frank en Lizette Kilbourn by hul skildery van Alexis Preller (1911–1975), getiteld "Fountain" (1967) – olie op doek.

As jy kuns aankoop, word jy gedryf deur die beleggingswaarde van goeie Suid-Afrikaanse kuns? Hoe bestuur jy jou versameling? Verkoop jy dalk ook soms werke?

Pieter Colyn: Ek koop eerstens kunswerke waarvan ek hou. Die besluit om swaarverdiende geld aan kunswerke te bestee word verder geregverdig deur die potensiële monetêre groei. Die aankoop van kuns kan tweeledig as ’n belegging gesien word: dit is ’n belegging in die vreugde wat die werk aan jou en ander mag bring en dit kan ook ’n finansiële belegging wees indien jy beplan om dit te gelde te maak.

Ek versamel spesifieke kunstenaars se werke en is deurgaans op soek na werke wat beskikbaar word, hetsy deur ’n kunsgalery, ’n kunsveiling of ’n kunshandelaar of vanaf ander versamelaars. Ons speel nog albasters dan ruil ons soms ons werke uit. Ek maak nie gebruik van kunskonsultante nie. Ek is gemaklik met my eie waarneming en interpretasie oor die meriete van ’n kunstenaar se werk en die potensiële groei in waarde van spesifieke werke.

Ek sien myself as ’n versamelaar en nie as ’n handelaar nie. Ek versamel kunswerke van kunstenaars wat oor ’n besondere styl of tegniek beskik om – volgens my mening – “lewe” aan ’n kunswerk te gee. ’n Goeie kunswerk is tydloos, die kunswerk self is die handtekening van die kunstenaar.

Soms oorweeg ek dit om van my kunswerke te verkoop as daardie werk ten opbrengs in ander kunswerke herbelê kan word of om my ander passie, die bewaring van natuurterreine, te verseker of te bevorder.”

Wat is die opvoedkundige aard van die Welgemeend “Maand van kuns” en wie baat daarby?

Lizette Kilbourn: Ons wil graag aan skoolleerders die geleentheid (en waar dit versoek word, meer inligting) gee om die kunswerke wat uitgestal word te geniet. Uit ervaring weet ons dat leerders, veral diegene wat kuns as vak neem, inspirasie put uit die Welgemeend “Maand van kuns”. Ons wil veral graag ’n vuurtjie aansteek en ’n liefde vir kuns kweek by jongmense wat nie noodwendig self kuns beoefen of andersins veel blootstelling aan kuns het nie. Skole word uitgenooi om hul leerders te bring en ons sal graag soveel rondleidings hou as wat ons kapasiteit toelaat.

Ons teiken is nie net jongmense nie, maar volwassenes wat ons glo ook by opvoedkundige inisiatiewe rondom kuns kan baat. Baie volwassenes het ’n behoefte om meer van kuns en eintlik kunswaardering te leer. Soos alle vaardighede is kunswaardering iets wat mens met tyd en oefening kan ontwikkel, veral wat moderne en kontemporêre kuns betref, waar die werke nie altyd rasioneel “sin” maak nie. Baie mense vind die kunsmilieu soms ontoeganklik en intimiderend. Dit raak ’n selfvertroue-ding en mense sluit af, want hulle is bang hulle sê of vra iets simpels.

Wat ons graag by Welgemeend wil regkry is dat mense moet voel hulle is welkom, ongeag hul vlakke van kundigheid of blootstelling. Elkeen moet vry voel om vrae te vra en inligting te bekom wat die werke vir hulle sal “oopmaak”. Elkeen moet hulle eie mening kan lug en ons wil graag hê dat elke persoon wat Welgemeend besoek, moet huis toe gaan met ’n gevoel dat dit hulle verryk het.

  • Welgemeend Herehuis en die Boerneef-versameling van kuns en boeke wat daar gehuisves word, is kultuurskatte in die hart van Kaapstad. Die Hoërskool Jan van Riebeeck besit en bestuur die geriewe en die versameling. ’n Vrywillige organisasie genaamd Vriende van Welgemeend en die Boerneef-versameling is gestig om Welgemeend en die Boerneef-versameling te bevorder en in stand te hou. Kontak Helena le Roux by Welgemeendfriends@gmail.com.

The post Welgemeend se “Maand van kuns” appeared first on LitNet.


Persvrystelling: Art Franschhoek 2017

$
0
0

 

Net so bekend soos die Franschhoek-wynvallei vir uitmuntende wyn en fynproewerskos is, net so bekend het dit geword vir fyn kuns. In 2016 het die vallei Art Franschhoek bekend gestel, ’n viering van fyn kuns waar besoekers die geleentheid gebied word om tydens Oktober en November kuns uit die boonste rakke te aanskou en geniet. Vanjaar se Art Franschhoek sal weer eens die spreekwoordelike deure oopgooi vir die publiek van 27 Oktober tot 27 November.

Besoekers aan die vallei sal bederf word met ’n oorvloed kuns wat Franschhoek se inwonende kunstenaars en vele galerye ten toon sal stel. Om die begin van hierdie fees van kuns te vier, sal sommige van die deelnemende galerye spesiale geleenthede aanbied oor die naweek van 27 tot 29 Oktober. Dit sluit ’n reeks staptogte in die dorp onder begeleiding van kunstenaars in.

Tydens die maand van Art Franschhoek sal die wêreldbekende Everard Read Gallery bekende werke van sommige van Suid-Afrika se beste kontemporêre kunstenaars in ’n verskeidenheid media uitstal. Die Everard Read Gallery se betrokkenheid by vanjaar se kunsfees toon dat Art Franschhoek ongetwyfeld een van dié kunsgeleenthede geword het.

Ebony/Curated – met sy uitmuntende uitstalling van fyn kuns, beeldhouwerk en keramiek – sal vier uitstallings in hul twee galerye aanbied, insluitende ’n groot retrospektiewe landskapuitstalling van die oorlede Suid-Afrikaanse meester, Erik Laubscher. Besoekers kan ook op ’n ontdekkingsreis van die land se grootste en bekendste meesters, Jacob Hendrik Pierneef, in die La Motte-museum onderneem. Die museum bevat 104 kunswerke sowel as persoonlike gedenkwaardighede. Dan is daar die asemrowende keramiekwerk van die internasionaal bekende David Walters en sy dogter Sarah, terwyl die Holden Manz Gallery, gerieflik in die middel van die dorp geleë, kunswerke van Donna McKellar sal uitstal. Die prentjiemooi Leeu Estates sal ’n ontspanne tuin- en kunstoer aanbied wat besoekers die kans sal bied om ’n konneksie met die natuur te vorm en kuns in rustige ruimtes met uitsonderlike uitsigte te waardeer. Verder is daar ook asemrowende kunswerke by die IS Art Gallery wat keramiekwerk, beeldhouwerk, juweliersware en skilderye insluit.

Dit is egter maar net ’n voorsmakie van wat op besoekers wag tydens Art Franschhoek. Vir ’n volledige program van die openingsnaweek se aanbiedings en die verskillende uitstallings, besoek www.franschhoek.org.za.

Klik hier om die program direk af te laai.

The post Persvrystelling: Art Franschhoek 2017 appeared first on LitNet.

Knysna Fine Art vier 20 jaar: ’n onderhoud met Trent Read

$
0
0

Trent Read kan beskou word as die doyen  van kunshandel in Suid-Afrika. Hy kom uit ’n familie van kunshandelaars en het self galerye in Suid-Afrika sowel as die buiteland besit. Corlie de Kock het ’n MA Visuele Kuns by Stellenbosch voltooi en haar studie in Hamburg, Duitsland voortgesit. Sy is pas aangestel as kurator by Trent Read se vlagskipgalery, Knysna Fine Art, wat in November sy 20ste bestaansjaar vier met ’n groot groepsuitstalling.  Hiermee ’n tweetalige gesprek tussen Trent en Corlie oor die geskiedenis van die Read-familie, Knysna Fine Art en die toekoms van eietydse kuns in Suid-Afrika.

Grace da Costa: Spaces

Vertel vir ons van die Read-familie se besluit om ’n galery in Suid-Afrika te open? Wanneer was dit en het jou ouers uit Engeland gekom?

My great-uncle, Albert Everard Read, who was a painter, came out from England at the beginning of the last century and opened a gallery cum antique shop in Johannesburg in 1912. His brother (my grandfather) took it over after Albert was gassed in the first war and then my father, Everard Read, took over in his turn. My brother, nephew, niece and son are all in the business – we are obviously unemployable as a family elsewhere!

Barbara Wildenboer: Spinning tales II (altered book)

Hoe het jy in die kunsbedryf beland, of is dit in julle bloed/gene?

I originally wanted to study medicine, but ended up at Christie’s in London, where I spent some wonderful years and, in learning an enormous amount, also learned that I loved the arts and that luckily I had a good eye.

Knysna Fine Art is vanjaar 20 jaar oud. Dis ’n groot mylpaal vir ’n galery in ’n klein dorp.  Vertel vir ons van die besluit om ’n galery in Knysna te begin en van goeie herinneringe uit die verlede.

When my children were born we decided to move from Johannesburg to Knysna, as we did not want them growing up in a shopping mall. I had wonderful memories of summer holidays in Knysna as a child and it is a decision that I have never regretted, although occasionally it has been quite tough over the years. Most galleries have the life expectancy of mayflies and the difficulties are compounded in a small seasonal town, but a combination of fine artists and wonderful and loyal collectors from all over the world has enabled us not only to survive but to flourish.

Hanneke Benade: Bo-Kaap-meisie (pasteltekening)

Vertel vir ons van jou liefde vir Louis Leipoldt en Suid- Afrika.

Two of the many things that I am passionate about are food and collecting. I am a good amateur cook and have, as a result, a cookbook collection that is now both large and fine. Among the South African books are the writings of Louis Leipoldt, who was one of our greatest sons – a scientist, doctor, botanist, poet and writer and a superb and knowledgeable cook who deserves to be far more celebrated than he is. His collected magazine articles from the 1940s – Polfyntjies vir die proe – are wise and very witty and define boerekos. How I would have loved to have dinner with him.

Peter van Straten in his studio

Wat kan versamelaars hierdie seisoen by Knysna Fine Art verwag?

I am so looking forward to our celebratory exhibition, not least because you are coming in as the curator with your fresh eye and talent. We have a great show with some of the artists I have worked with and developed over a lifetime and other superb young people beginning their careers. We are so lucky to have such a stunning space in which to do them all justice.

Aidon Westcott: Frequency (gemengdemediacollage)

Een van die redes hoekom ek daarvan sal hou  om saam met jou te werk, is juis dat jy bereid is met opkomende kunstenaars kanse te waag. Hoekom is dit vir jou belangrik?

My absolute favourite thing about dealing is working with young, edgy, passionate artists who are obsessed with making art. It’s not difficult to sell an Irma Stern or a Pierneef, but it takes vision and a long view to promote an artist who makes work that is unsettling, disturbing or just in advance of current norms and taste.

Olaf Bischoff: Ladder (olie op bord)

Knysna Fine Art vier sy verjaarsdag met ’n groot groepsuitstalling van kunstenaars wat oor 40 jaar deur Trent Read verteenwoordig is. Dit is die eerste uitstalling in Knysna waar Corlie de Kock as kurator sal optree. Nuwe werk deur vername  kunstenaars soos Phillemon Hlungwani, Lionel Smit, Peter van Straten,  Carl Roberts, Grace da Costa, Norman Catherine, Elizabeth Balcomb, Jaco Sieberachen en Deborah Bell sal vanaf 9 November  te sien wees. Kontak die galery by gallery@finearts.co.za vir ’n aanlyn katalogus.

Mziwoxolo Makalima: Confined (sement met harsbasis)

Jaco Roux: Kongoni plains, Mapungubwe (olie op doek)

Die foto's is uit die katalogus van die uitstalling wat op 9 November begin.

The post Knysna Fine Art vier 20 jaar: ’n onderhoud met Trent Read appeared first on LitNet.

US Woordfees-program 2018: Visuele kuns

Press release: Water Light 2017 exhibition 

$
0
0

Simon Sephton’s Water Light 2017 captures the essence of water

Following up from the success of Water Light 2015 and 2016, photographer Simon Sephton presents a breathtaking range of thirty-five new pictures in his exhibition Water Light 2017.

Water Light 2017 will run from 6 to 21 December at The Forge in Kalk Bay.

Acclaimed for his studies of water, in which he has specialised for almost two decades, Sephton sets out to raise awareness of the beauty of this precious resource, but also to explore the interplay of life, light and water rather than the horrors of drought.

