Quantcast
Channel: Kuns - LitNet
Viewing all 188 articles
Browse latest View live

US Woordfees 2019: Protea Boekhuis-kinderboekillustrasiekompetisie


Eietydse kuns kraai koning by Kaapstadse kunsskou

$
0
0

Die Investec Cape Town Art Fair (ICTAF) het onlangs in Kaapstad plaasgevind

’n Uiteenlopende verskeidenheid skilderye, tekeninge, beeldhouwerke, foto's, video's en installasiekunswerke. ’n Ontploffing van kleur, tekstuur en allerlei interessante konsepte. ’n Swierige affêre, waar eietydse kuns gevier word. Dié jaar se Investec Cape Town Art Fair (ICTAF) het beslis nie teleurgestel nie.

Toeskouers bespreek die kuns

Die geleentheid is ’n jaarlikse instelling waar kuns gevier word

ICTAF is ’n jaarlikse instelling en behels die uitstal van eietydse visuele kuns. Die geleentheid het die afgelope naweek in die CTICC in Kaapstad plaasgevind, waar galerye hul beste kunswerke vir die publiek ten toon gestel het.

Skilderye, tekeninge, beeldhouwerke, foto's, video's en installasiekunswerke is net sommige van die tipes kunswerke wat te sien was

’n Lewendige atmosfeer en stampvol lokaal wat bruis met stemme het besoekers die naweek begroet en daar was vir seker nie ’n tekort aan kunswerke om te besigtig nie. Hierdie sewende kunsskou het immers gespog met oor die honderd versamelings en kunswerke van regoor Afrika. Skilderye, beeldhouwerke, aangrypende foto's, videokunswerke en installasiekunswerke was net sommige van die verskeie tipes kunswerke te sien. Unieke en interessante konsepkunswerke het die oog gevang. Interessant was dat talle van die kunswerke digitale komponente gehad het. Temas soos geografiese skoonheid, kultuurerfenis en identiteit is in kunswerke aangespreek.

’n Toeskouer besigtig die kuns

Die kunsskou behels ’n uitstalling van eietydse visuele kuns

Kaapstad is bekend vir sy dinamiese visuele-kunste-toneel en daarom was dit geen verrassing dat talle Kaapstadse galerye teenwoordig was by die geleentheid nie. Tog was die kunsskou nie beperk tot net Kaapstadse galerye nie, en was daar galerye en instansies van regoor die land en vasteland teenwoordig. Angola, Zimbabwe en Nigerië is onder die Afrika-lande wat teenwoordig was. Plaaslike galerye het ingesluit Stevenson, Smac, 99 Loop Gallery, Goodman Gallery, Guns and Rain, SMITH en The Melrose Gallery, om net ’n paar te noem. Galerye van oorsese lande soos Italië, Duitsland, Frankryk en België het ook hul beste voetjie voor gesit. Instansies soos die South African Foundation for Islamic Art, Kuenyeiha Trust for Contemporary Art, en Southern African Foundation For Contemporary Art (SAFFCA) was betrokke by die geleentheid. Verder was daar ook talle praatjies wat besoekers kon bywoon, soos "Artists in dialogue", "Art in the digital age" en “Curating in the 21st century".

Toeskouers bekyk die interessante kuns

Kuns van Williams Chechet

Kunstenaars wie se werk te sien was, sluit in Zyma Amien van Kaapstad, Kyu Sang Lee van Kaapstad, John-Michael Metelerkamp van Knysna, Azael Langa van Pretoria, Angel Ihosvanny van Angola, Armand Boua van die Ivoorkus, Prince Gyasi van Ghana en Michael Cook van Australië, om net ’n paar te noem. Toekennings soos die Africa First-prys en die Tomorrows/Today-prys was ook op die spel. Tumelo Mosaka is die kurator van die Tomorrow/Today-afdeling, waar ontluikende kunstenaars verteenwoordig word. Opkomende kunstenaars soos Chris Soal van Suid-Afrika, Medina Dugger van Nigerië en Troy Makaza van Zimbabwe het deelgeneem. Mongezi Ncaphayi het die Africa First-prys losgeslaan, en Makaza die Tomorrows/Today-prys, wat ’n kontantprys sowel as ’n solo-uitstalling by die Zeitz Mocaa insluit.

  • Foto's: Marli van Eeden

The post Eietydse kuns kraai koning by Kaapstadse kunsskou appeared first on LitNet.

Jan Blohm: Om dankbaar te wees is ’n doen-ding

$
0
0

Jan Blohm besig met ’n kunswerk

Op die hoek van Van Ryneveldstraat en Michaustraat staan ’n ou geboutjie, netjies opgeknap en omskep in ’n kunsgalery. Dit is egter nie net énige kunsgalery nie, maar die galery van die musikant Jan Blohm. Want hoewel hy dalk meer bekend is vir sy musiek, is hy ook ’n ywerige kunstenaar.

Die Strand is meer bekend vir wind as reën, maar vandag is dit ’n ander storie. Dis vroeg-April, maar die reën en koue laat jou byna wonder of dit nie al middelwinter is nie.

Die hekkie van die galery kraak oop. Binne-in die galery is die mure en houtvloere kalkwit, en helder kunswerke pryk teen die mure in skelle kontras met die wit.

Jan Blohm huur ’n woonstel naby die galery en vertel hoe hy een oggend in die straat af gestap het en gesien het dié juweel is te huur.

Een van Jan Blohm se kunswerke, Poppie

"Dit was twee winkels, die een ’n trourokwinkel en die ander ’n horlosiewinkel. Ek wou al lankal ’n ateljee hê waarvandaan ek kan werk. Ek het nog nooit ’n studio gehad nie. Mens is maar altyd op toer; dis lekker om nou uiteindelik ’n plek te hê waarvandaan ek kan werk en waar mense my werk kan sien."

Die galery se dekor is minimalisties; die fokus is op die kuns. Eenkant staan ’n potplant. Sommige van sy albums en toekennings wat hy oor die jare ingepalm het, word uitgestal op ’n trapleertjie voor een van die vensters. Breyten Breytenbach se bundel Die ysterkoei moet sweet lê op ’n tafeltjie in die hoek. Dis immers geen geheim dat Jan Blohm, oftewel George Harry Kymdell, ’n groot aanhanger van Breytenbach is nie. Die verhoognaam Jan Blohm is juis afkomstig van die skuilnaam Jan Blom waaronder Breytenbach soms geskryf het. Van sy liedjies, soos “Breyten se brief” en “Groentrui”, verwys ook na Breytenbach.

Oor sy liefde vir Breytenbach sê Jan Blohm net: "Breytenbach is ’n rockstar. Hy is soos die Kurt Cobain van poetry vir my. Hoekom sal ’n mens nie absoluut gaande wees oor hom nie?

"Ek het hom nog nooit ontmoet nie, maar ek sal nie weet wat om vir hom te sê as ek hom ooit ontmoet nie. Ek dink die oomblik sal net te groot wees."

Vir die publiek is Jan Blohm dalk meer bekend vir sy growwe rasperstem, maar sy talente stop nie daar nie. Sedert sy kinderjare is hy ewe passievol oor die visuele kunste.

"Ek hou daarvan om profiele te skilder. Mense se gesigte vertel ’n storie. Daar is net iets in die oë. Die oë is mos maar hoe ons kommunikeer. Ek kan myself nie eintlik sien landskappe skilder en klaarmaak nie," vertel hy.

"Waar kry ek my inspirasie vir my kuns? Dis ’n horrible vraag," lag hy.

"Ek kan nie aan ’n eerlike antwoord dink nie. Ek weet nie. Dis seker maar die muse."

Hy het aanvanklik houtskool as kunsmedium gebruik, omdat hy nie dadelik met verf as medium wou wegspring nie. Onlangs het hy met pastel begin werk.

Emmy

"Dirk de Villiers, ’n kunstenaar van Kroonstad, het gesê jy begin met potlood, dan charcoal, dan pastel, en dán begin jy eers verf. Maar jy leer eers teken."

Hy vertel hy neem sy kuns ernstig op en wil gesien word as ’n kunstenaar uit eie reg, nie net ’n "sanger wat prentjies teken nie".

Kuns in enige vorm is ’n baie persoonlike ding. En om kritiek te ontvang is nie altyd maklik nie – jy neem dit persoonlik op.

"Jy is nooit heeltemal satisfied met jou werk nie, maar ’n ou moet leer om te kan terugstaan en aan te beweeg na die volgende projek, anders gaan jy nooit klaar kry nie.

Inyosi

"Elke kunswerk is ’n proses, en jy leer meer oor jouself met elke kunswerk wat jy aanpak. Dit bly maar tricky; dit het my baie lank gevat om te kan wegstap van ’n kunswerk en te besluit dis nou klaar."

Hy is ’n "straightforward" ou. Onopgesmuk in gewone jeans en swart hemp. Op sy arm pryk ’n Jimi Hendrix-tatoe. Hendrix is ook een van sy helde.

"Jy vra jou af hoe die wêreld jou gaan sien en wat mense gaan dink. Mens is mos maar bang vir verwerping. As mense nie van jou werk hou nie, neem mens dit soms persoonlik op en dink mense hou nie van jóú nie. Maar mens moet leer om dit nie persoonlik op te vat nie – jy kan nie almal tevrede stel nie."

Amber

Ja, hy is besig om te leer om homself te aanvaar vir wie hy is. Foute en al.

"Weet jy, ek is besig om te leer om myself onvoorwaardelik te aanvaar, oukei te wees met myself. Dit is die journey waarop ek nou is.

"Die struggles van die lewe het my gehelp om tot by dié punt te kom en om sekere vrae te vra. Ek is ’n skrywer, so ’n ou vra maar vrae – mens wonder oor die dinge van die lewe; mens bevraagteken maar dinge."

So getuig sy jongste album, Die liefde album, ook van sy reis na selfontdekking en selfaanvaarding. Dié album, wat vir ’n Ghoema-musiektoekenning benoem is, is verlede jaar uitgereik. Jan Blohm is ook benoem in die kategorie vir beste liedjieskrywer. Hy het die album saam met die Coleske-broers opgeneem. Die album het 12 snitte, waarvan hy 11 geskryf het. Die twaalfde liedjie is ’n weergawe van Gert Vlok Nel se  “Beautiful in Beaufort-Wes”.

Jan Blohm tydens ’n optrede

"Die nerves gaan nooit weg nie," vertel hy oor op ’n verhoog klim en sing.

Nou hoekom dit dan doen?

"Want dis wat ek doen. Ek doen dit nie omdat dit maklik is nie, ek doen dit omdat dit moeilik is."

In die album spreek hy temas aan wat tans relevant tot sy lewe is.

"'Liefde' as tema klink so soetsappig, maar dis eintlik ongelooflik kompleks.

"Wat is liefde? Is jy in beheer van die liefde? En wat gebeur as jy jou oopmaak vir die liefde? Die album handel maar oor vrae wat ek het.”

Onvoorwaardelike liefde is vir hom ’n moeilike konsep om te begryp, verduidelik hy, maar dit is merkwaardig om dit te sien, en waar te neem hoe mense onvoorwaardelik vir mekaar kan omgee.

Dit gaan ook daaroor om lief vir jouself te wees en vrede te maak met die dinge wat jy nie kan verander nie.

"Om dankbaar te wees is ’n doen-ding. As dinge begin moeilik raak, probeer ek dink aan dinge waarvoor ek dankbaar is. Ek is gesond, ek kan asemhaal, ek kan skryf, ek kan sing, ek kan kuns maak, ek het ’n dogtertjie. Dit help my om uit my eie kop te kom, want dit is die struggle vir my. Al die noise.

Bheka

"Sukses is sukses en enige mens wil tog suksesvol wees, maar dis nie alles in die lewe nie. Die materiële dinge is tydelik. Dit gaan daaroor om in die oomblik te leef."

Hy het geleer om vrede te maak met die verlede en eerder te fokus op die hede.