His photographs capture the gifts of water most rarely noticed – the ever-changing, swirling light patterns; the reflections and mirrors created by the water’s skin; the colours of light – from ochre and amber to cerulean and a violet sky. In his photos, water is “held still” so that the viewer can feel and see the confluence of memory, passion and reverence. His works are finished with beautiful printing on German Etching paper using archival inks and are timeless objects to enjoy. 

“Now more than ever we need to be conscious of the beauty and preciousness of water. I have had to search further and wider to source elements to photograph,” says Sephton. “As the current drought raises the stakes in water conservation, I hope that my new images will heighten awareness of water as both a beautiful and an essential resource, and help to forge a deeper appreciation of the importance of water.”

“As the principal substance of our bodies and the planet, water is ultimately the nurturer and common element of all life,” he says. “If we get to appreciate it as being beautiful as well as essential, we might learn to value it more profoundly.”

Sephton has been taking photographs ever since he first used an old box camera at the age of seven. He developed his passion through many hours in a darkroom during his school days, where he won regional photographic awards, and his first job was as a 17-year-old darkroom assistant on The Star in Johannesburg. The arrival of the digital age coincided with his widening exploration of the mountains of the Cape Peninsula, and he soon developed a passion for water photography in particular. His work hangs in private collections in South Africa, England, USA and Switzerland.

Water Light 2017 will run at The Forge, 12 Windsor Road, Kalk Bay from Wednesday 6 December until Thursday 21 December. The exhibition will be open daily from 9.30am to 5pm, including weekends.

The exhibition will be opened on Wednesday 6 December at 6pm by photographer and journalist Nicky Newman and water expert and geologist Rowena Hay, founder of Umvoto Africa.

Entrance to the exhibition is free.

For directions to The Forge visit http://theforgekalkbay.withtank.com/directions/

For further information visit https://www.simonsephton.com/

The post Press release: <i>Water Light 2017</i> exhibition  appeared first on LitNet.

Die argitektuur van pyn: ’n kunskritiese beskouing van US Woordfees 2018

$
0
0

Hoog bo, sentraal in die uitstalling van die feeskunstenaar Emma Willemse, getiteld Argiewe van verlies en verlange, hang ’n boot van hout met verflenterde seildoek om die karkas gespan bo-oor tafels wat in kruispadvorm gepak is. Hierdie boot, gebaseer op die antieke Egiptiese Khufu, ’n skuit wat die siel na die anderkant moes voer ná afsterwe, gaan duidelik nie vaar nie. Op die tafels, bedek met bruinpapier, is ’n uitstalling van 101 kunstenaarsboeke, gerangskik rondom ’n kleiner skuit waaruit ’n lang sepiagekleurde papierrol op die een as van die kruis uitstrek. Die uitstalling van die boeke verander volgens elke “kunsinstel” of aanbieding wat die kunstenaar doen. Teen die mure hang litografiese werke waar huise of geboue soos reuseballonne bo ’n vergrote duimafdruk sweef. Sommige van die opgestapelde huise hel oor en lyk asof hulle enige tyd soos kaarthuise inmekaar gaan tuimel. Ander se afgesnyde hoeke vertoon skerp, word metafories “monsters met vreemde monde” wat voel asof dit die kyker gaan verswelg. Daar staan ook uitstalkaste teen die mure, gevul met die kosbare porselein van parketvloerblokkies uit huise wat ontruim moes word of afgebreek is.

Argiewe van verlies en verlange

Argiewe van verlies en verlange

Die kunstenaarsboeke met harde houtomslae van herwonne parketvloere verteenwoordig die pynlike verlede van die kunstenaar se persoonlike verlies van huise, om ontwortel, ontheemd te voel, maar die simboliek daarvan brei ook uit na miljoene ontheemdes wêreldwyd. Die uitstalling in sy geheel roep die aktuele foto’s en berigte in die nuusmedia van emigrante uit Afrika wat die Middellandse see in oorvol skuite probeer oorsteek na ’n “beter lewe” in Europa op. Hulle verdrink meestal of word ontheemdes, vir ewig byna dobberend in die see van gesiglose massas hawelose mense, opnuut slawe van ’n ander omgewing en bestel.

Argiewe van verlies en verlange

Argiewe van verlies en verlange

Die feeskunstenaar, Emma Willemse, doen ’n kunsaanbieding waar sy in absolute stilte, met ’n sonbril op, die boeke van die verlede toeklap, soos bagasie verskuif en opnuut oopmaak en oprig om nuwe stories te skep. Daar is die “Weeping Book” waarin, van links na regs gelees, getekende huise se buitelyne vervaag totdat net ’n inkkol oorbly. Ander boeke bevat kaarte of skilderye in hulle binneblaaie. Sommige boeke is woordeloos of prentloos, slegs buiteblaaie van herwonne vloerplankies met deursigtige gaasverband verbind, die inhoud dus afwesig, deursigtig en daarom des te meer gelade met verlies, met die betekenis van verwonding en pyn en ontheemd voel. Dan is daar boeke wat só vernuftig aanmekaar gesit is dat hulle kan oopskarnier om soos barrikades te lyk of soos die breekwalle van dolosse gepak by hawens. Vier groot uurglase, wat ook tydens die kunsaanbieding rondgeskuif en verplaas word, herinner die kyker verder deurgaans aan die verloop van tyd, hoe verlede en hede soos ’n mens se geheue deurvloei en nie gestuit kan word nie, hoedat haar 101 wyses om na ’n huis te verlang altyd daar sal wees.

Hierdie uitstalling word verder toegelig deur die dokumentêre film, deur Victor van Aswegen, getiteld Displaced, wat ook by die Woordfees vertoon is en hopelik weer in die toekoms by kunsfilmsale sal draai. Dit het na my gevoel ook goed aangesluit by die film oor Ingmar Bergman, die Sweedse regisseur, se lewe op sy afgesonderde eiland, Trespassing Bergman. Die oseaan is oorgesteek en kunswerke in allerlei vorme kon met mekaar praat tydens die Woordfees 2018 te Stellenbosch. Die feeskunstenaar se Argiewe van verlies en verlange het geresoneer met verskeie ander produksies wat die tema van verlies aangepak het. Die digter en skrywer Achmat Dangor is ’n oudinwoner van Distrik Ses en tydens die gesprek oor sy boek Dikeledi is sy gedig “Bulldozer IV”, wat oor die destydse gedwonge verskuiwings uit hierdie buurt in die Bo-Kaap gehandel het, ook voorgelees, wat ’n emosionele reaksie ontlok het.

Achmat Dangor (Foto: Liné Enslin)

Ook verskeie dramas het oor die tema van verlies gehandel, soos die ontworteling en verlies van identiteit, waardigheid en menslikheid in Ons is almal freaks hier, ’n teks deur Ingrid Winterbach, of Moedertaal deur Nico Scheepers.

Eersgenoemde drama stel die vergrype en onreg van die verlede in die naam van kennisverwerwing aan die kaak en handel oor Sarah Baartman, die Khoivrou wat destyds weggevoer is na Europa, waar haar oorskot lank in ’n Franse museum uitgestal is en uiteindelik teruggebring is na haar geboorteland en in Suid-Afrika herbegrawe is. Die regisseur, Marion Holm, het “aktiewe teater” probeer skep deur eksperimenteel om te gaan met die museumruimte waar die versameling van artefakte uitgestal word, asook deelname van die gehoor, maar nie alle teatergangers was ontvanklik daarvoor nie. Dit het trouens vir baie polemiek gesorg. Lees Mercy Kannemeyer se indrukke van die produksie hier.

Moedertaal se titel is misleidend, en tog ook nie, want alhoewel die eenvroustuk, met Sandra Prinsloo in die hoofrol, oor die dood van ’n kind aan ’n hartsiekte en die uiteindelike afsterwe van sy pa en haar eggenoot gaan, handel die drama simbolies ook oor die geleidelike verlies van taal en skeppingsvermoё.

Die drama Haal asem deur Ira Blanckenberg was ook ’n solostuk oor verlies deur ’n baie dapper aktrise, omdat dit gebaseer is op die persoonlike verlies van haar en die akteur Waldemar Schultz se seun wat hom dood geval het toe hy by Hermanus op rotse bo die ou hawe gegly het. Sy het destyds haar verdriet begin verwerk deur op flenters papier te skryf en later dagboek te hou van haar innerlike reis en rouproses. Flenters woorde, fletse geheue wat soos sand uitloop uit die uurglas van tyd of soos krysende meeue toesak en vreet aan menslike verdriet. Onder in die kaai by die ou hawe van Hermanus staan daar ook ’n installasie van ’n visserskuit vol klippe gepak van die feeskunstenaar Emma Willemse. Die klippe lyk van ver of bo-op die hawemuur beskou vir my na die koppe van mense. Ook hierdie skuit kan nie en sal nooit uitvaar nie.

Die Digtersparadys was maar swak bygewoon en voel telkens vir my soos die weeskind van die Woordfees, alhoewel die fees oorspronklik gegroei uit die idee van ’n “Nacht van de poёzie” wat elke jaar in Nederland gehou word. Maar ook hier het die feeskunstenaar se tema van verlies en ontheemding geresoneer en welluidend opgeklink.

Jolyn Phillips se gedigte in haar bundel Radbraak (Human & Rousseau, 2017) kielhaal die geskiedenis van slawerny, koloniste se volksplanting en die reg en onreg daarna gepleeg, ook teenoor die taal Afrikaans in ál sy variante. Haar beskrywings kla ons aan en ontstem ’n mens.

Clinton V du Plessis, wat sy bundels self uitgee, se poёsie sluit hierby aan en hy noem die hele boksemdaais van onkunde, verby mekaar leef, kultuurvertrapping en -vergryping wat tussen ons verskillende rassegroepe hier in Suid-Afrika lê, die “onding”.

Marlene van Niekerk, die digter oor wie daar ook ’n aanbieding deur die akademikus Louise Viljoen was, skryf in haar gedigte by die skilderye van die Nederlandse Jan Mankes, In die stille agterkamer (Human & Rousseau, 2017) dat sy ingetoë, realistiese skilderye ons dwing om gefokus “klein vrae” te vra. Hierdie Woordfees het my as feesganger verskeie kere gedwing om na die werklike wêreld van Suid-Afrika in 2018 te kyk en groot vrae oor baie persoonlike, maar ook universele belewenisse soos herkoms, pyn, verwonding en verdriet, maar ook oor die waarde van diskoers en kuns, te vra.

Wat is die waarde van kuns? Wat is die waarde van ’n fees soos die Woordfees? Het Afrikaans met al sy opgelaaide bagasie nog ’n plek, veral in Stellenbosch, in die Suid-Afrika van vandag, wat toenemend verengels onder die valse wanindruk van inklusiwiteit? Hoort Afrikaans nog, Afrikaans wat die hartstaal van baie mense in die Wes-Kaap is, wat die Woordfees moontlik maak deur die volgehoue skeppings daarin, Afrikaans wat presteer as akademiese en kultuurtaal en tog deur sy eie mense verguis word?

Dit bly ope vrae, onbeantwoord, maar nog steeds vrae wat gevra moet word, veral nou in die gekommersialiseerde wêreld wat soek na kitsantwoorde en waar kommunikasie te maklik gereduseer word tot SMS-taal. Dit laat ons anders kyk na die wêreld, verbande trek wat buite ons onmiddellike ervaringsvelde lê, die wêreld beleef deur die oё van die “ander”, die buitestander binnelaat, ook in die binnekamers van ons gedagtes en emosionele wêreld. Dit laat ons die wêreld “saam met mekaar anders maak”, soos wat Breyten Breytenbach al op ’n vorige Digtersfees bepleit het, of ons hopelik laat konsentreer op ons menslike bestaan, ons “humanity” soos wat Achmat Dangmor op hierdie Woordfees in 2018 opnuut gevra het.

Die kunskurator Alex Hamilton moet geluk gewens word met sy kuratorskap en die uiteenlopende kunstenaars wat hy onder die tema Kennis byeengebring het, maar veral met die feeskunstenaar vanjaar. Emma Willemse se vernuftige uitstalling van parketvloerblokkies wat kunstenaarboeke word het vir my meer as al die diskoerse gefokus op “humanity”, die wêreld van menslike emosie binnegedring en getransendeer. Sy het ons bymekaar gebring en die moeilike vrae in die oë laat kyk. Daarin lê die waarde van kuns, so verander kuns mense se uitkyk.

Foto's: Naomi Bruwer, tensy anders vermeld

The post Die argitektuur van pyn: ’n kunskritiese beskouing van US Woordfees 2018 appeared first on LitNet.

Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die Fantastiese 15!-kunsuitstalling

$
0
0

Anne-Ghrett Erasmus is vanjaar die kurator vir die Suidoosterfees-kunsuitstalling. Elzanne Coetzee gesels met haar oor hierdie uitstalling.

Hallo Anne-Ghrett. Het die kunsuitstalling by die Suidoosterfees ’n oorhoofse tema? Sal jy my bietjie meer daarvan vertel? Waardeur is dit geïnspireer?

Ja, vanjaar vier ons die fees se vyftienjarige bestaan, en dit was die inspirasie vir die titel, nl “Fantastiese 15! / Fabulous 15!” Die bestuurder, Niël Rademan, was so gaaf om vir my vrye teuels te gee om 15 kunstenaars te nooi om deel te neem. Anders as verlede jaar, toe ons Jakes Gerwel se versoek geëer het, waar hy Boonzaaier en Conrad Theys saam wou uitstal, het ons besluit op iets vars en nuuts. Iets buite die boks en baie eietyds, dit wat nóú oog en belangstelling prikkel.

Wat is uniek omtrent die uitstalling? Watter tipe werke word meestal uitgestal (skilderye, beelde, ens)?

Vanjaar is ’n mengelmoes van alle mediums van ons fantastiese 15 kunstenaars of uitstallers. Van die tradisionele olie op doek tot keramiek, beeldhouwerke, grafiese werk en ontwerpersmeubelstukke. Dis jonk en vars en eietyds. En glo ek ’n fees vir die oog.

Watter kunstenaars se werk word ten toon gestel?

Die 15 is Louis Jansen van Vuuren, Christiaan Diedericks, Hennie Nieman, Bastiaan van Stenis, Willie Bester, Gerhard Human, Marinda du Toit, Nanette Ranger, Wiid Design, Ceramic Matters, Selwyn Pikeur, Conrad Theys, JP Meyer, Michelle Nigrini en Theresa Jo.

Is daar enige kunstenaars se werk (in die algemeen) of een spesifieke skepping van ’n kunstenaar wat jou opgewonde maak?

Dis werklik ’n moeilike vraag! As ek kon, sou ek ’n “Fantastiese 100”-uitstalling wou reël. Daar is soveel ongelooflike kuns om ons. Die mense is so kreatief en vernuwend. Deesdae dink mense heeltemal buite die boks en neem die verbeelding tot op vlakke waar mens nooit gedink het jy sou beland het nie. Hopelik sal hierdie handvol van 15 iets daarvan kan vasvang. Hulle werk is wêreldstandaard en baie van hulle stal ook oorsee uit. Hopelik sal die gehoor dit waardeer en besef watse ongelooflike talent op eie bodem broei. Die eiers wat hulle baar, is van internasionale standaard. My groot wens is dat die Suidoosterfees ’n platform word vir die tentoonstelling van wat in hierdie land is. ’n Basis vir talent, nie net op die verhoë nie, maar ook in die fynere visuele kunste. Dis so ’n groot voorreg om hierdie uitstalling te reël!

The post Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die <i>Fantastiese 15!</i>-kunsuitstalling appeared first on LitNet.

Is daar nog mediaruimte in Suid-Afrika vir opbouende kunskritiek?

$
0
0

 

Is daar nog mediaruimte in Suid-Afrika vir opbouende kunskritiek?

Wanneer laas was daar ’n resensie van ’n kunstentoonstelling in die koerant? Wanneer laas ’n diepsinnige bespreking van ’n toneelstuk?

Hoe gelukkig is boeklesers nie dat daar in die groter koerante darem gereeld boekebladsye met redelik knap resensies verskyn nie. Daar is selfs ’n Crito om oor die Afrikaanses ’n wakende ogie te hou.

Wat toneel, musiek en die visuele kunste egter betref: helaas, so dan en wan ’n paar oppervlakkige opmerkings, sonder om die rus te versteur of aanstoot te gee of aandag te trek.

Die gierigheid van diegene wat die media in Suid-Afrika besit (en Afrikaans, as jy oplet, is in werklikheid ’n monopolie) se kopskuif na webwerwe, en die oppervlakkige geslons van gepaardgaande “sosiale media”, beteken dat daar binnekort nie meer ’n kunskritikus of ’n bekwame toneel/musiek/opera/ballet-resensent sal wees nie.

Skryf “deurdagte waardering” af – ’n uitklophou vir kreatiwiteit.

Die meeste mense wat tot nou hierdie rolle vervul het, was kenners – soms akademici, en gewoonlik vryskutskrywers wat goeie leesstof aan die koerante verleen het. Die Afrikaanse en die meeste Engelse mediahuise het, weens hul absolute geloof in die internet, besluit om vryskutjoernaliste in die kunstebedryf tot die minimum te beperk (wat, gegee dat baie van daardie skrywers geesdriftige ondersteuners van hulle vakgebiede is, dit teen die kleinste siniese fooi sou doen).

Hierdie houding het op lang termyn ernstige gevolge nie net vir die koerantwese en joernalistiek self nie, maar inderdaad vir die kunste en kuntenaarsberoep. Kritiek, beoordeling en debat is noodsaaklik vir die skeppingsproses in watter medium ook al. Opbouende bespreking is hoe gehalte geskep word.

Deesdae aanvaar mediabase dat die “vermaakblad” (wat nou “kunste” as onderafdeling dek) ’n gegewe is, as’t ware vanself bestaan, en hul berigte daar net op die lees van bekendheid, roem of sosiale nuuswaardigheid geskoei word.

Die effek van hierdie afwatering van die ernstiger resensent of kritikus se rol in die koerantwese is reeds te sien in reaksies van gehore en bywoning van teater. En in die visuele kunste die monetarisering van waarde en gehalte.

(Die rol wat reklame in hierdie bedrywe speel, het ook ’n skeeftrek-effek in die manier waarop daaroor in publikasies verslag gedoen word. Soos waar kunsveilings en -markte die openbare leesruimtes opkoop of deur geslypte persstories gratis aan die blaaie verskaf.)

Twee onlangse gebeure in die Kaap se teaterwêreld en twee tentoonstellings het my aan hierdie krisis herinner.

Die eerste was die Fleur du Cap-partytjie waarop daar vir die vorige jaar erkenning gegee word aan wat op die plaaslike verhoë goed was. Die tweede is die nuwe opvoering van Athol Fugard se uitstekende toneelstuk The road to Mecca in die Fugard-teater.

Erkenning aan voortreflike spel en uitvoering op die verhoog (en elders) het ’n lang geskiedenis en die Fleur du Cap-toekennings is ’n dekades lange een van mildelike patronaat, destyds onder die kultuurbewuste Ruperts gevestig. Die jaarlikse verering van die beste speler, opvoering, ens was immer ’n loflike huldeblyk aan vakmanskap op of agter die verhoog.

Die afgelope jare het daar allerhande nuwe “kategorieë” op die program begin verskyn, met die gevolg dat die onlangse seremonie ’n asteniese allegaartjie was sonder dat uitblinkers werklik die kollig kon vang. (Daar was onder meer twee operapryse, wat glad nie sin gemaak het nie. In die ou dae was daar Nederburg-pryse vir opera en ballet, twee geheel ander uitvoerende kunste met eie eise en loflikhede.)

Fleur du Cap se toekennings word deur ’n komitee aangewys. (Destyds was die lede hoofsaaklik erkende koerantresensente.) Terwyl niemand die kundigheid van huidige beoordelaars afskiet nie, kan ’n mens tog wonder of hulle werklik ’n houvas op die bedryf het as hulle nie openbare kritiek moet lewer nie. Is die gevolg van hul besluite werklik waardevol vir die slyp van kreatiwiteit?

In haar resensie in Die Burger van die nuwe opvoering van Athol Fugard se The road to Mecca loof Mariana Malan die dekorstel, maak enkele opmerkings oor die stuk en akteurs, en wonder oor die tempo van die spel: “By tye raak dit diep, by tye soek ’n mens ’n vinniger pas. (...) Dalk is dit weens kitsvermaak wat jou deesdae binne net meer as ’n uur in en uit die teater neem.”

Malan is ’n gesoute resensent en hierdie laaste opmerking slaan ’n kophou. Is dit wérklik waar teater hom bevind?

Daar is veel te bespreek oor hierdie unieke toneelstuk en die spesifieke opvoering. Help dit toneelvakmense soos Sandra Prinsloo, Marius Weyers en die jong Emily Child enigsins as ons nie ‘n bietjie gesels oor hoe hulle optree, verstaan en demonstreer nie? Die opvoering as kunswerk ernstig onder die loep neem nie? Helaas.

(’n Uitsondering is Marianne Thamm se knap resensie in Daily Maverick.)

Vandag is dit die kunsveilingfirmas wat die kunsblad se “nuus” handhaaf deur slim persmateriaal en glansprente gratis uit te deel. Die onafhanklike kunskritikus het verdwyn. En dié fynproewerkundigheid is ook telkens duidelik in die mengelmoes wat juis op daardie veilings aangebied word.

Twee kunsuitstallings tans in Kaapstad verdien deeglike en dringende resensies – soos in die “ou dae”.

By Smac se galery (in daardie dae het die woord net in sy Engelse betekenis bestaan) is daar die verruklike dramatiese installasie van die jong Lhola Amira wat die SS Mendi-tragedie belig. Haar kuns opper talle vrae, roep uit om bespreek te word. Sy is vol talent en verdien goeie oordeel.

By Stevenson is daar ’n swetterjoel doeke en prente deur Zander Blom, ’n jongman wat deesdae onder die nuwe ryk kunsversamelaars en welgestelde huise uiters gewild is. Sal ’n resensent durf vra of dit kuns vir die “luuksegoederemark” is? Waarheen is sy talent op pad?

  •  Die skrywer was vir dekades betrokke in die teaterwêreld en vryskutkunsresensent.

The post Is daar nog mediaruimte in Suid-Afrika vir opbouende kunskritiek? appeared first on LitNet.


Press release: A century of South African art from the Sanlam Art Collection 1918–2018

$
0
0

Centennial: A century of South African art from the Sanlam Art Collection 1918–2018
at the Sanlam Art Lounge in Johannesburg

5 September to 14 December 2018

From Botha’s devastating Butterfly Box and Kentridge’s eerily abandoned Stadium to the perpetually discharging pistol of van der Merwe’s Gaste and the #RhodesMustFall reference behind Mudariki’s The Model, is art the most truthful documentation of a nation’s history? And if so, what does Sanlam’s Centennial exhibition say about the transformation of SA? The exhibition commemorates Sanlam’s centenary and is one-of-a-kind in its objective to showcase SA history. Curator Stefan Hundt takes visitors on a journey through the last 100 years, with guided tours available by appointment on set dates. A journey that brings one face-to-face with chapters of colonial hegemony, political repression, a triumphant democracy and the economically unbalanced society that followed. 

The exhibition can be viewed from 05 September to 14 December at the Sanlam Art Lounge at 11 Alice Lane in Sandton, Johannesburg. The gallery will be open Monday to Friday, 09:00 to 16:30 and Saturdays 10:00 – 13:00. Closed Sundays and public holidays. 

Free guided tours will be offered on 5 September at 16:00 and 18:00 and on 7 September at 10:00, 14:00 and 16:00.

For more information please contact the curator, Stefan Hundt on 021 947 3359 or email stefan.hundt@sanlam.co.za.

Maggie Laubser, Self portrait, 1928

Willie Bester, Blue truck crossroads, 1992

Ezrom Legae, Point of departure

David Koloane, Moon over squatter settlement

Elza Botha, Manifes, 1982

Cecil Skotnes, Portrait of a visit to battlefield, 1975

Images supplied by Atmosphere

The post Press release: <i>A century of South African art from the Sanlam Art Collection 1918–2018</i> appeared first on LitNet.

Kunsuitstalling vier die grensverskuiwende rol van vrouekunstenaars

$
0
0

Die eerste belangrike Suid-Afrikaanse kunsuitstalling met die fokus op die grensverskuiwende rol van vrouekunstenaars in Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis word gevier in die Maand van Kuns wat vir die vyfde agtereenvolgende Augustus aangebied word in die herehuis Welgemeend op die terrein van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Vooraansig van Welgemeend Herehuis in Kampstraat, Kaapstad, voorheen die tuiste van die Hofmeyr-familie. Dit is die derde oudste gebou in Suid-Afrika en dateer na 1693. | Foto: Ané Dallas-Orr

Die werk wat uitgestal word, is ’n keur uit die private versameling van Frank en Lizelle Kilbourn. Altesaam word 98 werke van 67 kunstenaars verteenwoordig wat dit van 1910 tot 2018 geskep het.