"Ek is maar ’n dromer. Dit het uiteindelik vir my begin mooi raak om in die oomblik te leef. Breytenbach is ’n Boeddhis; dis een van die redes hoekom ek ook aanklank vind by hom. Partykeer moet mens net stil raak en opnuut na die dinge om jou kyk. ’n Nuwe perspektief.

"Dit begin vir my belangrik raak om te besef dat ’n oomblik vlietend is. Dit raak vir my belangrik om dankbaar te wees vir die hier en nou. Ek is opgewonde oor my shows wat voorlê en dan het ek my eerste kunsuitstalling hierdie jaar in Julie. Dis ’n groot ding vir my. Dis petrifying, maar dis cool."

Jan Blohm tree die 13de April in Gordonsbaai op, vir meer inligting kliek hier. 

  • Foto's verskaf

The post Jan Blohm: Om dankbaar te wees is ’n doen-ding appeared first on LitNet.

Fees van die jaar: 'n oorsig van Innibos 2019

$
0
0

Foto: Clifford Roberts

Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees is vanjaar vir die 16de jaar op Nelspruit/Mbombela gehou en het weer met sy verskeidenheid vertonings, groot skares gelok. Dis my eerste kennismaking met die fees, na 16 Woordfeeste en 20 KKNK’s en 4 Walvisfeeste.

Die hoofverhoog se sportterrein was tydens die vierdag-fees by die Huisgenoot-Super Sokkie, kykNET-Rock NOU!-konsert, JacarandaFM-Konsert,die kykNET-Verjaardagkonsert en die Loof Hom Innibos-konsert, stampvol. Mense het vroegdag met hul kampstoele en komberse kom nesskop, pannekoek geëet en lekker gekuier tot die hoofvertonings saans om skemer begin het.

Meer as 300 kunstenaars was tydens die fees op die verskillende verhoë te sien en aan verskeidenheid is daar geen tekort nie. Die kykNET-konsert het nie verniet verlede jaar die Fiësta vir beste opelugkonsert ingepalm nie.

Die fees het ook vir die vierde agtereenvolgende jaar die Fiësta vir Fees van die Jaar ingepalm.

Ons het probeer om na iets van alles: ernstige toneel, komedie, ’n klug, voorlesings en musiek te gaan kyk. Die sale van onder meer die vertonings Tweespoor, Koekeloer!, Die voordele van eierwit, Die Sjokolade Show, Nagskofkliek, waar ons was, is half of een derde vol. Ek hoor dat selfs vertonings waarin Marius Weyers (Katvoet)en  Sandra Prinsloo (My Seuns) opgetree het, ook nie vol was nie.

Die plekspesifieke Be(t)roudag wat in ’n gastehuis afspeel en waar “trougaste” in groepe verdeel word om te help om die ring in die tuin en kamers te “soek”, is egter stampvol. Maar hier rafel dinge laatmiddag uit: elke gas kry ’n lekker glas wyn voor die vertoning begin en die glase word deurentyd volgehou. Teen die helfte van die vertoning, begin die gehoor terugpraat; geselsies met akteurs aanknoop en selfs aanbied om hul wyn met akteurs te deel. In die badkamer na die vertoning vertel een vrou vir haar vriendin, dat sy hierdie “inter-aktiewe” teater baie geniet het. “Dis darem lekker dat ons ook ’n kans kry om iets in ’n show te sê.” Ek wil nog verduidelik, maar bedink my.

By Eggo’s in die grotte met CH2, André Schwartz, Chris Cameleon en Demi Lee Moore, sou hulle twee maal soveel as die reeds uitverkoopte kaartjies kon verkoop, sou daar nog plek wees en/of ’n tweede vertoning moontlik kon wees.

Na vertonings staan mense in lang toue om CD’s te koop en geselsies met sangers aan te knoop.

Die laataand rock-verhoog met Watershed het 150 toeskouers, terwyl die hoofverhoog met Afrikaanse musiek alles verdoof en die hoofsanger van Watershed later droog aanmerk dat die bier by die kroeg by hul verhoog, se bier seker moet warm wees, want anders weet hy nie hoekom hier so min mense is nie.

Afrikaans is beslis baas hier en met die lawwe lirieke, sing mense uit volle bors saam.

Foto: Clifford Roberts

Chris Torr en Laurika Rauch word vereer vir hul bydrae tot die land se musiekskatkis. Chris sê aan die skare by die kykNET-verjaardagkonsert tydens die oorhandiging van hul trofee: “Ek sê vir Laurika dankie dat sy al die jare bereid was om my liedjies te sing. Ek sê dankie deur vir haar ’n liedjie te sing, maar het pas gehoor my hele band het motorprobleme anderkant Laingsburg en sal eers mȏreoggend hier kan wees, so ek sal nie kan sing nie!”

Toe die gehoor skaterlag, voeg hy by dat hy en Laurika ’n ooreenkoms het dat hy nie sal sing nie, solank sy nie oor ekonomie praat nie. “Ek sal dus nie vanaand sing nie, want sy het nie oor ekonomie gepraat nie!”

Van hul bekendste liedjies word daarna in medleys deur ander kunstenaars gesing en die skare sing saam.

Daar is deurgaans vuurwerke en saamsing, handeklap en wolwefluite op die sportterrein en dat mense groot pret het, is gewis.

En boeta en sussa kry ook hul beurt met poppekas en ander vermaak by die Woelwaters-verhoog.

Ek gesels tussen vertonings deur by die BBP-losie, vanwaar jy die beste uitsig het oor al die opelugkonserte, met regisseurs en akteurs. Die sale by toneelstukke is net halfvol—waar is die teatergangers, wonder ek?

Foto: Clifford Roberts

Een na die ander verseker hulle my dat die fees aanvanklik musiek as hooffokus gehad het en dat kuns en teater meer onlangs in die kollig gekom het.

Ek merk daar is nie baie mense by die kunsuitstallings by die Nelspruit Laerskool Kultuursentrum waar werke van 15 plaaslike kunstenaars uitgestal word nie. Onder andere Walk Tall, The Right to Hope; Inniblom met Johan Myburg as kurator; bronsbeelde van Ruhan Janse van Vuuren en tekeninge en tekste van Johan Stegman, maar daar is tog werke verkoop.

Dit was vir my sleg dat die feeskunstenaar, Judith Mason, se werke nie in die dorp nie, maar eerder in die White River Gallery op Witrivier uitgestal is. Geen ander vertonings, praatjies of bekendstellings is in Witrivier gehou nie en ek weet nie hoeveel feesgangers sou uitry om net haar kuns te gaan ervaar nie.  

Ons vind egter dat by die buitelug-gebeure soos die Boeke Crawl, die uitstappie na die geheime waterval van York Timbers en boekvoorlesings in die tuin, stampvol is. Boeke en woorde bly dus nie agterweë nie.

Innibos is anders as die KKNK, US Woordfees of Walvisfees. Nelspruit is nie Oudtshoorn, Stellenbosch of Hermanus nie. Die gees in die Laeveld is anders en die kultuur is anders. Dis ’n ware kuierfees, waar vriende en familie van heinde en verre kom saamwees; waar voete saamtik op Afrikaanse musiek; waar jy bosbaadjies met kamoefleer-patrone en lekker velskoene kan koop en waar jy omring is met jou mense.

Daar is nie diep besprekings oor die politiek en die ekonomie en hordes boekbekendstellings nie. Daar is nie intellektuele bekgevegte en regstreekse radio-uitsendings met kommentaar en hoogdrawendheid nie.

Maar toneel en dieper werke het beslis ’n aanhang. Neem onder meer vir Nagskofkliek met Melt Sieberhagen en Albert Pretorius —’n diep stuk wat jou dwing tot oordenking; tot insig oor die lewe wat nog nie geleef is nie, maar wat uit vrees weerhou word. Dis die vlagskipproduksie van die fees en het sy debuut daar gehad.

Of die Boeke Crawl by Kaapsche Hoop, waar Elsabé Daneel met haar wonderlike gedigte-voordrag met begeleiding deur Wilken Calitz; en Ira Blanckenberg en Waldimar Schultz liefdesgedigte voordra in ’n soort-van toneelstukkie. Hier kry Boerneef en Antjie Krog, Dianna Ferrus en Loftus Marais, net soveel applous soos Robbie Wessels, Kurt Darren en Jak de Priester.

Anders is nie noodwendig sleg nie; dis net anders. En daarom was die fees vir my ’n lekkerte. Laeveldse gasvryheid in ’n eiesoortige kultuur- en kuierfees. En soms is dit lekker om vir vier dae net weg te kom van die neerdrukkende politiek, die petrolprys en tuimelende ekonomie en net met ander Afrikaanssprekendes saam te kuier en saam te sing.

The post Fees van die jaar: 'n oorsig van Innibos 2019 appeared first on LitNet.

Tuin van Digters 2019: Programbekendstelling

$
0
0

                 "Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig"

Die tema van 2019 se Tuin van Digters is (aan)dadig – ’n skerpskepping van Breyten Breytenbach, wat vanjaar die digter is wat by die Tuin van Digters gehuldig word.

Wees nie skuldig om uitdagend en skeppend te wees nie. Wees juis aandadig daaraan – en uiteindelik dadig. In Afrikaans, en saam met ander tale en taalsprekers in Afrikaans.                

VRYDAG 13 SEPTEMBER

VOEG DIE DAAD BY DIE WOORD
16:00 tot laat | Digterstuin
Kom dink (en dig) diep en voeg die dade by die woorde en klanke en beelde in ’n tuin en ’n skepplek vol digskeppings.

KINDERDADIG
17:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur
Kinders, soek die geel deur. As jy by hierdie deur instap, kan jy jou ma of pa maar alleen los. Daar is genoeg boeke om te lees. Selfs iemand wat vir jou voorlees.

GOLWE VOL WOORDE EN KLANKE
17:30 – 18:30 | Akkoordtent en Tuin

Met: Andrea van Tonder, Tayne Ruddock en Justin Jefthas
Die talentvolle jong Akimba-musiekgroep bestaan uit Andrea (stem, ukulele, kitaar) van Bellville, Tayne (stem, klassieke kitaar, voetdrom) van Stellenbosch en Justin (elektriese kitaar, akoestiese kitaar, baskitaar, mandolien, viool, perkussie) van Stings of Justice in Pniël. Goeie oorspronklike musiek, diep betekenis van mooi woorde in Engels en Afrikaans is hulle sielskos.

(AAN)DADIGE KUNSUITSTALLING OPEN
18:00 – 18:30 | Breytenbach Galery

Openingspreker: Ashraf Jamal, kulturele analis by die Fakulteit van Ontwerp en Informatika aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, skrywer van ‘Predicaments of Culture in South Africa’ en medeskrywer van ‘Art in South Africa: the Future-Present’
Byna twintig genooide kunstenaars poog om aktief met hulle kuns (aan)dadig te wees aan die bou van ’n beter en mooier plek vir almal.

WARMER VOOR DIE TUIMELDROËR
19:00 – 19:45 | Akkoordtent
Met: Danie du Toit, voorsanger en skrywer van Spoegwolf, en sy kitaar
Reënwolf sing pikswart rympies oor die lewe as ’n seerower. Tussenin praat hy oor sy digkuns, sy musiek en sy pad van Ysterkoei na Spoegwolf.

BREYTEN BREYTENBACH: DIE MAN MET DIE GROEN TRUI VAN BURGERSTRAAT  
20:00 – 20:45 | Akkoordtent
Met: Andries Bezuidenhout, Yves T’Sjoen, Kerneels Breytenbach, Ampie Coetzee (en ander)
Die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach, ’n oud-Wellingtonner wat in die huis waar die Breytenbach-sentrum gevestig is, saam met sy ouers gewoon het, is die digter wat vanjaar by Tuin van Digters gehuldig word. Andries Bezuidenhout, akademikus, sanger en ook digter en kunstenaar in eie reg, sal die huldigingsboodskap lewer. Die oud-uitgewer Kerneels Breytenbach en prof. Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent sal ook hulde bring terwyl prof. Ampie Coetzee op ’n spesiale manier dadigheid by Breyten se woorde sal voeg.