Frank Kilbourn, kunsversamelaar en voorsitter van Strauss & Co, aan die woord by die Maand van Kuns. Hy en sy vrou, Lizelle, bied die uitstalling Grensverskuiwings, ’n keur uit die werk van Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars, aan. | Foto: Hanneli Higgs

Die Kilbourns wil hierdeur die reusebydrae van vrouekunstenaars tot die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse kuns erken en vier. Hierdie bydraes, byna in elke dekade, ís inderdaad grensverskuiwend en vrouekunstenaars was altyd aan die voorpunt van vernuwing in Suid-Afrika.

Margaret de Villiers, stylontwerper verantwoordelik vir die interieur van die aanbieding van Grensverskuiwings. | Foto: Ané Dallas-Orr

Die waarde van hierdie uitstalling lê nie net in die herwaardering van die bydrae van vrouekunstenaars nie, maar veral om opnuut erkenning te gee daaraan dat hulle ’n deurslaggewende bydrae gelewer het en steeds ’n betekenisvolle rol speel om Suid-Afrikaanse kuns mededingend met die res van die wêreld te maak. Hierdie erkenning was nie altyd daar nie en steeds is daar te veel vrouekunstenaars wat nog onderwaardeer word.

Aansig van die werk van eietydse Suid-Afrikaanse kunstenaars op die uitstalling Grensverskuiwings in die Welgemeend Herehuis. | Foto: Ané Dallas-Orr

’n Besoeker by die eietydse werk op uitstalling by Grensverskuiwings | Foto: Ané Dallas-Orr

Van die gaste by die opening van die Maand van Kuns in die Welgemeend Herehuis in Kaapstad. | Foto: Hanneli Higgs

Grensverskuiwings verken drie hooftemas: liggaam, ruimte en samelewing. Dit sluit portrette van vroue deur vroue in, stillewes, landskappe, interieurs wat tradisioneel gesien word as “vroueruimtes”, en werke wat eietydse en sosiale kwessies aanspreek. Die kunstenaarslys verteenwoordig drie deurslaggewende periodes: die pioniermodernisme met Stern, Laubser, Maud Sumner en Cecil Higgs aan die voorpunt; die baanbrekers van die 1950’s, soos Nel Erasmus, Esther Mahlangu en Judith Mason; en hoogaangeskrewe eietydse kunstenaars soos Marlene Dumas, Pennis Siopsis, Deborah Bell, Jane Alexander, Mmakgabo Sebidi en Mary Sibande.

Werk van Deborah Bell (1957–), getiteld Horse (2011), gemengde media. | Foto: Ané Dallas-Orr

(Uitgesluit is vrouekunstenaars wat nou betrokke was by die Abstrakte beweging in die 1960’s en daarna. Hulle was verlede jaar in die Maand van Kuns ingesluit, maar weens spasieprobleme kon die groep nie weer verteenwoordig word nie. In die 2018-katalogus word hulle bydrae verreken.)

Beeldhouers word goed verteenwoordig deur werke van oa Beth Armstrong, Wilma Cruise, Noria Mabasa en Rina Stutzer, terwyl gehaltevoorbeelde van fotograwe soos Zanele Muholi, Nandipha Mntambo, Thania Petersen, Mary Sibande en Sue Williamson gewys word.

Met Irma Stern se terugkeer na Suid-Afrika in die 1930’s het sy eiehandig die hele Suid-Afrikaanse kunsmark en -geskiedenis verander. Met haar opleiding by Max Peckstein en ander invloedryke lede van die Duitse Ekspressionisme het sy ondanks teenkanting nooit haar selfvertroue as kunstenaar ingeboet nie. Sy is steeds ’n hoogs gesogte naam in die kunsmark en steeds het haar bydrae, sowel as dié van Maggie Laubser, die belangrikste invloed op hoe ons na Suid-Afrikaanse kuns kyk.

Twee belangrike werke van baanbreker-vrouekunstenaars op die uitstalling: Irma Stern (1894–1966) se Wit lelies, 1936, olie op doek, en in die voorgrond die beeldhoustudie Figuur, 1955, in brons deur Stella Shawzen (1923–).

Met die patriargale bestuur van Suid-Afrikaanse kuns sedert 1920 is vrouekunstenaars dikwels na die agtergrond gedwing. Die onbetwiste gehalte en bydrae van Stern en Laubser is eers vanaf die 1980’s ten volle verreken. Albei het gesogte retrospektiewe uitstallings in die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum gehad – ’n eer wat nie vir veel beskore was nie. Nog in die geheue is die beledigings wat die twee kunstenaars veral in die 1920’s en 1930’s moes verduur toe hul werk as “vulgêr, lagwekkend en belaglik” afgemaak is. Hulle kon toe nie ’n bestaan uit hul werk maak nie en by Stern se eerste solo-uitstalling in 1922, wat sy uitdagend An Exhibition of Modern Art by Miss Irma Stern genoem het en in die ou Asbeys-kunslokaal in Loopstraat 91, Kaapstad, aangebied het, het twee polisiemanne by die openingsaand aangekom om klagtes van “onbetaamlikheid” te ondersoek!

Die resensent van The Cape Times het Stern se werk afgemaak oor die “general nastiness” daarvan. Haar vroeë uitstallings is nie net afgeskryf nie, maar vele beledigings is aan haar gerig. Hilda Purwitsky doen in 1925 oor hierdie periode verslag en skryf dat Stern se werk met “storms of abuse and denunciation” veroordeel is, terwyl Stern in haar dagboek in 1922 aanteken dat “all laughed and slung mud at me”.

Vandag is Stern die grootste en belangrikste verkoper op kunsveilings – hier en in die buiteland. Net ter illustrasie: Stern het in die afgelope nege jaar van die bestaan van die veilingshuis Strauss & Co die hoogste verkoopsyfer gehad met verkoopte werke wat R338 miljoen bedra het. Dit is dubbel soveel as JH Pierneef, terwyl Maggie Laubser in die vyfde posisie is met totale verkope van R58 miljoen.

Steeds is daar nog te veel vrouekunstenaars wat nie na behore ingeskat is nie en wat nie die erkenning kry of gekry het wat hulle werklik verdien nie. Goeie voorbeelde, wat op hierdie uitstalling tot hul reg kom, is Bertha Everard, Florence Zerffi, Freida Lock, Marianne Podlashuc, Nita Spillhaus, Ruth Prowse en Ruth Everard-Haden. Hierdie groep is veral negatief getref deur die politiekgedrewe internasionale kunsboikot teen Suid-Afrika.

Bina Genovese, medebesturende direkteur en hoofafslaer van Strauss & Co, aan die woord by die Maand van Kuns, wat die veiling in samewerking met die Vriende van Welgemeend aanbied. Die skilderye agter haar (links) is Florence Zerffi (1882–1962) se studie Portret van Nanny in olie op doek en (regs) Maggie Laubser (1886–1973) se Vrou met die kopdoek, olieverf op doek, 1926.

So dikwels, soos die kunsgeskiedenis bewys, is dit juis dié miskenning wat later die kunstenaars die begeerlikste vir versamelaars maak.

Kunstenaars soos Judith Mason-Atwood, Jane Alexander, Sue Williamson en Penny Siopsis kon in die strugglejare teen apartheid belangrike bydraes lewer wat introspeksie afgedwing het om ’n klimaat vir verandering voor te berei, en vandag geniet hulle internasionale erkenning vir hul werk.

Onder die eietydse kunstenaars wat ook op die voorgrond tree, is Barbara Wildenboer, Georgina Gratrix, Jessica Webster, Liza Grobler en Shany van den Berg.

Werk van Jessica Webster (1981–) getiteld Grace in olie, ink en garing op doek. | Foto: Ané Dallas-Orr

Ander eietydse kunstenaars, soos Zanele Muholi, Nandipha Mntambo, Mmakgabo Sebedi, Eshter Mahlangu en Mary Sibande, geniet groeiende internasionale aansien, terwyl Marlene Dumas as een van die belangrikste kunstenaars in wêreldkuns gereken word.

Die Maand van Kuns word aangebied deur die Vriende van Welgemeend in samewerking met Strauss & Co en Delaire Graff Wynlandgoed. Dit is ’n fondsinsamelingsprojek om die Welgemeend-herehuis (1693) en die Boerneef-kunsversamelings, wat hier gehuisves word, in stand te hou.

  • Die uitstalling Grensverskuiwings van Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars van die afgelope eeu kan nog tot Vrydag 31 Augustus tussen 10h00 en 15h00 besigtig word. Navrae by tel 060 563 2822.
  • Op Donderdag 16 Augustus tussen 18h00 en 21h00 word ’n skemerkelkie en rondleiding vir die publiek deur Frank Kilbourn aangebied met toegangsgeld van R250 per kaartjie.
  • Op Saterdag 18 Augustus tussen 9h30 en 12h30 word ’n kort kursus, “Inleiding tot kunswaardering vir beginners”, aangebied deur Amanda Botha, kunsjoernalis, en Lizelle Kilbourn, versamelaar. Toegang R150 per persoon. Bespreking wenslik.
  • Op Woensdag 29 Augustus word ’n meestersklas aangebied getiteld: “Die Veilingsproses – Agter die skerms van Strauss & Co.” Dit word aangebied deur die gesamentlike besturende direkteure, Bina Genovese en Vanessa Phillips. Toegangsgeld R100 per persoon.

The post Kunsuitstalling vier die grensverskuiwende rol van vrouekunstenaars appeared first on LitNet.

Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, Handskrif: 'n onderhoud

$
0
0

Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling Handskrif open die naweek by die Breytenbach Galery in Wellington tydens die Tuin van Digters-fees. In Handskrif bou Serfontein voort op die samewerking met Afrikaanse digters wat in sy bekroonde uitstalling Winterslaap begin is. Hierdie keer werk hy saam met sewe Afrikaanse vrouedigters – Antjie Krog, Lina Spies, Diana Ferrus, Melanie Grobler, Joan Hambidge, Jeanne Goosen en Wilma Stockenström.  Marchelle van Zyl het met Henk Serfontein gesels.

Portret van Wilma Stockenström se hand waarop sy geskryf het: "Ek wantrou woorde".
Foto: Marchelle van Zyl

Handskrif bestaan uit ’n reeks houtskool- en gemengde media-portrette van dié digters. Die werk sluit ’n portret van elke vrou in asook ’n tekening van elkeen se handpalm waarop hulle ’n versreël van hul keuse geskryf het.  

Min mense het die vermoë om so subtiel met houtskool te werk en soveel genuanseerdheid in ’n portret weer te gee. Serfontein het die sewe digters afsonderlik afgeneem wat hy as verwysing gebruik het om die portrette te maak. Die beelde is uiters realisties, maar daar is vir Serfontein ’n baie duidelike verskil tussen die blote kopiëring van ’n beeld en kuns.

Joan Hambidge
Uit: Lot se vrou (2012)
Gedig: "Die intieme aard van die digkuns"
Lyn: ’n Gedig word voltrek in stille toeval

“Ek dink dikwels misverstaan mense realisme. Hulle fokus baie op die tegniese uitkoms daarvan – hulle dink nie daaraan dat dit eintlik ’n baie abstrakte proses is nie. Jy staan daar as die kunstenaar en jy verplaas die kontras of die atmosfeer, jy skep fokuspunte, jy skep skaduwees. Daar is al hierdie subtiele dinge. Dis soos die ou wat in beheer is van die beligting. Jy skep amper ’n atmosfeer rondom die beeld en hoe mense dit gaan ervaar. Dít is vir my ’n baie fassinerende ding. Wanneer jy na die foto kyk wat jou verwysing is en dit vergelyk met waar jy uitkom, is baie verskillend. Alhoewel mense dínk hulle kyk na ’n realistiese beeld, kyk hulle na iets wat ontsettend gefiltreer is. Ek aksentueer dikwels in my werk iets wat reeds teenwoordig is. Ek sal byvoorbeeld die kontras verhoog. Die plooitjie is dalk net effens duideliker as wat hy in realiteit is. Net deur daardie subtiele verskuiwing van nuanse, verskuif jy eintlik heeltemal die manier hoe mense na die beelde kyk.”