OM BREYTEN TE TOONSET
21:00 – 21:30 | Akkoordtent

Met: Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert
Die sangeres en toonsetter Laurinda Hofmeyr vertel hoe dit gebeur het dat sy Breyten Breytenbach se gedigte begin toonset het. Sy sing van haar bekendste toonsettings van sy gedigte, bygestaan deur baskitaarspeler Schalk Joubert.

LAATAAND SAAM MET NUWE VRESE
21:30 – 22:30 | Akkoordtent
Met: Willem S. van der Merwe, Craig Vee en Daniel Hugo
Laataand. Die speelse tyd vir digters en digdinkendes om glasies dadig te klink en aandagtig te luister na mekaar. Willem S. van der Merwe verwoord in sy tweede digbundel, Nuwe Vrese, die ontnugtering en nostalgie van die middeljare in alle erns met humor en slim woordspeling. Die digter en vertaler Daniel Hugo sorg saam met Willem en kitaarmaestro Craig Vee vir ’n bekendstelling anders as die gewone. Dalk rafel die digtersfees uit . . .    

 

SATERDAG, 14 SEPTEMBER

DADIGE TUIN
08:00 tot laat | Digterstuin
Soek bundels en boeke en gedigte, plante en bome, fonteine en water, tente en muurwoorde, mense en voëls, beelde en klanke, koppe en . . . pampoene.

KINDERDADIG
08:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur
Kinders, iewers is ’n geel deur. Los jou ma en pa en stap in. Binne is boeke om te lees, papier om ’n eie gedig op te skryf, ’n leser van verse en rympies en  groot sagte kussings om op te slaap.

DIGTERS VAN HOOP
08:20 – 08:50 | Akkoordtent
Met: Ashlene Ayford en Marlize Fortuin
Leerders van Weltevrede Sekondêr in Wellington en hulle twee Afrikaanse onderwysers is sonder ophou besig om in samewerking met die Breytenbach-sentrum hoop vir hulself en mekaar te skep met hul lewensgedigte in Afrikaans. Luister hoe lees, sing en rymklets die jong digters hul skeppings.

’N FYN, FYN LYN … TUSSEN ’N FAIRYTAIL EN ’N JOKE
09:00 – 09:25 | Akkoordtent
Met: Alma Nel (regisseur en samesteller), Janette van Rensburg (assistent-regisseur) en akteurs Amke Grootboom, Shane Witbooi, Meagan Fortuin, Shar-nell Swarts, Franco Muller en Carin Swarts
Poësieteater deur die Breytenbach-sentrum se dramagroep. ’n Opwindende samestelling van verskeie materiaal rondom ’n sentrale tema: Die stormagtige aard van die liefde. ’n Reis van klank, dans, die woord, maar bo en behalwe alles: ’n eerlike storie – soos die agterkant van ’n mixtape wat daai een groot liefde lank terug vir jou gegee het. Poësie op steroids met verwerkings en samestellings van skrywers soos Early B, Ronelda S Kamfer, Nathan Trantaal, Jaco Jacobs, Banna Spammer – om net ’n paar te noem.

INDRUKWEKKENDE CHRISALIS
09:30 – 10:00 | Woordtent
Met: Christo van der Westhuizen en Daniel Hugo
Chrisalis is Christo van der Westhuizen se indrukwekkende debuut digbundel, uitgegee deur Naledi, wat deur die digters Daniel Hugo en Johann de Lange op die omslag aanbeveel word. Dit is verse waarin realiteit self op sy kop gekeer word en waar die alledaagse vreemd gemaak word. Die digter en vertaler Daniel Hugo gesels met Christo.

WOORDENAAR WOORDNAR
10:15 – 11:15 | Akkoordtent
Met: Andries Visagie, Francis Galloway en bydraers tot die publikasies
Die Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsbundel oor Breyten Breytenbach, breyten breytenbach, woordenaar woordnar, word bekendgestel. Die bundel is saamgestel deur dr. Francis Galloway – die outeur van onder meer die monografie Breyten Breytenbach as openbare figuur – met die hulp van verskeie bydraers. Prof. Andries Visagie van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch gesels met haar en ander (aan)dadiges oor dié huldigingsbundel.

UNIVERSITEIT VAN GENT VIER BREYTEN
11:30
– 12:00 | Woordtent
Met: Yves T’Sjoen
Prof. Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent praat “over de activiteiten die we in Oktober in Gent op het getouw zetten ter gelegenheid van de tachtigste verjaardag van Breyten Breytenbach, ook vijf jaar eredoctor (2014)”.

VERSE OOR HUIS EN TAAL (in Afrikaans, Xhosa en Engels)
12:10 – 12:50 | Akkoordtent
Aangebied deur PEN Afrikaans
Met: Frieda van den Heever, Danie Marais, Jolyn Phillips, Lwanda Sindaphi, Diana Ferrus en Daniel Hugo
Frieda van den Heever, aanbieder van RSG se gewilde poësieprogram Vers en klank, deel die verhoog met verskeie digters wat hul werk sal voorlees en besin oor die temas van huis en taal. Kom luister na verse in Afrikaans, Xhosa en Engels en dink saam oor wat ons deur vertaling wen en verloor.

PEN AFRIKAANS – JAARVERGADERING
13:00 – 14:00 | Wellington-biblioteek (oorkant die Breytenbach-sentrum)

Opbetaalde lede van PEN Afrikaans kan die Tuin van Digters gratis bywoon en op PEN se jaarvergadering hul insette lewer oor hoe skrywers en digters (aan)dadig moet wees. Die nuwe bestuur word ook verkies.

WOORDE OP AKKOORDE
13:00 – 14:00 | Akkoordtent

Met: Onder andere Jolyn Phillips, Diana Ferrus, Churchil Naude, Deniel Barry, Hermien de Vos en Frazer Barry
’n Magiese musikale reis van woordkuns, sang, digkuns, dreunsang en rymklets. Net die antwoord om sin te maak van die lewe se kakofonie van klank. By die KKNK genomineer vir Kannas-toekennings in drie kategorieë.

‘A CELEBRATION’ – DIANA FERRUS EN DIE MENGELMOESDIGTERS
14:00 – 14:45 | Woordtent

Met: Diana Ferrus, Merle Heather Danhouse en Gaireyah Fredericks en hul nuwe bundels
Hierdie jaar vier die Mengelmoesdigters sy ontstaan in 2012 by die Breytenbach-sentrum onder leiding van die digter Diana Ferrus met die bekendstelling van drie Mengelmoesers se digbundels – Diana se nuutste digbundel, DIE VREDE KOM LATER, Merle Heather Danhauser se DIE BROODJIE en Gaireyah Fredericks se meTTie mAAn gePLa, ’n bloemlesing saam met Jadrick Pedro-Koopman en Duane Miller.

PANEELBESPREKING: IS BREYTEN SE GEDIGTE VERTAALBAAR?
14:50 – 16:00 | Akkoordtent
Met: Catherine du Toit, Breyten Breytenbach, Yves T’Sjoen, Ampie Coetzee en André van der Hoven 
Breyten Breytenbach word uitgevra oor hoe hy voel oor die vertaling van gedigte en spesifiek sy eie gedigte. Prof. Catherine du Toit, hoof van die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit Stellenbosch, is die gesprekleier. Deelnemers is prof. Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent, prof. Ampie Coetzee, vertaler van Breyten se gedigte, en André van der Hoven, student by die Departement Moderne Vreemde Tale. Deelname uit die gehoor is welkom.

ONS KLYNTJI 2019 – AMPTELIKE BEKENDSTELLING
16:15
– 17:00 |Woordtent
Met: Toast Coetzer (aanbieder), Erns Grundlingh en die rymkletsgroep ‘Getuies’ 
Ons Klyntji is ’n alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en comics publiseer. Van die digters en skrywers gaan hulle gedigte en verhale voorlees. Getuies se werk verskyn ook in Ons Klyntji en die trio, bestaan uit Romano Mentoor (Getuie Blikskottel), Anwill Valentine (Jamex) en Curtley Jones (P.I.K), sal dit voordra. Hulle is van tussen Wellington en die Paarl en het in 2009 ontstaan. Hulle is tekenend van die ondergrondse rymkletskultuur met die boomkapklank wat die sterk lirieke dra en dryf.

‘BEGINNE EN EINDES’
17:15 – 18:00 | Akkoordtent

Met: Willemien/Philomène & :amaFranx
Die liedjieskrywer Willemien/Philomène ondersoek die tema van begin- en eindpunte in die konteks van die lewe, die liefde en die spasies tussenin. Sy het ses jaar lank klas in Frans aan die Universiteit van Pretoria gegee voordat sy in 2017 haar musiekprojekte na die voorgrond geskuif het en nou betrokke is by verskeie musiekprojekte. :amaFranx is 'n gevestigde musikant in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie en het sy bekendheid gedeeltelik verwerf as oorspronklike lid van die prog-rock groep Isochronus. Hy het onlangs sy derde solo EP, Unmask the Unknown, bekendgestel.

RASENDE RYME
18:15 – 18:45 | Akkoordtent
Met: Elsabé Daneel
Die aktrise en woordkunstenaar Elsabé Daneel ees treffend en roerend Afrikaanse gedigte voor, insluitende van Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker.

TOEKENNING VAN DIE INGRID JONKER-PRYS
19:00
– 19:30 |Akkoordtent
Met: Ronel Foster (voorsitter van die Ingrid Jonker-pryskomitee), Kabous Meiring (programleier) en Simone Garcia Marques (Ingrid Jonker se dogter)
Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings toegeken aan die skrywer van ’n debuutbundel in Afrikaans en Engels, die twee tale waarin Jonker geskryf het. Die prysgeld is geskenk deur die Dagbreek Trust. Simone Garcia Marques sal die beeldjie, geskenk deur die Breytenbach-sentrum, oorhandig aan die wenner, Pieter Odendaal, vir sy bundel asof geen berge ooit hier gewoon het nie. Pieter sal ná die oorhandiging van sy gedigte voordra met eie klavierbegeleiding.

(AAN)DADIG SAAM MET BREYTEN
19:30
– 20:15 |Akkoordtent
Met: Breyten Breytenbach, Schalk Joubert
Breyten Breytenbach lees van sy gedigte voor met die baskitaarspeler Schalk Joubert wat vir die musiekbegeleiding sorg.

LIEKE JOOSEN: EEN RIJZENDE STER – IN AFRIKAANS
20:45 – 21:45
| Akkoordtent
Met: Lieke Joosen (stem, kitaar), Sven Kunenborg (kitaar) en Mark Teeuwen (perkussie)
Die Nederlander Lieke Joosen neem met haar Afrikaanse liedjies in Afrikaans die gehoor op ’n musikale soektog. Bestaande Afrikaanse liedjies is vermeng met eie toonsettings in Afrikaans van gedigte van onder andere Antjie Krog. Hoewel sy Nederlands is, ‘het sy haar stem in Afrikaans gevind’. Saam met haar twee musikante skep hulle ’n droomlandskap van Afrika waarin sy antwoorde probeer vind. Na wie of wat soek sy? En is ons nie uiteindelik almal soekend nie? Dit is hulle eerste besoek en optrede in Suid-Afrika.

NOU IS ONS AANDADIG
22:00 – 23:00
| Akkoordtent
’n Groep digters en musikante van die nag en onbekende en bekende aandadiges sluit Tuin van Digters af met voorlesings, sang en klank.

  XXXXXXXXXXXXXXXXXX

Hier word plegtig afgespreek dat dit gaan om die sluiting van vennootskappe op absoluut deursigtige en gelyke grond – waar iedereen haar of sy bydrae sal kan lewer, uit hoofde van vaardigheid of vermoë of potensiaal.                                                                                       – Breyten Breytenbach (2008)

 

(AAN)DADIGE GROEPUITSTALLING

“Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig”

skuldig       - b.nm. en bw. 1. Verskuldig, wat nog betaal moet word.
                    2. Wat ’n verkeerde daad gedoen het of medepligtig was

aandadig   -  b.nw. Saam met ’n ander skuldig: medepligtig
aan             - 1. waarmee was die handelende persoon besig of in aanraking
                      2. dui die begin of die voortsetting van ’n handeling aan.
dadig          - s.nw. Doen, handeling: iets wat gedoen is (word), deurgevoer is
                      Met goeie advies, planne, maar ook praktiese wyse.                   