Lina Spies
Uit: Sulamiet (2016)
Gedig: "Kringloop"
Lyn: Onthou is die dag wat breek

In Susan Sontag se boeke On photography en in Regarding the pain of others skryf sy onder andere oor persfotograwe wat misdaadtonele besoek en die persepsie van die toneel kan verander deur te kies waarop hulle fokus, vertel Serfontein.

“Om ’n digter af te neem is nie ’n misdaadtoneel nie, maar die idee dat ’n lens ’n objektiewe ding is wat die realiteit vasvang, is ’n absolute illusie. Jy het baie beheer as ’n kunstenaar of ’n fotograaf hoe jy deur die lens na iemand kyk. Hoe jy die persoon frame. Jy kan ’n eenvoudige ding doen deur ’n invalshoek te verander.”

Wilma Stockenström
Uit: Vir die bysiende leser (1970)
Gedig: "Ek wantrou woorde"
Lyn: Ek wantrou woorde

Dis egter nie net die tegniek wat die kyker langer laat vertoef nie. Dis die onderwerp, die mens, die hande en dit wat op die hande staan wat jou wéér laat kyk en laat vra: Wat sê die kunstenaar? Wat sê die digter?

“Daar is iets anders wat bykom as jy ’n portret van ’n skrywer doen. Daar is dalk die publieke beeld wat deur die persoon gevorm is, maar ons moet nie vergeet nie – hul werk en die inhoud van hul werk hou ook narratief in.”

Die volledige gedigte waarna die digters se palmnotas verwys, gaan langs die portrette by die uitstalling verskyn.

Diana Ferrus
Uit: Gedig is opgeneem in die McGregor Poetry Festival Anthology (2017)
Gedig: "Vir Adam Small"
Lyn: Hoe koud het dit nie geraak/ Toe jy jou sonkamer sluit

“Vir ’n kyker wat nie lui is nie, wat die gedig gaan lees, gaan daar ’n totaal ander betekenis ontvou as met die eerste assosiasie wat jy met die beeld het.

“Daardie narratief werk saam met my en dit word ’n laag van betekenis van hoe jy na hierdie persoon kyk. Dis soos kaneel wat gesif word op ’n melktert – die kaneel is eintlik daai literêre narratiewe wat bo-op my werk kom lê. As mense dan die werk van byvoorbeeld Stockenström of van Antjie Krog ken en jy weet van, byvoorbeeld, haar intense betrokkenheid by die vleeslike, kan jy nie anders as om dit ook deel te maak van die betekeniswêreld van die kunswerk nie. Dit maak dit baie ryk en baie geslaagd in terme van die betekenis.

“Ek skryf baie dikwels op my hand. Palmnotas – die idee het baie instinktief by my opgekom. Hoe kan ek die woord meer prominent maak sodat dit kontekstueel meer sin maak? Ek het gaan lees oor palmistry. Daar is dié wat van oortuiging is die palm kan vir ons iets oor iemand vertel en daardie opvatting is amper soos digkuns wat vir ons meer oor onsself vertel.”

Melanie Grobler
Uit: Nuwe gedig geskryf in Augustus 2018 wat opgeneem sal word in haar nuwe bundel.
Gedig: "Wees ongehoor"
Lyn: Wees ongehoor

Serfontein trek sy wysvinger oor sy palm. “Die hartlyn – jy onthul iets van jou hartswêreld. Dan is daar ook die ander motief van die palm – die stigmata. Wanneer jy daarop skryf, is dit soos ’n woord wat wond. Digters se woorde is dikwels woorde wat wond. Dit praat baie keer oor seer en teer persoonlike, baie intieme momente wat jy dan op die palm van jou hand skryf.  

“Vir my het dit ook gegaan oor hoe tyd die lyne aksentueer. Dis soos jaarringe van ’n boom.”

Die oomblik wanneer die digters aan hom die woorde onthul het wat hulle gekies het om op hul handpalm te skryf, was vir Serfontein die oomblik wanneer die digters mede-skeppers van die kreatiewe proses geraak het.

Jeanne Goosen
Uit: Elders aan diens
Lyn: Wat sag is vergaan

“Dit was vir my ontsettend ontroerend om te sien wat ’n skrywer besluit om uiteindelik oor hulself of oor hul oeuvre te sê. Wat is daardie sinnetjie? Ek weet nie of mens moet sê dis opsommend nie, maar dit is op ’n manier ’n baie sterk besluit om te neem wat om op jou hand te skryf.

“Toe ek op die einde na my hele reeks werke saam kyk en dit vergelyk in my kop met die werk wat ek in Winterslaap gedoen het – wat baie introspektief en ontsettend weerloos is – is daar ’n massiewe verskuiwing in hierdie body of work en dit versoen teenstrydighede. Dit is steeds baie weerloos, maar daar’s ook ’n ontsettende kragtigheid daarmee saam ... Daar is ’n teerheid, maar dit is ook fel ... ’n felheid wat daarmee saamgaan.

“Ek wou die vroue nie net as vulnerable uitbeeld nie. Ek wou iets van hul binnewêreld kommunikeer, maar ek wou ook kommunikeer dat hulle kragtig is en hul woorde baie mag het.” 

Antjie Krog
Uit: Medewete
Gedig: "ontwei"
Lyn: ek sien jou staan trillende keelvel van my alfabet

*Handskrif  open 14 September by die Breytenbach Galery in Wellington tydens die Tuin van Digters-fees by die Breytenbach Sentrum. Henk Serfontein se werk is daar te sien tot 30 Oktober.

The post Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, <i>Handskrif</i>: 'n onderhoud appeared first on LitNet.

Veilinghuis Strauss & Co verricht taxaties tijdens Festival voor het Afrikaans

$
0
0

Bron van Pierneef-skildery: https://www.festivalvoorhetafrikaans.nl/programma/

Op zaterdag 22 en zondag 23 september wordt in Vlaams Cultuurhuis De Brakke Grond in Amsterdam de vierde editie van het Festival voor het Afrikaans gehouden. Dit festival richt zich op muziek, toneel, films en literatuur in het Afrikaans, een van de elf officiële talen van Zuid-Afrika. Een opmerkelijke toevoeging tot het programma is de aanwezigheid van het gerenommeerde veilinghuis Strauss & Co, dat gespecialiseerd is in Zuid-Afrikaanse beeldende kunst.

Voor de experts van veilinghuis Strauss & Co is alleen de beste kwaliteit goed genoeg. Strauss & Co is gespecialiseerd in beeldende kunst, toegepaste kunst en sieraden van Zuid-Afrikaanse kunstenaars en ambachtslieden.

Veilinghuis Strauss & Co is opgericht in 2008. Het bedrijf heeft twee vestigingen, één in Johannesburg en één in Kaapstad. Op beide locaties wordt twee keer per jaar een kunstveiling gehouden. Daarnaast is Strauss & Co in 2013 begonnen met uiterst succesvolle internetveilingen. In 2017 behaalde het bedrijf een jaaromzet van 329 miljoen rand (bijna 20 miljoen euro).

Negen van de tien duurste schilderijen die ooit in Zuid-Afrika zijn verkocht, zijn verhandeld op een veiling van Strauss & Co. Ook worden er recordbedragen gehaald voor werken van individuele kunstenaars. In 2017 waren de Zuid-Afrikaanse kunstenaars met de hoogste verkoopwaarde Irma Stern (48 miljoen rand), J.H. Pierneef (42 miljoen rand), Alexis Preller (33 miljoen rand), William Kentridge (26 miljoen rand), Maggie Laubser (19 miljoen rand), Robert Hodgins (6 miljoen rand), Gerard Sekoto (6 miljoen rand), Walter Battiss (5 miljoen rand), Anton van Wouw (5 miljoen rand) en – een nieuwkomer op de lijst – Hugo Naudé (4 miljoen rand).

Tijdens het Festival voor het Afrikaans geeft Wilhelm van Rensburg van Strauss & Co een lezing over ontwikkelingen in de Zuid-Afrikaanse kunst van de laatste tweehonderd jaar, met speciale aandacht voor contacten tussen Zuid-Afrikaanse en Nederlandse kunstenaars. De lezingen worden gehouden in de Steegzaal, op zaterdag 22 september, 14.00-15.00 uur, en zondag 23 september, 16.00-17.00 uur.

Daarnaast kunnen bezoekers kunstwerken door de experts van Strauss & Co laten taxeren. De belangstelling gaat in het bijzonder uit naar werken van kunstenaars met Nederlandse wortels, zoals Anton van Wouw, Pieter Wenning, Frans Oerder en J.H. Pierneef. Maar natuurlijk zijn werken van Zuid-Afrikaanse kunstenaars die in Amsterdam wonen, zoals Marlene Dumas en Moshekwa Langa, ook welkom. Voor een gratis taxatie kunt u zaterdag 22 en zondag 23 september tussen 13.30 uur en 20.00 uur terecht bij de stand van Strauss & Co op de Zuid-Afrikaanse markt in de hal van De Brakke Grond.

De lezingen van Wilhelm van Rensburg zijn gratis toegankelijk. U kunt ook gewoon binnenlopen om uw kunstwerken door de experts van Strauss & Co te laten taxeren. Voor deze twee onderdelen hoeft u dus geen kaartje voor het middagprogramma van het festival te kopen.

Wilt u een kunstwerk laten taxeren en wilt u daarna ook het festival bezoeken, dan is er veilige opbergruimte aanwezig. Organisatoren en vrijwilligers van het Festival voor het Afrikaans en de directie van De Brakke Grond kunnen echter niet aansprakelijk worden gesteld voor beschadiging of vermissing van uw eigendommen.

Heeft u vragen over de taxaties door de experts van Strauss & Co? Neem dan contact op via info@festivalvoorhetafrikaans.nl.

https://www.litnet.co.za/klaas-delrue-oor-festival-voor-het-afrikaans-2018/

Churchil Naudé oor Festival voor het Afrikaans 2018

Laurika Rauch oor Festival voor het Afrikaans 2018

Festival voor het Afrikaans 2018: programma

 

The post Veilinghuis Strauss & Co verricht taxaties tijdens Festival voor het Afrikaans appeared first on LitNet.

Festival voor het Afrikaans 2018

$
0
0

Laat ons lezen en laat ons dansen, dat heeft de wereld nog nooit kwaad gedaan. – Voltaire

Het Festival voor het Afrikaans zette het afgelopen weekend een grote spot op het mooiste dat de Afrikaanse taal in al haar cultuuruitingen biedt. Muziek, theater, film, poëzie en literatuur ondergingen een kruisbestuiving. Zij gingen in elkaar op in een denderend, sfeerscheppend totaalspektakel. Het ruim opgekomen publiek was in zijn nopjes. Het was de vierde editie van het Festival, voorheen het Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam. Het wordt nu tweejaarlijks ingericht en wisselt af met de Week van de Afrikaanse Roman. Het is een initiatief van de Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland i.s.m. Stichting Afrikaans en de Lage Landen.

Het Festival vond plaats op een symbolische plaats, het Vlaams Cultuurhuis De Brakke Grond in Amsterdam, een plaats waar in het verleden meermaals de liefde en zorg voor culturele identiteiten aan bod is gekomen.

Gesticht als het Sint-Margarethaconvent in 1406, aan de Nes in Amsterdam, bood het huidige cultuurhuis onderdak aan Vlaamse vluchtelingen tijdens de Tachtigjarige Oorlog. Vlak naast het klooster werd in 1585 Bredero geboren. Het klooster werd in 1625 een herberg met de naam De Bracke Grond. Vanaf 1648 werden in de herberg regelmatig veilingen gehouden van tabak, thee en koffie die werden aangevoerd door de Verenigde Oost-Indische Compagnie. In 1981, ruim driehonderd jaar later, opende het Vlaams Cultureel Centrum De Brakke Grond de deuren, met als doel de Vlaams-Nederlandse samenwerking te bevorderen, de Vlaamse culturele identiteit te profileren en kunst en cultuur uit Vlaanderen een podium te geven in Amsterdam.

De geschiedenis van De Brakke Grond heeft bewezen dat er zorgzaam moet worden omgesprongen met culturele identiteiten. Zo is ook de uitstraling van de Afrikaanse cultuur die het Festival voor het Afrikaans met zijn gevarieerd programma bereikt, een belangrijke stap om cultuurautonomie te bewaren. Identiteiten, waarin zoveel wordt geïnvesteerd, levenslang en generatie na generatie, zijn extreem belangrijk voor mensen. Tijdens het Festival voor het Afrikaans ervaar je aan den lijve het grootste respect voor die identiteiten. Bruce Koloane, ambassadeur van Zuid-Afrika, benadrukte het trillende, veerkrachtige, multiculturele karakter van de Zuid-Afrikaanse samenleving en de uitdagingen die daarvan uitgaan. Tijdens het Festival voelde je onafgebroken die warme, heftige polsslag van Zuid-Afrika. 

Gert Vlok Nel begeleid door bassist Johan Smit

Gert Vlok Nel opende het Festival. Hij deed dat met zijn zacht, ingetogen en weemoedig stemgeluid, zijn gigantisch muzikaal en poëtisch talent en zijn beeldrijke taal. Zijn cd/dvd Beaufort-Wes se Beautiful Woorde uit 2006 en de gelijknamige tv-documentaire van Walter Stokman over het dagelijkse leven van de arme arbeidersklasse in het slapende platteland rondom Beaufort-Wes, hebben destijds in Nederland grote indruk gemaakt. In zijn dichtbundel Het is onnatuurlijk om te leven, die in 2007 opnieuw is uitgebracht met een voorwoord van Antjie Krog, en op zijn cd uit 2012 Onherroeplik bevestigt de singer-songwriter zich nog sterker als liefdesdichter, buitenbeentje en zelfs cultfiguur, als druïde die zachter staat in het leven. Met onpeilbare woorden en de sound van zijn akoestische gitaar creëert hij pure onthaasting bij zijn publiek.

Jackie en Riku Lätti: muzikaal duizendpoot-duo met spirit voor artistiek teamwork

The Elzabad Voices, Surinaams gospelkoor o.l.v. Paul Menig

Zelda la Grange is diep onder de indruk van het gospelkoor en zijn bijdrage tot het kerkelijk leven in Nederland

Zelda la Grange is auteur van de bestseller Goedemorgen, Meneer Mandela (uitgegeven door Het Spectrum bv). Zij is twintig jaar lang persoonlijke assistente geweest van Madiba. In het kader van het Mandela 100-jaar wordt zij geïnterviewd door journalist Bart Luirink. (Zelda staat voor foto van Jim Campers uit zijn reeks Forward Escape Into the Past.)

Zanger, liedjesschrijver en componist Riku Lätti heeft het Festival vanaf de aftrap tot het einde op een formidabele wijze begeesterd. Hij was verantwoordelijk voor de vele wervelwindjes die het publiek in de zalen van de Brakke Grond warm en koud deden blazen. In de Grote Zaal bracht het Surinaamse koor The Elzabad Voices, onder leiding van Paul Menig, gospelsongs uit het eigen repertoire ten gehore, maar ook enkele beklijvende songs uit de klankbaan van Jans Rautenbachs laatste film Abraham. Riku Lätti schreef voor deze film de muziek, die zo subtiel is dat de luisteraar (kijker) volledig opgaat in de droom van Abraham. The Elzabad Voices zingen de songs, zoals Heilig is die lewe, op een wijze die de tijd doet stilstaan.

Sandra Prinsloo: weergaloos in haar rol van Nellie in Moedertaal

Sandra Prinsloo: iconische theaterdame

Sandra Prinsloo was ooit het verlegen meisje dat voorbestemd was om ballerina te worden maar eenmaal ze haar pleinvrees had afgelegd groeide ze uit tot meest bejubelde actrice van Zuid-Afrika, tot absoluut theatericoon. Zij drong internationaal door met haar glansrol als Kate Thompson in de komische speelfilm The Gods Must Be Crazy uit 1980. Enkele jaren later, wanneer de apartheid nog volop woedde en de ontuchtwetten het intiem contact tussen mensen met een verschillende huiskleur strikt regelden, schopte zij een rel door in het stuk Miss Julie van August Strindberg haar tegenspeler, de zwarte acteur John Kani, te kussen. Het was nooit gezien. Het leidde tot openlijk protest. Prinsloo schittert in meer dan honderd producties. Zij vertolkt een onwaarschijnlijk breed spectrum van personages en emotionele ladingen. Tijdens het Festival bracht zij haar solovoorstelling Moedertaal, een aangrijpende poëtische evocatie van het ouder worden en het terugkijken in gelatenheid. Moedertaal gaat over het levenspad van Nellie, gespeeld door Prinsloo. Nellie is oud en al lang alleen. Ze vindt rust in haar herinneringen: haar man, haar kind, de rivier van de tijd die onverbiddelijk in één richting stroomt. Het is een teder, intimistisch verhaal, meesterlijk onder woorden gebracht door Nico Scheepers, die ook de muziek componeerde.

“Dit gaan vir my interessant wees om te sien hoeveel verstaan word van Moedertaal,” bekent Sandra Prinsloo aan Naomi Meyer over haar optreden, “want dit is ’n baie mooi teks, maar dis ook ’n emosionele reis van ’n vrou wat uitgebeeld word, so ek hoop dat die gehoor daardie reis sal kan meemaak. Die klem val vir my altyd tog op kuns; die taal is die rivier wat die storie ondersteun en belig.” Wanneer de zaal stilletjes leegloopt en de toeschouwers het prachtige decor (ja, een stuk plage in het Zuidnederlands) nog eens van heel nabij bewonderen, dan kan je uit de gedempte gesprekken afleiden dat eenieder de triestheid en de tragiek van Nellie’s situatie heel sterk heeft aangevoeld. 

    

Hannelore Bedert doet vanaf nu alles wat zij wil. Songs die recht voor de raap zijn, een zachte binnenkant hebben maar soms doornen aan de buitenkant.  “Toen ik deelnam aan het US Woordfees,” zo vertelt zij aan Naomi Meyer, “voelde ik me heel welkom, heel thuis. Het is heel fijn om je als artiest welkom te voelen. Mijn liefde voor het Afrikaans was zo instant dat ik er zelf eventjes van schrok. Het ging niet alleen om de taal. Er hangt een soort gastvrijheid onder de muzikanten en songwriters die wij soms een beetje missen in onze westerse cultuur.”

Stefan Dixon is een Zuid-Afrikaanse singer-songwriter die in Brussel woont. Hij stal de harten in Vlaanderen met zijn Zuid-Afrikaanse bewerking van Mia, het legendarische nummer van de in 2014 overleden Luc De Vos van Gorki. Vanaf 2017 werkt hij intens samen met Klaas Delrue van Yevgueni.

Klaas Delrue, frontman van de Vlaamse band Yevgueni, brengt Adem ten gehore, een uiterst gevoelige song over het geschenk van het leven, en samen met Stefan Dixon Vir Nou, Voor Nu, om de beurt in het Afrikaans en Nederlands: “Die ritme gee my hoop. Die ritme los my kaal. Die ritme gee my kans om weer asem te haal. – Het ritme geeft mij hoop. Dit ritme is mijn taal. Dit ritme leert mij hoe ik weer adem haal.”

Churchil Naudé geniet grote bekendheid als kletsrymer of rapper. In zijn poëtische teksten loopt hij niet weg voor de belangrijkste sociale misstanden in Zuid-Afrika. Zijn album Kroeskop vol geraas oogst veel succes. “Ek verkies om wat ek doen, woordkuns te noem,” zo vertelt hij aan Naomi Meyer, “die lyn tussen rymklets en gedigte is soms vaag en dit werk vir my, want daar is deesdae te veel mense wat jou in ’n boks wil gooi sodat hulle beter oor hulself voel.”

Joep Pelt (met gitaar) is een echte muzikale globetrotter. Zijn thuis is de hele wereld en hij is continu op zoek naar ingrediënten voor zijn eclectische gitaarspel. Voor zijn recentste project, Soweto Soul, brengt hij Zuid-Afrikaanse artiesten van verschillende generaties samen: vertegenwoordigers van de oude townshipjazz en moderne hiphoppers. Zijn jamsession op het Festival samen met Churchil Naudé doet de Brakke Grond daveren op zijn grondvesten.

Laurika Rauch, grote dame van het Afrikaanse lied en sfeerschepper bij uitstek in De Brakke Grond

Laurika Rauch, begeleid door gitaarvirtuoos Loki Rothman

Loki Rothmans geniale sound, waarbij de klassieke gitaar het hybride karakter krijgt van snaarinstrument en slagwerk

Op het optreden van de koningin van het Afrikaanse luisterlied, Laurika Rauch, zitten velen koortsachtig te wachten. Nog voor zij begint, is het publiek in de Grote Zaal, in maanlicht gehuld, muisstil. In mijn gedachte zie ik de Vlaamse dichter Paul van Ostaijen staan: “ons groet die dag, goeie môre my sonskyn”, en nog zoveel meer in rots gebeitelde woorden dringen tot mij door: “jij is te dierbaar om seer te kry”, “gooi vir my ’n klippie, ’n klippie in die oseaan”, “vergeet om my te vergeet”. Het is pure magie. Haar evergreens, haar treffers blijven ontroeren, maar de nieuwe songs, zoals ’n Man stap – over een man die naar Toronto verhuist maar zich daar niet thuisvoelt – laten het publiek verder dromen over het nieuwe van de 21e eeuw. Aan Naomi Meyer vertelt Laurika Rauch het volgende: “Ek is ’n entertainer – ’n sanger en ’n woordkunstenaar. Ek kies my liedjies dikwels op grond van die rykheid van ’n teks waarmee ek kan interpreteer, maar die melodie moet ook terselfdertyd tref. My werk is om suksesvol te kommunikeer met ’n gehoor, of ek nou in Afrikaans, my moedertaal, Engels of enige ander taal sou optree. Ek wil hoop dat daar ’n universele kwaliteit is aan dit wat ek doen waarby gehore kan aanklank vind – of hulle alles verstaan wat ek sing of nie." Laurika Rauch wordt begeleid door Loki Rothman, die een regelrechte gitaarvirtuoos is. Maar hij heeft ook een bedwelmende stem en is daarbij ook nog songwriter. Het publiek is met verstomming geslagen wanneer hij zijn gitaar niet alleen klassiek bespeelt als een snaarinstrument, maar bovendien als slagwerk. Dit hybride gebruik van zijn instrument en de onpeilbare ritmes die hij zodoende creëert, maken van Laurika Rauchs optreden een sensatie van jewelste, die de bezoekers van het Festival zich zullen blijven herinneren. 

Antjie Krog (Waar ik jou word) die eerder dit jaar werd onderscheiden met de Gouden Ganzenveer, jonge dichteres Jolyn Phillips (Radbraak) en rapper Meneer Naudé (Kroeskop vol geraas) geven een Afrikaans woordconcert met een heel eigen cachet. Omdat de gedichten in het Nederlands worden vertaald op het grote scherm, letten de toeschouwers op merkwaardige taalverschillen en verwekt het woordconcert als het ware een stilzwijgende karaoke-dynamiek in de zaal, een festival waardig.

Kees Scholten (Jan van Riebeeck), Bianca Flanders (Krotoa), Basil Appollis (regie), Frazer Barry en Jef Hofmeister (beiden muziek), v.l.n.r. op de foto, geven een voorproefje van de nieuwe muziektheatervoorstelling Krotoa, Eva van de Kaap, waarmee het Volksoperahuis vanaf 11 oktober door Nederland toert. De voorstelling is een meertalig, van perspectief wisselend, intercultureel, en bovenal muzikaal eerbetoon aan een gedeelde geschiedenis.

In haar voorbespreking op Voertaal had Ingrid Glorie al onderstreept dat de vertoning van de film Die Ellen Pakkies Storie op het Festival voor iedereen een unieke ervaring zou worden. Het is niet alleen een unieke ervaring geworden. Indien Pasolini en Spielberg in de zaal zouden hebben gezeten, zouden beide legendarische regisseurs hun bewondering voor de eigenzinnige film van Daryne Joshua ongetwijfeld hebben uitgeschreeuwd. Het is de ervaring geworden van rauwheid die gepaard gaat met ultiem mededogen. De film brengt het tragische verhaal van een moeder, Ellen Pakkies, die haar zoon Abie, verslaafd aan tik, vermoordt in Lavender Hill op de Kaapse Vlakte, een wijk in Kaapstad met extreme armoede en drugscriminaliteit. Het scenario is in het Kaaps-Afrikaanse dialect geschreven door Amy Jephta, die met haar stuk Kristalvlakte al bewees hoeveel pijlen zij op haar boog heeft als allround theatermaakster. De vergelijking met Pier Paolo Pasolini is niet overdreven. In zijn film Medea vermoordt Medea, gespeeld door Maria Callas, haar zoontjes uit wraak. Ellen Pakkies wurgt haar zoon omdat dat de enige manier is om hem te bevrijden van het drugsterrorisme in Cape Flats. Daryne Joshua is bezeten van visuele storievertelling. In Die Ellen Pakkies Storie is 95% van de film geschoten op locaties waar de gebeurtenissen zich echt hebben afgespeeld. Zo wordt alles visueel authentiek. Om hetzelfde effect van authenticiteit te bereiken ging Steven Spielberg naar de plek van het oude Joodse ghetto Kazimierz om er de bekende liquidatiescène te filmen. Die Ellen Pakkies Storie is verbluffend authentiek. De film drukt je terneer omwille van zoveel brutaliteit maar doet je tegelijkertijd opveren omwille van zoveel moed en inzet om het leven van anderen draagbaar te maken.    