  • HAT, Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
    Vyfde Uitgawe, F.F. Odendal & R.H.Gouws

Met hierdie groepuitstalling in die Breytenbach-galery poog die kunstenaar om, deur sy/haar kuns, (aan)dadig te wees deur aktief deel te neem en ‘dadig’, aan die daad te wees aan die opbou van ’n beter en mooier plek vir almal, waar selfs die bewusmaking/weerspieëling van die werklikheid die kyker sal dwing om te KYK en deel te neem. Breyten Breytenbach, Hardy Botha, Jacques Dhont, Ruhan Jansen van Vuuren, Bastiaan van Stenis, Liekie Fouche, Nhlanla Nhlapo, Ruan Huisamen, Mishelle Nigrini, Henk Serfontein, Christiaan Diedericks, Sharlé Matthews, Jan Blohm, Estelle Marais, Joubert Stander, Susan Bloemhof, Selwin Pekeur, Jo Roets en ander.

FOTO-UITSTALLING: CLOETE BREYTENBACH
Cloete Breytenbach (85), stigterslid van die Breytenbach-kultuursentrum en broer van Jan, Breyten, Rachel en wyle Sebastiaan is op 31 Mei 2019 in die Panorama-hospitaal in Kaapstad na ’n hartomleidingsoperasie oorlede. Cloete was ’n bekende nuus- en oorlogsfotograaf wie se foto’s oor onregte van die mensdom regoor die wêreld vertoon is. Verskeie boeke van sy foto’s het ook verskyn. Sy vrou Brenda het van sy foto’s beskikbaar gestel vir ’n uitstalling in die gemeenskapsgalery op die grondvloer van die Breytenbach-sentrum. Die foto-uitstalling sal tot 30 September besigtig kan word.

"DORA EN EK" - KUNSPROJEK IN DIE BÔRDIENGHUIS
Die kunswerk op die verhoog van Die Bôrdienghuis-teater, ‘Dora en Ek’, is geinspireer deur Penny Siopis se “Dora and the other woman”. Die modemaker en kunsstudent by die Kaapse Skiereland Universiteit in Wellington, Dinah Maria Visagie (30), het die rok gemaak uit gedigte. Die betekenis van die kunswerk is ’n universele storie: Vroue kan in ’n boks geplaas word as ‘histeries’ in verhoudings met mans wat manipulatief, onverantwoordelik of emosioneel onbewus is. In hierdie tipe tragedie sal die man selfsugtig sy eie manlike emosies uitleef, maar die vrou van haar innerlike waarheid en emosionele uitdrukking stroop. In so ’n situasie word die emosionele lewe van die vrou ’n tipe verbanning van self en die vrou se eensaamheid en isolasie neem toe. Sommige vroue maak dit deur hierdie hel, soms omdat hul uitdrukking vind in ’n sosiaal “aanvaarbare” vorm van emosies, soos die digkuns. Later ontmoet hul dalk ’n verantwoordelike, volwasse en gebalanseerde man. Ons weet egter uit die geskiedenis dat sommige vroue dit nooit maak nie, soos Ingrid Jonker en die eerste vrou van die Engelse digter Percy Bysshe Shelley, naamlik Harriet Westbrook.

VOLTOOI BREYTEN SE KUNSWERK
Net die regterkantste helfte van ’n skildery van Breyten Breytenbach verskyn vanjaar op die bemarkingsplakkaat van Tuin van Digters 2019. Gaan kyk gerus in die gemeenskapsgalery op die grondvloer van die hoofgebou. Daar is van die ‘halwe’ kunswerke met ’n ‘oop’ helfte aan die linkerkant. Besoekers word genooi om hierdie helfte te voltooi met hulle eie kunswerk soos wat hulle dit sien en ervaar. ’n Keuse van die volledige ‘nuwe’ gekombineerde kunswerk (regs Breyten se helfte en links joune) sal later as ’n uitstalling in die gemeenskapsgalery gehang word. 

GEHEUE VAN WIND – ’N MOMENT VAN NOU
Skryf woorde en gedagtes oor die oomblik en wat nou hier gebeur op die groot doek teen die muur in Die Bôrdienghuis. ’n Dadigheid om te bewaar vir die dadiges van die toekoms.

PEN AFRIKAANS SE LEDE GRATIS
Lede van PEN Afrikaans, wat hom onder meer beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die letterkunde in die algemeen, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, se lede wie se ledegeld opbetaal is, kan die Tuin van Digters gratis bywoon. Vir vereistes vir lidmaatskap van PEN Afrikaans, besoek www.litnet.co.za/pen-afrikaans-aansoekvorm/. PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband. PEN Afrikaans se jaarvergadering word op Saterdag 14 September om 13:00 by die Tuin van Digters gehou.

WAT JY MOET WEET
Daar is twee ingange tot die Tuin van Digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou by die hek na die tuin en by die parkeerterrein regs agter die sentrum deur die groot hek.
Alle vertonings, behalwe as dit anders aangedui word, sal in die Woordtent en die Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word.
Digters se bundels sowel as ander bundels en boeke sal by Protea Boekwinkel in Stellenbosch se stalletjie in die Akkoordtent te koop wees. Besoek ook The Book Traders, die tweedehandse boekwinkel op die grondvloer van die hoofgebou.
Verversings sal in en buite Die Bôrdienghuis-teater te koop wees.
Soek jy ’n kunstige geskenk? Besoek die Kardoes-winkel langs die Breytenbach-galery vir kunsgeskenke.

AGTER DIE GEEL DEUR – NET VIR KINDERS
Net langs die Akkoordtent agter die geel deur is ’n interaktiewe lokaal waar kinders besig gehou word of hulleself op skeppende maniere kan vermaak. Daar sal genoeg boeke wees om te lees en, daar sal selfs vir jou voorgelees word as jy wil en jy kan ook jou eie gedig skryf.

SÓ HELP ONS
Francois L
ötter
Bestuurder en hooforganiseerder
083 408 1902; fees@tuinvandigters.co.za

Jessica Ruiters
Administrasie en noodhulp
063 525 9636; info@tuinvandigtersco.za

Jeanne-Mari Gerber
Kaartjies en besprekings
073 435 1022; besprekings@breytenbachsentrum.co.za

Anne-Ghrett Erasmus
Breytenbach Galery
083 415 0002; galery@breytenbachsentrum.co.za

Esther Kotzé
The Book Traders boekwinkel
072 997 4813; thebooktraders@gmail.com

Anja van Wyk
Feesterrein, logistiek  
072 509 4343

Kabous Meiring
Programleier

WELLINGTON TOERISME
Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en om ander inligting oor Wellington en die omgewing te kry.

VERDERE NAVRAE
Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington. Kontak ons by 021 873 2786 of per e-pos by info@breytenbachsentrum.co.za.

KAARTJIEPRYSE
Toegang vir Vrydag 13 September: R150 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 13 September)
Toegang vir Saterdag 14 September: R250 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 14 September)
Tweedagpakket: R350 per persoon (Sluit alle aanbiedings in op 13 en 14 September)
Studente-afslag: R50 per persoon per dag (met geldige studentekaart)
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis toegang

BESPREKINGS EN NAVRAE
Jeanne-Mari Gerber 021 873 2786 / 073 435 1022
besprekings@breytenbachsentrum.co.za
H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington

BORGE
Dagbreek Trust, Naspers, ATKV, LW Hiemstra Trust, Wes-Kaapse Departement van Kuns en Sport, NLDTF (Nasionale Lotery), Rupert-musiekstigting, Drakenstein Munisipaliteit, Jannie Mouton Stigting, Prosperity Management Africa, Wellington Wynroete.

VENNOTE
NB Uitgewers, Naledi, Protea Boekwinkel (Stellenbosch), Ons Klyntji Internasionaal, PEN Afrikaans, Toyota US Woordfees, Wellington Toerisme, Print.

VERBLYFBORG
Dankie aan Cummings Gastehuis. Kontak hulle gerus by 021 873 3474 of stuur ’n e-pos na mattievisser@wellington.accommodation.com en kom kuier sommer die hele naweek saam met ons.

PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERING
Volg Breytenbachsentrum op Facebook en @breytenbachsent op Twitter en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin van Digters 2019.                         

The post Tuin van Digters 2019: Programbekendstelling appeared first on LitNet.

Waarom kunsmuseums of waarom hoegenaamd kuns?

$
0
0

Waarom het ons kunsmuseums nodig?

Dié vraag kry aandag by die eerste vergadering van die Filosofiekafee in die kafee van die nuutgemaakte Rupert-kunsmuseum, Stellenbosch.

Die Filosofiekafee, wat sy ontstaan al 20 jaar gelede in Pretoria gehad het, het nou ’n Stellenbosse instelling geword toe Lamé Ebersohn, die stigter, haar voltyds in Stellenbosch gevestig het. Dis ’n dink-en-vra-en-praat-kafee met gewilde onderwerpe wat aan bod kom.

Rondom die vraag “Waarom het ons kunsmuseums nodig?” het een van die land se voorste kenners van die kuratoriale, administratiewe en befondsingsaspekte van kunsmuseums, Marilyn Martin, as gesprekvoerder opgetree. Martin se pasgepubliseerde, magistrale boek, Between dreams and realities: a history of the South African National Gallery 1871–2017) handel juis oor die waarde, prestasies, probleme, politiek en kunskundigheid rondom die beroemde kunsmuseum, nou genoem Iziko, in die Kompanjiestuin, Kaapstad.

Maar eers duik vrae op soos: Waarom nog kuns? Kan die mens hoegenaamd sonder skoonheid lewe? Of sonder verbeelding? Of sonder die prikkeling om na ’n ander sfeer te beweeg? Die kunsmuseum het die plek geword waar meer mense kennis maak met die werk, verbeelding of optekening van ’n kunstenaar, ’n skepper.

Kuns verbeeld ook die mensdom se geskiedenis en die versugting na kuns, of uitbeelding. Martin haal die voorbeeld van die Blombos-kliptekening aan – stellig die oudste kunswerk van die mens (homo sapiens) wat nog gevind is, van byna 100 000 jaar gelede.     

Hoe nou gemaak met bestaande en toekomstige kuns gegewe die problematiek rondom die instelling van openbare of private museums? Martin is krities oor die staat se verantwoordelikheid teenoor openbare kunsmuseums.

“Politici kom nie na kunsuitstallings nie,” sê sy reguit. Sy is ook sinies oor die huidige gebruik om een staatsdepartement vir sport, kuns en kultuur te hê. Die “kafee” stem saam: Dis duidelik dat sport die voorgetrekte is; selde word kuns deur ’n minister bepleit, en die regering se geldelike ondersteuning aan openbare kunsmuseums is skraps, hoewel “transformasie” juis in hedendaagse kuns duidelike uitbeelding geniet.

Ook is Martin striemend oor die Fallist-beweging om kuns te vernietig of te verwyder.

Private kunsmuseums het hoofsaaklik ontstaan uit groot private versamelings soos die Rupert-kunsmuseum. Die Filosofiekafee vergader juis in die maand waarin die museum sy deure op ’n indrukwekkend “demokratiese” manier opgemaak het. Die huidige direkteur, Robyn-Leigh Cedras, noem dit die “museum sonder mure”. Die toeganklikheid daarvan vir letterlik almal word bewys deur die gratis toegang tot die museum. Ook die “Laaste Saterdag van die Maand”- aktiwiteit. Klasse, uitstallings, rondleidings, musiek word aangebied. Die museum is Sondae oop.

Die Filosofiekafee het die “kafeekultuur” ook benut vir die gesprek oor die waarde van so ’n verskynsel: toegang tot ’n groot, deurdagte versameling kuns wat gewoonlik deur een persoon, of ’n familie of ’n groepie byeengebring is en dit dan op ’n spesifieke plek vertoon.

Die totstandkoming van die MOCAA van Jochen Zeits in die Waterfront het ’n hupstoot aan sg private kunsmuseums gegee. By die Zeits, waar Afrikakuns die toonaard is, is daar gratis toegang op Woensdagoggende, en by die onlangs ingestelde Norval-kunsmuseum in Steenberg naby Kaapstad word gratis toegang op Maandae gebied.

Eersdaags sal die Javett-versameling in Pretoria ook geopen word.

Martin wys op die vryheid wat private museums het om van hul kuns te verkoop. Dit is nie iets wat in openbare museums geskied nie. Maar dan het private versamelings nie die hulpbronne van baie groot donateure of stigtings wat dikwels tot openbare museums bydra nie. Die insetkoste in ’n private museum sal selde deur ’n inkomste verhaal word.

Martin is krities oor die huidige beheer en instandhouding van Iziko. Sy self het die baie ondernemende direkteur, Raymund van Niekerk, vir wie sy besonder hoë agting het, opgevolg. Martin se termyn word steeds gesien as ’n dinamiese invloed en gebruik van die museum.

Nou wys sy ook op die algemene kritiek teen die afskeep van nasionale museums. Nie genoeg aandag word gegee aan klimaatbeheer, onderhoud of aansporing met spesiale kunsgeleenthede nie. Ook gebrekkige kuratoriale kennis en insigte pla ten opsigte van kunsuitstallings wat beplan en beoordeel moet word.

Martin verwys nie in haar gesprek na die publieke bohaai wat soms rondom ’n omstrede kunsuitstalling kan woed nie, maar in haar boek verwys sy na die ophef oor ’n uitstalling in 2016 getitel Our Lady. ’n Werk en foto van Zwelethu Mthethwa is daar getoon. Die bekende skilder was toe reeds aangekla van (en later skuldig bevind aan) die moord op ’n sekswerker, Nokuphila Kumalo. Weerstand van veral organisasies wat sekswerkerregte ondersteun het, het ernstig beswaar gemaak, klein proteste gehou. Ook is luide beswaar gemaak dat die tentoonstelling hoofsaaklik van die werk van mans was. So het kuns darem ook onder die gewone mens se aandag gekom en heelwat publieke kommentaar het gevolg.

Waarom kunsmuseums dus? Vir die mens om te kyk, nader te staan, te dink, te sien hoe tye verander, transformeer. Martin stel dit eenvoudig, direk.

In die museumkafee waar die gesprek plaasvind, is ’n groot klipmuur met San-rotskunsfigure daarop. Naasaan, in die kunssaal self, is daar ’n wyer, betowerende uitstalling van ou rotskuns. Anton Rupert het al in die sewentigerjare vir Richard Townley Johnson (destyds baie bekend as Ginger) opdrag gegee om ’n versameling rotskuns uit verskillende gebiede in Suid-Afrika na te spoor.

As die mens tóé al nie sonder kuns kon leef nie, hoe sal die mens vorentoe daarsonder kan leef?

The post Waarom kunsmuseums of waarom hoegenaamd kuns? appeared first on LitNet.

Maand van Kuns 2019

$
0
0

Die Maand van Kuns, ’n gereelde instelling elke Augustus, is pas vir die sesde agtereenvolgende jaar in die Welgemeend Herehuis in Kaapstad aangebied.

Verskeie meesterklasse is aangebied wat wye aandag van kunsliefhebbers ontvang het.

’n Rekord-opkoms het opnuut die sukses van die Maand van Kuns as instelling bevestig.

Twee vergete, maar belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaars – Alexander Podlashuc (1930–2009) en Peter Haden (1939–1997) – se werk, wat vir die eerste keer in Kaapstad uitgestal is, is in lesings in herbeskouing geneem om ook hulle posisie opnuut in die Suid-Afrikaanse kuns onder die aandag te bring en te bevestig.

Rondom die tema, Satire en Ironie, het die Maand van Kuns vir die eerste keer publieke toegang gebied om ’n keur uit die werk van die meesterkunstenaars, Robert Hodgins, Stanley Pinker, en Alexander Podlashuc, te sien, wat slegs in privaatversamelings verteenwoordig word.

Stanley Pinker se werk Vision (1978) is deel van die uitstalling, Satire en Ironie wat tydens die Maand van Kuns in die Welgemeend Herehuis aangebied word.

Die verbeeldingryke gebruik van humor is die gemene deler van die kunstenaars se werk wat manifesteer in satire en ironie, maar ook as lakonies, sarkasties, ondermynend, uitspattig, bitsig en geestig gesien kan word.

“Kollektief, is dit ’n onweerstaanbare uitnodiging op ’n reis van refleksie en (self)ontdekking terwyl daar veel is om oor te lag”, sê Frank Kilbourn, voorsitter van Strauss & Co, wat saam met die Vriende van Welgemeend die Kunsmaand aanbied.

’n Studie van Robert Hodgins, A Cosy Covern in Suburbia, is ingesluit in die uitstalling, Satire en Ironie, wat in die Maand van Kuns aangebied word.

Daar is duidelike ooreenkomste en groot verskille waarneembaar in die werk van Hodgins, Pinker en Podlashuc wat kommentaar lewer op die sosio-ekonomiese omstandighede van hul tyd, en die gebruik van kleur en humor is deurgaans belangrik in hul werk.

Hodgins gebruik kleur op ’n ongewone en dramatiese wyse, beide wat skakering en aanwending betref.

Figure word dikwels nie in groot besonderhede uitgebeeld nie, maar tog is veel af te lei van hul houding, tipering, plasing en kleredrag om die rol te eien van die persoon wat in die skildery verbeeld word.

Daarenteen is Pinker se werk meer subtiel, maar met ’n harmonieuse gebruik van kleur en komposisie. Elke werk vertel ’n storie, dikwels ’n baie komplekse een wat meer vrae vra as om antwoorde te verskaf.

’n Studie van Alexander Podlachuc, Dr Feelgood’s Big Wheel (1990), is deel van die uitstalling , Satire en Ironie, wat deel vorm van die Maand van Kuns wat nou aangebied word.

Die herhalende gebruik van sekere simbole (soos die vorige landsvlag en protea) en motiewe gee ’n aanduiding van sy spottende kommentaar op die sosiale en politieke orde in Suid-Afrika.

Die werke is altyd weldeurdag, beredeneerd en tegnies fyn uitgewerk, anders as die meer spontane aanslag van Hodgins.

Die werk van Alexander Podlashuc kom minder subtiel as dié van Pinker en Hodgins voor. Kleur en komposisie word met dramatiese effek gebruik, soms konfronterend en selfs afwysend.

Hy gebruik baie simbole en ongewone vertrekpunte om sy boodskap effektief en interessant oor te dra, meestal met ’n sardoniese ondertoon. Enigeen wat uit ’n gewaande posisie van gesag optree, is ’n teiken van bespotting.

Die werke is deel van die kunsversamelings van Frank en Lizelle Kilbourn, Jonathan en Marion Bloch, Leo en Erin Podlashuc, en Caro Wiese.

 ’n Amper vergete Suid-Afrikaanse beeldhouer word nou – 22 jaar na sy dood – vir die eerste keer onder die aandag gebring. Behalwe vir enkele tydgenote, is hy totaal onbekend en waar hy wel genoem word, word sy naam verkeerd gespel. Tog het hy hier en in die buiteland verskeie suksesvolle uitstallings gehad.

’n Beperkte uitstalling van Peter Haden (1939–1997) se beelde, wat in privaatversamelings opgespoor kon word, is vir die eerste keer byeengebring.

’n Glanskatalogus is spesiaal deur die veilingshuis Strauss & Co  saamgestel as ’n rekord van Haden se unieke bydrae tot Suid-Afrikaanse kuns.

Sedertdien het daar, ironies genoeg, nog beperkte inligting na vore gekom wat daarop wys dat daar nóg verkeerde aannames gemaak is. So byvoorbeeld word vermeld dat hy universiteitsopleiding gehad het, terwyl dit glo nie so is nie. Hy het homself opgelei en het die kunstenaar Ernst Ullman as mentor erken.

’n Rede vir sy onbekendheid kan wees dat hy selfs tussen 1968 en 1971 hoofsaaklik in Johannesburg uitgestal het voordat hy na Genève, Switserland geëmigreer het.

Tog was hy besonder produktief en het hy saam met die bekendste kunstenaars van dié periode uitgestal. Hy was lid van die prestige groep wat deur Egon Guenther bemark is en later bekendheid verwerf het as die Amadlozi-groep.  Hierdie kunstenaars sluit in Eduardo Villa, Cecil Skotnes, Sydney Kumalo, Ezrom Legae, Hannes Harrs, Giuseppe Cattaneo en Cecily Sachs.

Peter Haden se Batman, brons op marmerbasis.

Haden self het later ’n kunsskool, “The Academy,” in Craighall, Johannesburg gehad. Hier tel onder sy studente Wopko Jensma, Cyril Kumalo, Julian Motau, Stanley Nkosi, Naomi Press, Wendy Vincent en Rhona Beck.

Sy eerste solo-uitstalling in 1968 in die Lidski Galery is gekenmerk deur die klein formaat van sy beelde. Volgens die kunsresensent Shirley Eskapa was sommige van sy werk so klein dat dit in ’n vuurhoutjieboks kon pas.

In dieselfde jaar word hy ingesluit in Guenther se groep-uitstalling, Unknown Masters of Africa. Dit was ’n belangrike deurbraak. Hy is veral geprys vir sy langwerpige, vertikale en monolitiese vorms, gevestig op ’n soliede basis wat in komposisie suggereer dat sy vertrekpunt gehaal kan word by die primitiewe en antieke Egiptiese beelde.

Sy beelde op die Welgemeend-uitstalling bewys sy onteenseglike meesterskap. Dit is abstrak, simbolies boeiend en esteties hoogs bevredigend.

Tussen 1968 en 1971 het Haden veertig beelde in Suid-Afrika gemaak. Ses daarvan is voor produksie onttrek. Altesaam 182 bronsgietsels is gemaak.

Sedert 1990 is ’n totaal van slegs 14 beelde op veilings in Suid-Afrika verkoop. Sy beelde, Reënkoning en Reënkoningin, is as ’n paar gekoop deur die Amerikaanse skrywer, Irving Stone, wat roem verwerf het vir sy boeke, The Agony and the Ecstay, en Lust for Life.

Nou is die dwingende vraag: Waar is die res?

Die meesterklasse wat aangebied is, het ’n wye spektrum gedek – van die kultuur-historiese tot humoristiese vertellings oor die stories rondom skilderye en kunstenaars.

.........

Die deelnemers vanjaar:
  • Gera de Villiers se lesings oor die geskiedenis en die mense wat die Welgemeend Herehuis – die tweede oudste opstal in Suid-Afrika – bewoon het, onder andere argivale materiaal van die bekende Kaapse Hofmeyr-familie; 
  • Amanda Botha oor Boerneef (IW van der Merwe) as kunsversamelaar. Sy versameling word in Welgemeend gehuisves; 
  • Michael Godby in gesprek met Sean O’Toole oor die lewe en werk van Robert Hodgins; 
  • Matthew Partridge oor die Suid-Afrikaanse deelname aan die Venesiese Biënnales sedert die 1950s; 
  • Lizelle Kilbourn se lesing oor kunswaardering (vir beginners);
  • Amanda Botha se staaltjies oor kunstenaars en hul werk onder die titel, Art as a dinner table conversation;
  • Vanessa Philips oor Almost Forgotten: Peter Haden
  • Hayden Proud oor die werk van Alexander Podlashuc met die titel, The Acerbic Eye; en
  • Alistair Meredith oor die kunshandelaar Egon Guenther en sy groep kunstenaars wat later bekendheid verwerf het as die Amadlozi-groep.

.........

Die première van die dokumentêre film oor die lewe en werk van die Suid-Afrikaanse kunstenaar Simon Stone is ook gewys. Verskeie rondleidings is hanteer en ’n wynproe-aand met gesogte veilingswyne is ook aangebied.

Die openingsgeleentheid wat deur 90 mense bygewoon is, was ’n formele dinee waar Frank Kilbourn en Jonathan Bloch vertel het hoe hulle hul onderskeie versamelings oor die jare opgebou het.