Op het Festival wordt ook onder grote belangstelling de nieuwe film Die rebellie van Lafras Verwey vertoond in aanwezigheid van de regisseurs. De film vertelt het verhaal van de brave ambtenaar Lafras Verwey, gespeeld door Tobie Cronjé, die droomt van een wereld zonder misdaad, corruptie en onrecht en die zich verzet tegen verandering en vernieuwing. Hij bereidt zich voor op de grote opstand. Maar dan verschijnt Petra op het toneel…

Simon Barnard en Katinka Heyns, die de druk besproken film Die rebellie van Lafras Verweij regisseerden. De film is gebaseerd op een hoorspel van de romanschrijver en dramaturg Chris Barnard (1939-2015), vader van Simon en man van Katinka. Katinka werd onlangs tijdens het Silwerskermfees in Kaapstad onderscheiden als Sikwerskerm-Legende.

Lieke Joosen is een jonge Nederlandse zangeres en theatermaker met een passie voor het Afrikaans

Jolyn Phillips raakt niet alleen met haar gedichten gevoelige snaren, maar ook als zangeres

Leoni Jansen, presentatrice, zangeres en theatervrouw met een ongelooflijk sterke uitstraling en spontaneïteit. Haar presentatie van het Festival is gewoonweg geweldig. Maar dat niet alleen… begeleid door gitaarvirtuoos Loki Rothman brengt zij ook Ik heb je lief ten gehore, een poëtische song over een liefdesbrief van een man aan zijn vrouw maar zij vindt de verrukkelijke brief pas nadat haar man is overleden.

De Grote Zaal van de Brakke Grond is tot de nok gevuld wanneer het Festival voor het Afrikaans wordt afgesloten met de Grote Wasgoedlyn Finale. Ambassadeur Bruce Koloane, omringd door meester M.L.E. Storm van ’s Gravesande, Guido van den Berg (directeur Zuid-Afrikahuis), mevrouwen Aminata Diao (Dakar Fashion Art) en Antjie Krog, aan de andere zijde door mevrouw Van den Berg – Téllez en Andre Stemmet (ZA ambassade), zijn in de wolken met het overdonderend succes van het Festival en denken al aan de vijfde editie in 2020.

Zondagavond 10u. Het doek valt. Het Festival en de Wasgoedlyn Finale hebben een warm, weldadig bad gegeven van het Afrikaans in al haar cultuuruitingen. Het contrast is groot met de koude die Amsterdam in haar greep heeft nu de herfst is begonnen. Het publiek en de artiesten, voltallig aan de Wasgoedlyn, zijn het roerend eens dat Ingrid Glorie en Isabelle Vermeij van het Zuid-Afrikahuis met hun puike organisatie van het Festival een huzarenwerk hebben afgeleverd.  

Tekst: Herman Meulemans

Foto’s: Natascha Schreiner & Jeroen Meulemans

Stefan Dixon oor Festival voor het Afrikaans 2018

Veilinghuis Strauss & Co verricht taxaties tijdens Festival voor het Afrikaans

Klaas Delrue oor Festival voor het Afrikaans 2018

Hannelore oor Festival voor het Afrikaans 2018: kyk ’n video-onderhoud

Churchil Naudé oor Festival voor het Afrikaans 2018

Zelda la Grange oor Festival voor het Afrikaans 2018

Laurika Rauch oor Festival voor het Afrikaans 2018

Sandra Prinsloo oor Festival voor het Afrikaans 2018

Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018

The post Festival voor het Afrikaans 2018 appeared first on LitNet.

Aardklop 2018: Maboneng Township Arts Experience, an interview

$
0
0

What is the Maboneng Township Arts Experience at this year's Aardklop Festival?

Siphiwe Ngwenya, founding director of Maboneng Township Arts Experience, and his team arrange tours for festival visitors from the Aardklop festival venue to visit local houses in Ikageng that have been converted into art galleries. During such a tour festival visitors get a unique opportunity to meet the home owners and artists. This initiative has already been established in Alexandra, Johannesburg, and Langa in the Cape, but this year local artists in Ikageng will also have the exposure.

"We regard it as important to build the community and to make it a place the residents can be proud of. We develop the culture and highlight another aspect of the history of the township," says Ngwenya.

Artwork: "Braveheart"

Yolanda Wessels caught up with Ngwenya and asked him to tell LitNet's readers more about what it is like to be an artist in the township? How does free time look when you have to get up early to catch a taxi to work and only return late at night and art material is expensive? What does it mean for the artists to have the opportunity (and platforms such as Aardklop) to be able to create? 

He recorded his answers for her:

 

Maboneng Township Arts Experience and Aardklop

4-6 October 2018, at 11:00 and 14:00

Duration: 60 minutes

Tickets: R150

Small buses will depart on 4, 5, 6 October at 11:00 and 14:00 from the commuting service station at the Bult.
Tickets can be bought in cash at the commuting service station at the corner of Esselen and Hoffman streets.

  • All pictures provided by Siphiwe Ngwenya

 

The post Aardklop 2018: Maboneng Township Arts Experience, an interview appeared first on LitNet.

Aardklop 2018: Kunssafari


Aardklop 2018: Olu Oguibe deel van visuelekunsprogram

$
0
0

Olu Oguibe
"Pink and white flowers", 2018
4 000 lewende petunias
Noordwes-Universiteit Botaniese Tuin, Potchefstroom

"Pink and white flowers"

Toe ’n jong vrou genaamd Nokuphila Kumalo in 2013 op ’n sypaadjie in Kaapstad dood geskop en getrap is deur ’n man wat later geblyk het ’n wêreldbekende plaaslike kunstenaar te wees, het me. Kumalo se moeder geen oorblywende foto’s van haar dogter gehad nie. Tog het sy onthou dat pienk en wit blomme vir haar dogter pragtig was. Nokuphila was net 23 jaar oud toe sy gesterf het. Konseptuele kunstenaar Olu Oguibe se blombedding van 23 meter met 4 000 lewende pienk en wit petunias herdenk elke jaar van haar kortstondige lewe, en roer ook die kwessie van geslagsverwante geweld aan.

Besoekers aan die installasie word aangemoedig om ’n petunia saam huis toe te neem.

Hierna moet jy gaan kyk!

Installasie met vergunning van Noordwes-Universiteit, Universiteit van Pretoria, Nirox-stigting en KOW-Berlyn. #Aardklop2018 as deel van die “Spoke, diewe en digters”-groepuitstalling.

The post Aardklop 2018: Olu Oguibe deel van visuelekunsprogram appeared first on LitNet.

Breyten Breytenbach se The 81 ways of letting go a late self in Kaapstad te sien

$
0
0

autoportrait masqué, 1990. Gemengde media op doek, 146 x 114 cm. (© Breyten Breytenbach. Courtesy of Stevenson, Cape Town and Johannesburg)

Die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach se kunswerke is tans in Kaapstad te sien, as deel van sy solo-uitstalling The 81 ways of letting go a late self.

Die opening van die uitstalling het Donderdag 18 Oktober by die Stevenson-galery in Kaapstad plaasgevind, met Breytenbach self wat teenwoordig was.

Alex Richards, mededirekteur van die galery, vertel hy is bly dat die opening suksesvol verloop het, en hy is positief is oor die aantal mense wat dit bygewoon.

“Breytenbach is meestal bekend as ’n digter en skrywer, en ek dink nie baie mense ken hom as ’n kunstenaar nie, so hierdie is ’n goeie geleentheid vir mense om sy werk te sien,” sê Richards.

“Die werk is so divers. Hier is groot heldergeverfde skilderye wat onlangs geskep is, maar ook sketse op papier, byvoorbeeld van die 1970’s. Hier is kunswerke wat verskillende tye in sy lewe weerspieël. Ek dink dit is belangrik vir die Suid-Afrikaanse publiek om hierdie tipe werk te sien.”

Die uitstalling bestaan grootliks uit skilderwerke op doek wat oor die afgelope paar jaar geskep is, en daar is ook kunswerke uit Breytenbach se vorige jare, soos autoportrait masque (1990), ’n selfportret gekombineer met die herhalende motief van die venster en die voël. Die uitstalling bevat ook verskeie kunswerke en sketse op papier van 1970 tot 2012.

Breyten Breytenbach was self teenwoordig by die opening van die uitstalling op Donderdag 18 Oktober.

Anne-Ghrett Erasmus (voorgrond), kurator van die Breytenbach Sentrum in Wellington, sê sy sien baie van Breytenbach se ou spesifieke styl in die werke.

Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Sentrum in Wellington, sê sy sien baie van Breytenbach se ou styl in die werke. “Jy sien ’n bietjie van die Dali-invloed, die surrealisme, selfs ’n bietjie Chagall hier en daar. Ek let die oë op, wat nog altyd ’n groot rol in sy werk gespeel het. Hy keer terug na die Boeddhisme en die Zen-posisie. Daar is ook die visse, ’n bekende simbool in sy werk van lankal af. En die voëls, wat mag dui op die spirituele wêreld.

“In sy nuwe werk is daar vir my ’n droefheid. ’n Nostalgie en ’n onderliggende hartseer wat ek optel. Dit gee my ’n knop in die keel.”

Alex Richards, mededirekteur van die galery, beskryf die opening van die uitstalling as suksesvol, en sê hy is bly oor die aantal mense wat dit bygewoon het.

’n Toeskouer, Wendyl Martin, ’n teksredigeerder van Kaapstad, sê die invloed van die Boeddhisme is vir hom ook opvallend in die werk. Hy sê dit is vir hom ook interessant hoe ’n mens dele van Breytenbach in die kuns kan sien, soos die selfportrette en digkuns.  

Twee studente van die Universiteit Stellenbosch, Philna van Veijeren en Lauren Den Besten, sê die uitstalling is vir hulle ongelooflik interessant, en hulle beskou hulself as groot aanhangers van Breytenbach se werk.

“Dit is regtig ’n voorreg om Breytenbach se kuns as ‘t ware in lewende lywe te sien,” vertel Den Besten.

The 81 ways of letting go a late self is tot 24 November by die Stevenson-galery in Kaapstad te sien.

Dit is Breyten Breytenbach se eerste solo-uitstalling by dié galery.


 

Breyten Breytenbach is op 16 September 1939 in Bonnievale, Wes-Kaap, gebore. Hy het op 20-jarige ouderdom Europa toe verhuis en homself in 1961 in Parys gevestig, waar hy met Yolande, 'n jong vrou van Viëtnamese afkoms, getrou het. Wetgewing teen gemengde huwelike het sy terugkeer na Suid-Afrika verbied, wat sy teenkanting teen apartheid verstewig het. In 1975 is hy in Suid-Afrika in hegtenis geneem en tot nege jaar gevangenisstraf gevonnis vir terrorisme. Met sy vrylating in 1982 keer hy terug na Parys, waar hy Franse burgerskap verkry. Hy het sy eerste solokunsuitstalling in 1964 gehou, dieselfde jaar waarin hy sy eerste digbundel (Die ysterkoei moet sweet) en sy eerste prosabundel (Katastrofes) bekendgestel het.

The 81 ways of letting go a late self is tot 24 November by die Stevenson-galery in Kaapstad te sien.

The post Breyten Breytenbach se <i>The 81 ways of letting go a late self</i> in Kaapstad te sien appeared first on LitNet.

Annari van der Merwe se kuns is meer as die somtotaal van die elemente

$
0
0
“Ek is absoluut uitgeboul deur haar werk. Sy het heeltemal ’n nuwe manier van kyk na dinge,” vertel Breytenbach.

“Sy het ’n ander manier van kyk na dinge omdat sy ’n voëlkyker is. As jy ’n voëlkyker is sien jy die natuur anders, en jy leer om opnuut met ander oë na die alledaagse te kyk. Dít bring ’n uniekheid na haar kuns.”