Die Maand van Kuns is die geesteskind van Frank en Lizelle Kilbourn, in samewerking met die Vriende van Welgemeend, die veilingshuis Strauss & Co en Delaire Graff.

  • Foto’s: verskaf

Lees ook

Kunsuitstalling vier die grensverskuiwende rol van vrouekunstenaars

Welgemeend se “Maand van kuns”

The post Maand van Kuns 2019 appeared first on LitNet.

Tuin van Digters 2019 een vir die boeke

$
0
0

Die jaarlikse Tuin van Digtersfees het op 13 en 14 September in die Breytenbachsentrum in Wellington plaasgevind. Vanjaar se tema, "wees (aan)dadig", is 'n skerpskepping van Breyten Breytenbach, wat by vanjaar se Tuin gehuldig is.

Die maer man met die groen trui, Breyten Breytenbach (Foto: Willem S van der Merwe)

Die fees het Vrydagaand met 'n stampvol gehoor en 'n baie spesiale program afgeskop. Danie du Toit, voorsanger en skrywer van Spoegwolf, het die gehoor met sy stem, stories en lirieke betower, waarna Andries Bezuidenhout, Yves T’Sjoen, Kerneels Breytenbach en Ampie Coetzee elkeen aan die lang man met die groen trui hulde gebring het.

Spoegwolf se Danie du Toit (Foto: Willem S van der Merwe)

Breytenbach het almal verras met 'n onbeplande, aangrypende voorlesing uit sy jongste versamelbundel Rooiborsduif. Die verse in dié bundel is chronologies gerangskik volgens sy lewensgang – van sy jongmenslewe in Kaapstad, Parys, ballingskap weens sy huwelik en tronkstraf tot sy pendelaarslewe wat alles uiteindelik na die liefde teruglei.

Pieter Hugo se bundel Alchemie van my muse is onlangs gepubliseer (Foto: Willem S van der Merwe)

Breytenbach se verrassingsvoorlesing is gevolg deur 'n optrede deur Laurinda Hofmeyr, wat saam met Schalk Joubert en Kevin Gibson die gehoor op 'n musikale reis van Breyten se bekendste werk geneem het.

Gert Vlok Nel en Tanja Erasmus (Foto: Willem S van der Merwe)

Die aand is afgesluit met 'n optrede deur die veelsydige Willem S van der Merwe, die begaafde Craig Vee en die digter Daniel Hugo. Van der Merwe het verse uit sy tweede digbundel, Nuwe vrese, op treffende en musikale wyse vertolk – die perfekte afsluiting vir 'n fantastiese openingsaand.

Willem S van der Merwe in aksie (Foto: Willem S van der Merwe)

Saterdag het 'n propvol en opwindende program gebied. Hierdie feesganger het ná die vorige aand se laataand-kuier eers rondom middagete by die Breytenbachsentrum opgedaag, dié keer met 'n tweede asem. Die middag is ingelei met Woorde en Akkoorde wat onder meer bestaan uit Jolyn Phillips, Frazer en Deniel Barry en Churchil Naudé. Hul kreatiewe vermenging van dromerige melodieë en beeldryke woordkuns het die ondertoon geskep waarteen die res van die middag sou afspeel.

Christo van der Westhuizen, Daniel Hugo and Danie Marais (Foto: Willem S van der Merwe)

Die amptelike bekendstelling van Ons Klyntjie 2019 het 'n hele klomp opwindende nuwe stemme na die voorgrond gebring. André van den Hoven se Franse gedig, gevolg deur 'n voorlesing van dieselfde gedig in Afrikaans, was uiters treffend en Erns Grundling het die gehoor aan die giggel gehad met sy skreeusnaakse gedig waarin hy die spot met Afrikaanse popmusiek dryf.

Kabous Meiring en Ampie Coetzee op die verhoog (Foto: Willem S van der Merwe)

Die grootste hoogtepunt van die fees was beslis Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte op maat van Schalk Joubert se baskitaarnote. Dit was 'n eiesoortige, byna magiese belewenis – iets wat ek vir altyd sal onthou en koester. 

Schalk Joubert en Breyten Breytenbach in aksie (Foto: Willem S van der Merwe)

Die aand is oudergewoonte deur Riku Lätti en vriende afgesluit, wie se optrede met 'n groot gejuig en gedans van die feesgangers gepaard gegaan het.

Riku Lätti (Foto: Willem S van der Merwe)

Wat my van vanjaar se fees opgeval het, is die aansienlik groter aantal musiekoptredes en gedigte-toonsettings teenoor vorige jare – 'n baie slim manier om 'n groter verskeidenheid mense na dié besonderse fees te lok. Wat die fees spesiaal maak, is dat dit 'n ruimte skep waar oud en jonk van verskillende lewenspaaie bymekaar kan kom, kuier en connect, met die digkuns as gemeenskaplike belangstelling.

Elsabé Daneel het as gesprekleier opgetree. Langs haar is Linda Yee van der Merwe (Foto: Willem S van der Merwe)

 Die organiseerder van die fees, Francois Lötter, kan homself  gerus 'n klop op die skouer gee. Van die vyf feeste wat ek die laaste jare bygewoon het, was hierdie een sonder twyfel van die heel bestes. Ek sien daarna uit om te sien wat volgende jaar se program inhou.

The post Tuin van Digters 2019 een vir die boeke appeared first on LitNet.


"Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019

$
0
0

Aardklop Nasionale Kunstefees vind vanaf 24 tot 29 September in Potchefstroom plaas. Remona Voges het met die Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van Aardklop, Alexa Strachan, gesels om te hoor watter opwindende dinge vanjaar se fees inhou. 

Alexa Strachan (Foto: Clinton Lubbe)

 Alexa, wat maak vanjaar se fees anders as vorige jare s’n?

Ons het ’n rukkie terug – rondom 2016 – besluit dat ’n mens nie te veel moet karring aan iets wat reeds werk nie, so ons bly basies dieselfde, maar natuurlik wil mens elke jaar verbeter op vorige jare en verrassende elemente inbring. Maar die aard van ’n kunstefees, veral weens die teaterproduksies, kunsuitstallings en boekgesprekke, is heeltyd vernuwend. Dis nooit 'n herhaling van vorige jare se aanbod nie, so uiteraard maak die produksies dit elke jaar totaal en al anders. Ek dink ons is hierdie jaar geseënd – ons het regtig die room van Suid-Afrikaanse akteurs op een fees bymekaar. Ek dink aan mense soos Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Antoinette Kellerman, Jana Cilliers, Dawid Minnaar, Anna-Mart van der Merwe, ek kan net aangaan en aangaan. Dan is daar natuurlik ongelooflike musikante soos Karen Zoid, Laurika Rauch en Coenie de Villiers. Dus, wat die kwaliteit en profiele van kunstenaars betref, is dit ’n treffer van ’n jaar.

Ek sien veral baie uit na die visuele kunste. Ek het agtergekom wanneer jy as ’n leek na visuele kunswerke kyk, 'n mens partykeer graag meer oor die agtergrond daarvan te wete wil kom. Daarom het ons hierdie jaar begeleide kunstoere vir feesgangers, waaroor ek baie opgewonde is. Dan het ons ook vir die eerste keer 'n kunsveiling saam met Aspire,’n nuwigheid waarna ek verskriklik uitsien. Ons gaan van die uitgestalde werke by ’n kunsveiling aanbied in tipiese kunsveilingformaat. Jy gaan daar kan bie op die dag, ook telefonies en elektronies.

Verder moet almal iewers begin. Ons begin vanjaar met ’n projek genaamd Aktiveer, wat ’n klein vorm is van iets soos Grahamstown se Fringe-program; ons begin dit op ’n klein skaal. Daar’s jonger teatermakers wat bly klop aan die deur en ’n ou se program kan net só groot wees en nie groter nie. Dan vra jy jouself af, waar gaan die mense begin as niemand hulle ’n  kans of geleentheid gee nie, of as daar nie ’n platform vir hulle is nie? So, ons begin die jaar daarmee. Ons het ’n venue wat ons spesiaal vir Aktiveer-produksies aanmekaarsit en waar die jonger en opkomende teatermakers ’n geleentheid gaan kry om hulle staal te wys.

Die program is vanjaar oudergewoonte weer propvol. Waarna sien jy die meeste uit?

Dit is soos om te sê mens moet tussen jou kinders kies. Tydens die fees het ek self nie regtig tyd om vertonings by te woon nie, maar as ek het, sou ek wraggieswaar weer Koningin Lear gaan kyk. Net omdat ek dink dis een van die mees majestueuse, manjifiek grootse werke waarmee ons geseënd is om ooit in hierdie land op die planke te hê. Hierdie vertoning is so besonders dat oordrewe beskrywende woorde nie daaraan reg kan laat geskied nie. En dis so toeganklik. Mense dink omdat dit Shakespeare en Tom Lanoye is, gaan mense nie verstaan wat aangaan nie, maar dit is glad nie die geval nie. Plaas daarteenoor die ewe briljante Tienduisend ton, Nico Scheepers se sensitiewe aanbieding oor moderne verhoudings, soos dit afspeel teen die agtergrond van die mens se verantwoordelikheid teenoor ons planeet.

Kamphoer – die verhaal van Susan Nell. Wat kan ’n mens sê, dis Sandra Prinsloo. Dis ’n fantastiese stuk werk. Ek dink die kombinasie van Lara Foot en Sandra is net fenomenaal en in ’n ander klas.

Vir ’n minder konserwatiewe gehoor, is Die intermissie ’n lekker stuk. Ek het gerol van die lag met ’n lekker lawwe groep mense. Dit is regtigwaar vermaaklik.

Ek het O, my folk! nog nie gesien nie, maar die kombinasie van kunstenaars lyk vir my baie interessant. Koos Kombuis was natuurlik jare laas by Aardklop. En om vir Koos, Herman Kleinhans en Bottomless Coffee saam met Johrné van Huyssteen op ’n verhoog te hê, met die briljante Matthys Maree wat die regie en musiek behartig, is dit nogal iets waarvoor ek tog moeite sal doen om by uit te kom.

Wat my van hierdie jaar se program opval, is die aantal interdissiplinêre kunsprojekte. Kan jy ons asseblief ’n bietjie meer hieroor vertel en verduidelik wat interdissiplinêre kuns behels?

Ek dink die mees interdissiplinêre projek, is ons Maboneng Township Art Experience en ek is verskriklik opgewonde daaroor. Feesgangers spring op ’n taxi by ons pendeldiens. In die taxi is ’n taal- en kultuurghoeroe wat op pad na Ikageng’n bietjie die taal en kultuurgebruike, basiese groetwoorde en terminologie, en die verskille tussen Afrikaans- en Tswanasprekers uitlig. Ek het byvoorbeeld geleer hoekom óns stewige handdrukke gee en hoekom ander kultuurgroepe dit negatief ervaar. Ons het ’n wonderlike plaaslike jong woordkunstenaar wat ’n stuk poësie in Engels gaan dramatiseer. Dan gaan ons gewone mense se huisies in kunsgalerye omskep. Feesgangers kan kuns in die onderskeie huisies beskou en ook die mense wat daar woon, ontmoet – ’n wonderlike geleentheid vir kulturele uitruiling!

Karoo-suite is ’n interessante kombinasie met Coenie de Villiers en Deon Meyer. Deon het ’n liriekteks geskryf vir Coenie se musiek wat op Vivaldi se Vier Seisoene geskoei is. Deon se eie woorde en beeldmateriaal word oorhoofs op 'n grootskerm vertoon.

By die visuele kuns is daar ’n interessante uitstalling met die titel Nagmusiek. Dis ’n visuele ervaring geïntegreer met klank. Kunstenaars luister na musiek (van byvoorbeeld Strauss, Berlioz en Schubert) as inspirasie vir ’n visuele kunswerk, sonder enige vertaling van die libretto. Feesgangers moet dan hul oorfone saambring en na die musiek luister terwyl hulle na die kunswerke kyk.

Louwtjie Rothman en Albert Frost speel saam in Akoestiese kitaar, wat mens amper ook interdissiplinêr kan noem. Die ongelooflike goed wat daardie twee mense met ’n kitaar kan doen, bly vir my net altyd verruklik. Dis terloops ’n produksie wat ek ook beslis sal aanbeveel.

Hoekom dink jy is kunstefeeste soos Aardklop belangrik?

Deesdae voel ons almal by tye vuisvoos, moeg geploeter en flenters gebombardeer. Daagliks vertel die nuus ons van korrupsie, en daar is wedersydse beskuldigings rakende swak dienslewering. Alles blyk afgesaagde retoriek te wees, en dan is daar boonop slaggate om elke hoek en draai. Geen wonder dat ons vervreemd, onbetrokke en ongeïnspireerd begin voel nie.

Daarom het ons juis nou die kunste as ligpunt, balans en rigtingwyser nodig. Dit skep 'n ruimte waarbinne ons kan saampraat, dink, wonder oor dinge, verwonder kan wees en lekker kan lag.

Aardklop bied juis dit: ’n geleentheid om saam met vriende en familie van die alledaagse te ontsnap om in ’n feestelike atmosfeer die batterye te kom herlaai.

Sien julle meer kruisbestuiwing tussen die verskillende feeste as in vorige jare? Word daar byvoorbeeld heelwat produksies wat by die Woordfees gedebuteer het,  by Aardklop opgevoer?

Daar is geweldige goeie samewerking tussen die feeste, maar ’n mens kan mekaar natuurlik nie net herhaal nie. Ons het byvoorbeeld ’n produksie soos Katvoet (Cat on a hot tin roof) met Marius Weyers onder andere, maar die feeste het saam besluit om dit te vertaal en na Suid-Afrika te verplaas. Dit is ’n gesamentlike projek wat by die Woordfees gedebuteer het. Koningin Lear is by uitstek’n KKNK-produksie. Ons het besef die produksie is so geweldig groot in omvang en skaal, dat teatergehore in die Noorde 'n kans móét kry om dit te sien. Dit is ’n kans wat hulle nie sal kry as ons dit nie aanbied nie. Myns insiens is Koningin Lear een van die beste produksies wat in baie jare in Afrikaans, en selfs in Suid-Afrika op die planke gebring is. So, ek is baie dankbaar dat die KKNK dié projek ontwikkel het en dat dit nou na ons toe kom.

In terme van samewerking – feeste vervaardig soms saam, want tye is taai. Dit kos geweldig baie geld om ’n produksie te ontwikkel en van die grond af te bring. Feeste deel dus die onkostes. Die ideaal is natuurlik vir teaterproduksies om ’n langer leeftyd as net een fees te hê. ’n Praktiese voorbeeld is Wildeals wat ons in samewerking met die KKNK vervaardig. Ek sien samewerking tussen feeste as die toekoms. Hoewel ons tog in ’n mate meeding vir gehore, dink ek hoe meer ons saamwerk, hoe sterker word ons stem, en dit gebeur ook al hoe meer en meer.

Na watter musiekdebuutproduksies sien jy uit?

Charl du Plessis, ons eie Steinway-kunstenaar, open sy heel eerste soloklavierprojek by ons. Joshua na die Reën debuteer met die produksie Vlieërs. Olga Leonard, Babette Viljoen, Hilandi du Toit en Grethe van der Merwe bring vir ons ’n a cappella-produksie met onder meer Krog-gedigte, vars verwerkings en eie skryfsels. CH2 and the Fire Gypsies is vuurdansers wat saam met CH2 op die verhoog optree. Die sopraan Magdalene Minnaar debuteer met die produksie Portret wat klassieke musiekliefhebbers baie sal geniet.

Ek sien uit na ’n Non, ’n prins, en ’n spook stap in ’n kroeg! met musiek uit Broadway-gunstelinge wat Conroy Cupido en Magdalene Minnaar saam met sangstudente opvoer. Dit is ’n groot projek met baie kunstenaars op die verhoog. Al die classics word hierin opgevoer. Conroy Cupido het die afgelope twee jaar vir ons werk gebring waarvoor hy elke keer ’n Fiësta-nominasie gekry het, so die kwaliteit van sy werk spreek vanself.

Laai Aardklop 2019 se volledige program hier af en bespreek jou kaartjies nou!  

The post "Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019 appeared first on LitNet.

Die Breytenbach-galery bied aan Marilyn Martin

Artist Phoka Nyokong wins Gerard Sekoto award at prestigious Absa L’Atelier competition

$
0
0

Phoka Nyokong

The 34th Absa L’Atelier visual arts competition, in partnership with the South African National Association for the Visual Arts (SANAVA), saw rich and diverse talent emerge from across the continent, with Raji Bamidele, Nkhensani Rihlampfu, Winifrid Luena and Phoka Nyokong crowned this year’s winners.

The extravagant event took place at the Absa Dome in Cape Town during the World Economic Forum (WEF) on Africa in September.

Nyokong walked away with the esteemed Absa L’Atelier Gerard Sekoto Award, which is awarded to the most promising emerging South African artist aged 25 to 35. Absa and SANAVA in partnership with the Embassy of France, IFAS and the Alliance Française in South Africa, introduced the award in 2004 to honour Sekoto’s legacy, which changed the narrative of how the work and lives of black South African artists is perceived, valued and documented.

Nyokong was selected as the Gerard Sekoto winner because his photography brought through the themes of gender (mis)identity, collective social anxiety and the temporality of the human material experience.

As part of the award he will enjoy a three-month residency at the Cite Internationale des Arts in Paris in 2020 and a travelling exhibition through the Alliance Française network in South Africa in 2021.

Phoka tells more about how it feels to be honoured for his work.

Phoka, congratulations on being awarded the Absa L’Atelier Gerard Sekoto award! What does this award mean to you and your career?

Thank you very much Marli, I appreciate that. Thanks to Absa L’Atelier for the recognition – it is a humbling honour that I am sincerely proud of. I also appreciate the assistance of everyone involved in realising the work.

This award means an honour beyond words. A life-changing chapter that offers me a chance to transform my stature as an artist. The biggest incentive for me is the prestigious platform to produce work for a solo exhibition. That is a dream come true.

You were named most promising emerging artist between the ages of 25 and 35. Do you think it is important for young artists to get recognition for their work and receive a platform to further their career?

It is absolutely important to get recognition for one’s contribution to one’s chosen field of work. For a young artist the recognition becomes an incentive to invest your very self in what you do, because some of us came from a background that told us we’re not good enough to do great things. For young black artists it is especially encouraging, because cultural aspiration is fundamental to our identity.

What is your advice for the youth who wants to pursue a career in the fine arts?

I think it is fair to mention that more than other careers, a career in the fine arts is one of those that will always take double the effort to make a success of. One of the reasons for that is that the arts themselves are not like any other occupation that is exclusively connected to commercial or financial aspiration. They are, rather, connected to a certain human need that you cannot necessarily explain in simple language. Therefore, for any young person it is important to go into it with a genuine love for it, discipline and staying true to one’s individuality.

Please tell us more about yourself and your background – where does your love for art come from?

I grew up in the North-West in Klerksdorp, where I also had my very first encounters with art. My most vivid earliest memories of art-making include seeing my two brothers’ amazing pen drawings, and them making clay oxen with my friends, from clay that had been mined from a stream on the outskirts of our township.

After many years of working as a self-taught painter and sculptor I trained for four years as a printmaker and ceramicist. By the end of my graduate year I was working in multimedia installation, photography, video and performance, which I have gravitated more towards until in my current practice.

Why did you decide to pursue fine arts as a career?

I just love art. In fact, the irony is that my first love is literature, which I still have big plans of pursuing and doing well in, creating literary works – novels, short stories, poetry and non-fiction works. Of course, at this point my focus has fallen totally on my visual art, and I am enjoying myself in my self-bestowed role of not only image-maker but also myth-maker for our nation.

Tell us more about your art – where do you draw inspiration from?

My art is in the truest sense what I refer to as long “visual essays” drawn from my absolute love for oral-storytelling, a love for indigenous cultures, current affairs, urban and popular culture. I also draw inspiration from literary traditions – the art of storytelling itself.

I work conceptually, which is one of the ways in which I have surprised myself, because as my friends at art school would tell you, I used to hate conceptual art. I used to not understand the idea of art that is about ideas more than it is about aesthetics or any other thing.

I must say that aesthetics remains important in my work, and when I create work, I move from an aesthetical and storytelling place rather than from concepts. It is only later on in the work that I develop the conceptual value. A lot of my work starts with titles even before the work is created – that is how much I love words.

What themes are most prevalent in your art and why?

Themes in my work relate to a concern with the construction of a range of identities – racial, gender, cultural and personal. I am interested in how these have become the contested terrain of everyone from government to scholars, theorists and societies.

In addition how, furthermore, the actual societies tend to be excluded from their place as producers of their own identities. All has become the preserve of bureaucracy and their media devices. Therefore, my work is preoccupied with the addressing of these through the reconstruction of past and current histories.

The current work itself deals with issues of racial and gender (mis)identity through the celebration of the traditions of masquerade. It plays on the human tendency to associate a human being with his or her race or gender, asking the question whether it really matters what one’s race or gender is. Does it make one any less or more human?

Is it important for art to bring a message across or to comment on social issues?

A nation tells its own stories in many ways. There is music, visual art, poetry, dance and theatre – all these forms have been used for centuries by civilisations to form and convey messages on social issues.

While I think it is useful for an artist to address nascent issues with their work, I do not know whether it is a burden that art and artists should carry beyond what they are willing to do. Forming concepts through art does not always have to render those concepts social issues; they could well be personal or playful issues. The important condition is you expressing your most honest intimate emotions and thoughts.

Tell us about your journey as an artist – what have been some of your career highlights?

My journey with art has been most difficult at times. There has been a considerable amount of doubt and opposition. The feeling of being misunderstood has also been a factor.

However, the love to create has been a mainstay of my journey. Some of my highlights include my first ever solo show in 2016, presentation of work at the Pretoria Art Museum (2018) and Turbine Art Fair (2018 and 2019). I presented video work in the Joburg Fringe (2018) and in Cape Town (2019), plus an installation/performance for ArtWeek Cape Town 2019. I also enjoyed curating two group shows in Pretoria In 2017 and 2018.

What does the future hold for you?

The future holds dreams, work, growth, abundance, art, art and more art.

  • Photos: provided

The post Artist Phoka Nyokong wins Gerard Sekoto award at prestigious Absa L’Atelier competition appeared first on LitNet.

Press release: Zeitz MOCAA presents first museum solo exhibition in Africa by acclaimed Nigerian-born artist Otobong Nkanga

$
0
0

On Thursday 21 November 2019, Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (Zeitz MOCAA) in Cape Town opened an exhibition titled Acts at the Crossroads by internationally acclaimed, Nigerian-born artist Otobong Nkanga.

Nkanga has been the recipient of numerous awards, most recently the inaugural Lise Wilhelmsen Art Award (2019) from the Norwegian Henie Onstad Art Centre, and the Sharjah Art Foundation Prize (2019) in the United Arab Emirates.

Acts at the Crossroads is a significant survey exhibition, and the first museum exhibition on the African continent of the artist’s work. It includes works from the last two decades – a multidisciplinary practice that considers humanity’s connection to the environment in complex ways.

“Shaping memory” (Photographs: Cliffordene Norton)

Rather than present us with an instructive method of documentation and observation, Nkanga grounds her work in a familiarity of encounter between viewer, artist, and object and asks us to consider the earth as an extension of the physical human body, to understand that it too is undeniably alive.

“Exploring environmental damage and the politics of land, her practice becomes a conduit, a voice for these raw, organic materials. Acts of labour, mining, commodification and trade have an impact on the earth that is also mirrored in the ways we treat the body,” says Curatorial Assistant, Precious Mhone.

Acts at the Crossroads explores a host of potential outcomes that present themselves at points of convergence. An agreement or understanding between two parties, a merger of ideas, thoughts, belief systems, cultures, histories and narratives. Connections become created, bonds are formed and solidified or broken. Differing ideologies are confronted, things are torn apart or brought together.