Só beskryf die outeur Vernon RL Head sy vriendin, die uitgewer Annari van der Merwe, se kuns. Hy verduidelik in sy toespraak by die openingsgeleentheid van haar kunsuitstalling in Kaapstad, dat haar kuns vol geskiedenis en lewenservaringe is.

Van der Merwe se kunswerke is tans in Kaapstad te sien, as deel van haar My grand tour-uitstalling by die Cape Gallery in Kerkstraat.

Annari van der Merwe en die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach, oor wie Van der Merwe haar PhD-tesis gedoen het.

Kunswerke uit Van der Merwe se My grand tour-uitstalling.

“Haar kuns spreek van haar lewensreise. Dis interessant hoe sy al hierdie argitektoniese spasies van beroemde geboue van regoor die wêreld, wat sy self besoek het, gebruik en iets bekends byvoeg, soos haar kat. Jy sien haar literêre agtergrond in die werke. Dit gee my soveel plesier om die werk te besigtig,” verduidelik Head.

Die openingsgeleentheid van die uitstalling het Sondag 28 Oktober op ’n warm somersmiddag plaasgevind, met gaste wat spesiaal die geleentheid bywoon.

Adriaan van Dis, Nederlandse outeur, vertel hy kon dié geleentheid nie mis nie.

Adriaan van Dis, Nederlandse outeur, het spesiaal die geleentheid meegemaak.

Suspended

“Ek ken Annari sedert 1972 as ’n student in Nederland. Sy was ’n merkwaardige student, reeds met ’n PhD agter haar naam op ’n jong ouderdom,” vertel van Dis.

“Ek sal nooit vergeet hoe sy eenkeer vir ’n professor by die Universiteit van Utrecht vertel het van haar drome nie. Nou sien ek hierdie drome in haar kuns, en dit is vir my wonderlik om te sien wat sy bereik het. Ek het nooit getwyfel in haar vermoë nie.”

Die outeur Vernon RL Head het die openingstoespraak gelewer.

Die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach het ook die geleentheid bygewoon en is vol lof oor Van der Merwe se werk. Van der Mewe het op 25-jarige ouderdom haar PhD voltooi oor Breytenbach se digkuns.

“Ek is absoluut uitgeboul deur haar werk. Sy het heeltemal ’n nuwe manier van kyk na dinge. Die kat is die een ding wat ’n mens herken, en dan natuurlik al die wonderlike verwysings,” vertel Breytenbach.

“Haar werk is ’n wonderlike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse kunste.”

Gail Dorje, die eienaar van Cape Gallery.

Ook Gail Dorje, die eienaar van Cape Gallery, is opgewonde oor Van der Merwe se kuns en beskryf Van der Merwe as ’n bekende literêre reus wat groot spore in die uitgewerswêreld getrap het, en toe ’n heel ander koers ingeslaan het en onder leiding van die kunstenaar Greg Kerr begin skilder het.

“Haar kuns is regtig fassinerend, speels en prettig.”

Van der Merwe beskryf die opening van die uitstalling as suksesvol en vertel dat dit vir haar aandoenlik is dat soveel mense, talle van hulle ook haar vriende, in die bloedige hitte die moeite gedoen het om die openingsgeleentheid mee te maak.

Oor haar kuns sê sy: “Dis ’n reeks skilderye na aanleiding van dit wat ek by Greg Kerr se kunswerkswinkels geskilder het. By een van hierdie werkswinkels moes ons ’n argitektoniese agtergrond met ’n element uit ’n ander kunstenaar se werk, en ’n eie persoonlike element kombineer. Dit word toe vir my so interessant om op hierdie manier elemente in kunswerke te kombineer, in so ’n mate dat jy heeltemal ’n ander betekenis gee aan die oorspronklike elemente.

What are you staring at?

In Oustad-straat

“Ek het dié konsep toe verder gevoer. Al die kunswerke se agtergronde is gebaseer op foto’s wat ek op reise geneem het, so ek het my eie foto’s gebruik as verwysings; en dan voeg ek ook my kat by. Die kat is ’n interessante kat, want ander katte neem jy moeilik af, maar nie dié kat nie,” lag Van der Merwe.

“Ek geniet dit sedertdien om verskillende elemente in my kuns te kombineer, want dit word meer as die somtotaal van die elemente.”

Van der Merwe vertel dat haar agtergrond in die letterkunde en uitgewersbedryf ’n groot rol in haar kuns speel. Sy glo sy kyk fyner na dinge.

Van der Merwe gesels met van die gaste by die openingsgeleentheid.

Die Cape Gallery galery is geleë in Kerkstraat, Kaapstad.

Gaste geniet die koel aandluggie ná die hittegolf van die middag.

“As jy poësie analiseer, kyk jy na elke komma en punt. Van kleintyd af is ek visueel ingestel. As ek nou terugkyk kan ek sien dat ek nog altyd meer ingestel was op wat ek sien, as wat ek hoor of voel. Ek het al geleer ‘there is no shortcut’, jy werk totdat iets reg is en jy tevrede is. Daai dissipline is so geïntegreer in my persoonlikheid, dat ek nie sommer so ‘slapdash’ werk nie.”

....................................................................................

Van der Merwe het in die Groot Karoo grootgeword. Sy het letterkunde by Port Elizabeth studeer en haar PhD ontvang nadat sy haar tesis oor Breyten Breytenbach se poësie voltooi het. Sy het haar uitgewersloopbaan in 1978 by Tafelberg-Uitgewers begin.

My grand tour is tot 24 November by Cape Gallery in Kaapstad te sien.

  • Foto's: Marli van Eeden

The post Annari van der Merwe se kuns is meer as die somtotaal van die elemente appeared first on LitNet.

’n Uitnodiging na Lize Beekman by De Malle Meul in Philadelphia

Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom

$
0
0

Matthys Strydom vertel vir Naomi Meyer van sy boek Stories teen my muur.

Matthys, jy was die eienaar van die Strydom-galery in George, wat nou gesluit is. Jou boek Stories teen my muur skop af met ’n inleiding oor jou persoonlike reis met kuns. Reg aan die begin vertel jy hoe die ontstaan van jou kunsversamelings te danke was aan jou seun se behandeling in Groot Schuur-hospitaal in Kaapstad. Wil jy kortliks iets hieromtrent vir ons lesers vertel?

Ek dink my belangstelling in kuns is geneties (soos by vele Suid-Afrikaners). Belangstelling moet egter wakker gemaak word deur blootstelling en stimulasie. Dít het eers vir my by die Universiteit van Kaapstad gekom, waar ek (medies) en my latere vrou, Helene Röll (argitektuur), albei eerstejaars was in 1953. Sy het ’n bietjie op skool in Wellington geskilder en ons het saam spontaan die behoefte gehad om na kunsuitstallings te gaan. Die stimulus om van blote belangstelling na die lus om kuns te besit oor te skakel, het eers gekom na die episode van ons seun se operasie wat ek in die boek se inleiding beskryf.

Jy is ’n mediese dokter. Waar het jou liefde vir visuele kuns begin?

Ons familiebesigheid, ’n meubelsaak met takke in Oudtshoorn en George, het ek einde 1968 om sentimentele redes gekoop, toe my vader nie daarmee kon voortgaan nie. Ons het dit geleidelik, oor jare, in ’n kunsonderneming omskep. Die primêre doel was om, met die hulp van Suid-Afrikaanse kunstenaars van wie se werk ons gehou het, die Suid-Kaapse publiek geïnteresseerd te maak in kuns. Dit was harde maar bevredigende werk. Dit het uiteindelik gelei tot ’n suksesvolle galery wat internasionaal bekend geword het.

In jou boek skryf jy oor kunswerke in jou versameling en noem name soos Boonzaaier, Irma Stern, Judith Mason, Bevans Mekhabele, George Ramagaga. Dalk kan jy kortliks vertel van ’n handvol maniere waarop hierdie mense se kuns jou galery betree het?

Na my uittrede uit die kunshandel (my jongste broer Leon het die galery na 30 jaar in 1999 oorgeneem) het ek besluit om stories gekoppel aan werke in ons privaatversameling neer te skryf – vir myself en my kinders. Ek het vir twee uitgewers van my voorneme vertel, maar albei het my laat verstaan dat dit nie vir hulle ’n proposisie sou wees nie. Ek het aanvaar dat dit vir hulle ’n groot waagstuk sou wees, met duur kleurwerk en ’n beperkte mark.

Ek het Braam de Vries deur die Strydom Galery leer ken. Toe hy hoor van die stories waarmee ek besig is, wou hy een daarvan lees. Dit het daartoe gelei dat hy en Wium van Zyl my arm begin draai het, en uiteindelik oorreed het om ’n privaat-gepubliseerde boek daarvan te maak. Die stories in die boek is dié wat klaar was toe ek daartoe ingestem het. Die werke en kunstenaars oor wie dit gaan is nie gekeur nie – bloot “herinneringe wat bo gedryf het in my kop”. Ek gaan maar voort met meer, soos die een oor Hardy Botha wat ek jou gegee het (daar is nog vyf ander “klaar”). Daar is nog meer as genoeg om oor te skryf vir ’n tweede volume, maar of ek dit op my ouderdom klaar gaan kry, weet ek nie.

Judith Mason se Leopard of Delight, soos afgeneem deur Matthys Strydom. Oor hierdie skildery skryf Strydom: "Dis die skildery waaraan ek Mason se storie gehang het. Haar storie is vir my een van die belangrikste in die boek. Ek was baie bang dat sy negatief daarop sou reageer, omdat daar onthullings in is wat sy nooit self sou vertel het nie. Ek het 'n e-pos van haar die oggend van haar dood ontvang, waarin sy sê hoe sy dit geniet het. Sy het die boek net twee weke voor haar dood ontvang en dit was die laaste boek wat sy gelees het."

Wie sluit mens in en wie laat jy weg? Dis die groot vraag in die gesprek rondom Suid-Afrikaanse kuns. Die waarde van so baie kunstenaars se werk is voorheen doelbewus nie erken nie, of is uitgesluit. En ook: Koop jy iets omdat dit vir jou mooi is, of tot jou spreek? Wat is jou maatstawwe as jy ’n kunsversameling aanhou en dan oor die stories van elke kunswerk skryf? 

My redes waarom ek die werke aangeskaf het, blyk duidelik uit die stories. Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie. Ek het werke by bekende en onbekende kunstenaars, selfs studente, uitgesoek om in die galery uit te stal, meesal werke wat ek graag self sou wou hê. Na twee maande se blootstelling aan die publiek het ek dan probeer om dit self te koop as ek dit kon bekostig. Die meeste van die werke in ons versameling was dus in die galery beskikbaar.

Tegnieke en jou eie kunsagtergrond: Jy skryf oor die tegnieke wat die kunstenaars volg - wat is jou eie kunsagtergrond en -opleiding?

Ek was vroeër ’n geesdriftige amateurfotograaf en het probeer om van elke foto darem ’n soort “kunswerkie” te maak. Die enigste skilderye wat ek self gemaak het, is twee klein olieverfskilderytjies wat ek gedoen toe ek ’n uitdaging van Judith Mason aanvaar het dat sy my oor een naweek kon leer skilder. Dit was nadat ek geargumenteer het dat mens eers oor ’n lang tyd moes leer teken voor jy probeer skilder. Ek het die weddenskap verloor (danksy ’n wonderbaarlike leermeester).

Jy het by die Richmondfees verlede jaar oor hierdie boek gesels. Is daar ander geleenthede waar mense jou kan nader om nog meer van die boek te hoor, of praat jy soms by kunskringe omtrent die boek of die kuns in jou versameling?

Ja, benewens die Bookbedonnerd-fees in Richmond (waar dit saam met een ander eerste geplaas is in die kategorie memoires vir private publikasies) het ek al oor die boek gepraat by by ’n kunsgalery (Art @ 39 Long), Groot Brak (in gesprek met Riana Scheepers, wat baie lekker was), in Durbanville by die Durbel Leeskring, die Oos-Kaapse skrywerskring in PE by ’n Skrywersaand op Koopmanskloof van Sybil Smit, en ’n klein leeskring in George.

’n Nuwe en bygewerkte oplaag van die boek is te koop by my of Johan, een van my seuns in Kaapstad. Die prys is R300 plus R40 geregistreerde pos of R100 per koerier. Kontak my by: mjstrydom2@gmail.com.

The post <em>Stories teen my muur</em>: ’n onderhoud met Matthys Strydom appeared first on LitNet.

Viewing all 188 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>