The exhibition invites viewers to connect with themselves and each other at these points of awareness and reflexivity, through a range of media including drawing, painting, photography and video works, geological matter and decayed minerals.

“I thought it was interesting to be able to think about these ideas, especially in South Africa, which for me has been a kind of crossroads. Or the acts or pacts that have been very much related to land and landscape,” explains Nkanga. “So, when I was really thinking about the title, I wanted to allude to entering into the realm of matter and material and its effect on different groups of people.”

“I am thrilled – and honoured – to host Otobang at our museum. I have known and worked closely with her for many years and celebrated her success each step of the way, says Zeitz MOCAA Executive Director and Chief Curator Koyo Kouoh.

“Her far-reaching practice echoes a globalisation that suggests we bear a true and honest connection with each other that transcends the notion of borders and emphasises the shared human condition. She gives voice to a need to reconnect and rethink our relationship to the earth, both personally and globally – a message that is never more pertinent than right now.”

Nkanga’s most recent solo exhibitions include From Where I Stand at Tate St. Ives (2019), A Lapse, a Stain, a Fall at ar/ge kunst, Bolzano (2018), and To Dig a Hole that Collapses Again at MCA Museum of Contemporary Art, Chicago (2018).

  • Exhibition name: Acts at the Crossroads 
  • Exhibiting artist: Otobong Nkanga
  • Venue: Level 2, Zeitz MOCAA, Silo District, V&A Waterfront
  • Run dates: 21 November 2019–23 February 2020 
  • Exhibition curator: Koyo Kouoh, Precious Mhone

The post Press release: Zeitz MOCAA presents first museum solo exhibition in Africa by acclaimed Nigerian-born artist Otobong Nkanga appeared first on LitNet.

Sensuur: Nog springlewendig en gesond, dankie!

$
0
0

Hierdie artikel bevat grafiese beelde en is nie geskik vir kinders nie.

Onder sensuur: Conrad Botes en Anton Kannemeyer se The erotic drawings of Conrad Botes en The erotic drawings of Anton Kannemeyer (Foto's: verskaf)

As jy gedink het dat sensuur saam met apartheid begrawe is, is jy verkeerd. Sensuur wat destyds deur die owerhede op skrywers en kunstenaars afgedwing is, hoofsaaklik vanweë godsdienstige en politieke oorwegings, het plek gemaak vir nuwe, ewe dodelike muilbandstrategieë. Waar apartheid sensuur geïnstitusionaliseer het, is dit nou individue binne die bedryf wat skrywers en kunstenaars op velerlei maniere stilmaak.

Hiervan kan Conrad Botes en Anton Kannemeyer, stigters van die legendariese Bitterkomix, getuig. Botes en Kannemeyer is onlangs opnuut gesnoer toe hul jongste boeke die lig gesien het. Botes se The erotic drawings of Conrad Botes het saam met ’n herdruk van Kannemeyer se The erotic drawings of Anton Kannemeyer einde 2019 by Soutie Press verskyn.

Die boeke is versamelings van sketse van die gevierde kunstenaars se “erotiese werk” – natuurlik is die verwysing na erotiek in die boektitels ironies; die eksplisiete tekeninge wat daarin opgeneem is, ondersoek en stel snydende vrae oor morele kwessies omtrent hoofsaaklik konserwatiewe waardes wat in die samelewing gehuldig word. Met pornografie as ’n tema stel hul kunswerke vooroordeel en skynheiligheid ten opsigte van seks, godsdiens en politiek met onverbiddelike humor aan die kaak.

Dit is nie die eerste keer dat die kunstenaars met sensuur te doen kry nie. Sedert Bitterkomix in 1992 in die lewe geroep is, het die valbyl vanuit verskeie oorde op Botes en Kannemeyer neergekom. Hul publikasie Gif: Afrikaner Sekskomix, uitgegee deur Ryk Hattingh en Tienie du Plessis se Hond, is in 1994 verban nadat die ou sensuurraad dit as “obseen” afgemaak het. Botes vertel dat hulle nie die geleentheid gehad het om teen die verbanning te appelleer nie. “Die sensuurbase het ons nie daarvan in kennis gestel nie. Destyds het kunstenaars drie maande grasie gehad om te appelleer nadat die verbanning in die Government Gazette aangekondig is. Teen die tyd dat ons besef het Gif is ongewens verklaar, was dit te laat om iets aan die saak te doen.”

Botes en Kannemeyer is ook welbekend vir hul werk in Ryk Hattingh se Loslyf, die Afrikaanse pornografietydskrif wat groot opspraak verwek en deur Afrikaanse lesers opgeraap is. By Loslyf moes hulle die sensuurbedreiging deurentyd in ag neem. Kannemeyer sê: “Alle uitbeeldings van penetrasie, of werk waarin byvoorbeeld honde verskyn het, is afgekeur. Ons het dit aanvanklik nie geweet nie, maar daar was so ’n weird code of conduct van wat toegelaat kon word en wat nie. Dit het te make gehad met waar die tydskrif verkoop is. As die inhoud te erg was, kon dit byvoorbeeld nie in kafees van die hand gesit word nie. Uiteindelik is ’n hele paar van ons drawings afgekeur.”

Die verregse motiewe wat sensuuraksies destyds gedryf het, het intussen plek gemaak vir sensuur wat deur verlinkse sentimente gemotiveer word. “Deesdae word sensuur nie soseer deur die wet toegepas nie, maar eerder deur mense in die boek-industrie, en veral die drukkersbedryf,” sê Botes. “Alles het sedertdien volsirkel gegaan.”

Kannemeyer se Erotic drawings, wat reeds in 2014 die lig gesien het – vyf jaar voor verlede jaar se herdruk en die eerste verskyning van Botes se Erotic drawings – het dieselfde pad gestap. Destyds was Kannemeyer op Jacana, wat boeke in die Bitterkomix-reeks uitgegee het, se publikasielys, maar kort voordat die manuskrip ingelewer sou word, het die uitgewershuis die projek gekanselleer. The erotic drawings of Anton Kannemeyer is daarna deur die Stevenson-galery gepubliseer.

Voordat die Bitterkomix-boeke verskyn het, sou Double Storey, destyds Juta se algemene-boeke-arm, The Bitterkomix Big Bad Handbook publiseer. Publikasie is egter gekanselleer nadat die uitgewer aangevoer het dat die titel nie “by die res van hul publikasielys ingepas het nie”. Volgens Bridget Impey, in daardie tyd Double Storey se uitgewer wat met die boek gewerk het, het sy uit protes teen dié besluit bedank en vir Jacana gaan werk.

In 2019 het Botes en Kannemeyer ’n simpatieke stem gevind in die onafhanklike uitgewery Soutie Press, wat ingestem het om hul boeke te publiseer. Die kunstenaars het saam met die uitgewer na ’n geskikte drukker gesoek, en in die proses hindernisse op die lyf geloop. Vyf drukkerye het nie kans gesien om die Erotic drawings vir Soutie Press te lewer nie, en elke keer is ’n morele standpunt as rede vir die onwilligheid aangegee. Een was ’n gevestigde maatskappy wat voorheen pornografietydskrifte op groot skaal gedruk het. Maar vir Botes en Kannemeyer se tekeninge het hulle nie kans gesien nie.

Uiteindelik is ’n drukkery gevind wat die projek onderneem het, maar dit was nog lank nie die einde van Botes en Kannemeyer se frustrasies nie. ’n Week of wat nadat Soutie Press ’n deposito vir die drukwerk betaal het, het die maatskappy laat weet dat hulle ’n probleem met een van die sketse in Botes se boek het omdat dit kwansuis godslasterlik was. Botes het ingestem om die spesifieke skets te vervang, ironies genoeg deur hierdie werk wat teen sensuur protesteer:

Maar net toe hulle gedink het hul sorge met die drukduiwel is op ’n einde, is nog ’n kwaal geopper. Nóg ’n werk in Botes se boek gee aanstoot – kan dit asseblief uitgehaal of vervang word?

Die kunstenaars het toe saam met hul uitgewer regsadvies ingewin en die drukkery voor ’n ultimatum gestel: óf hulle druk die boek soos dit is en kry klaar, óf die saak word verder in die hof gevoer. Die drukkery was immers nou besig om kontrakbreuk te pleeg.

Uiteindelik is die boek gedruk, maar sonder dat die drukkery se naam daarin verskyn.

Dié scenario het hom uitgespeel enkele weke voordat die boek saam met ’n uitstalling van Botes se werke in Johannesburg se Everard Read-galery bekendgestel sou word. Botes, bekommerd dat die drama met die drukker die bekendstellingsdatum sou vertraag, het die galery deurentyd op hoogte van verwikkelinge gehou.

Hierop het die galery gevra om dringend na die werke wat by die uitstalling ingesluit sou word, te kyk. Toe hulle die kunswerke onder oë kry, is die uitstalling summier gekanselleer. Die rede? Christelike werknemers van die galery het gedreig om te bedank indien die uitstalling sou voortgaan.

In hierdie stadium kon die uitstalling nie meer na ’n ander galery in die stad verskuif word nie, omdat daardie galery in die tussentyd ’n ooreenkoms met ’n ander kunstenaar vasgemaak het. Tyd staan immers nie stil nie.

In 2015 het Kannemeyer ’n soortgelyke ervaring gehad. Die Stevenson-galery, wat ’n uitstalling van sy werk gehuisves het, moes enorme druk trotseer oor die inhoud van Kannemeyer se kuns, in so ’n mate dat hulle eenvoudig nie kans gesien het om verdere uitstallings te akkommodeer nie.

Dis egter nie net in die kuns- en boekbedryf waar Bitterkomix ’n klip in die skoen geraak het nie; Botes en Kannemeyer se werk word jare lank reeds as module uitgesluit van die modernekunsgeskiedenis-kursus aan die Universiteit van Kaapstad. Voor dié uitsluiting is studente telkens met “trigger warnings” gewaarsku dat die Bitterkomix-materiaal wat tydens lesings onder bespreking was, tot ontsteltenis mag lei.

Vir Botes is dié stand van sake ’n steen des aanstoots: “Dit is ’n uiterste vorm van onverdraagsaamheid teenoor vryheid van spraak. En dit word gedikteer deur die far left. Dit gaan nie oor wat reg of verkeerd is nie, dit gaan oor ’n dogma wat reëls neerlê oor wat mág en wat mag nié. As ’n man mag jy deesdae byvoorbeeld nie namens vroue praat nie.”

Kannemeyer voel net so sterk oor die kwessie: “Trigger warnings en sulke kak – ek kan nie glo dosente steur hulle daaraan nie!”

Toe Kannemeyer ’n Ikey-kunsdosent konfronteer omdat hy Bitterkomix nie meer doseer nie, ten spyte daarvan dat hy voorheen in die openbaar die kunstenaars se werk aangeprys het, is hy van arrogansie beskuldig. “Dit wys jou hoe diep die vlak van skynheiligheid deesdae lê.”

Anton Kannemeyer (links) en Conrad Botes (regs) (Afdrukke: verskaf)

Volgens die kunstenaars dring studente daarop aan om beskerm te word teen dinge wat hulle mag ontstel, sonder dat hulle die gevolge van sensuur begryp. “Dis soos om te wil hê apartheid moet terugkom,” sê Kannemeyer. In die vyftien jaar wat hy as kunsdosent gewerk het, het studente dikwels kapsie gemaak teen sy aandrang op kritiese denke met die argument: Hoekom moet ons altyd krities na dinge kyk? Ons wil net gelukkig wees.

“Daar was nog altyd kontroversie rondom my werk,” sê Kannemeyer. “Mediamense en kurators het my nog al die jare ondersteun in terme van dreigende sensuur. Maar ná die aanval op Charlie Hebdo in 2015 het die wêreld teen satire gedraai. ’n Falanks van invloedryke kunstenaars en skrywers, veral in Amerika, was dit eens dat satire dinge te ver gevat het. Verlede jaar het selfs die New York Times besluit om hul redaksionele spotprentkunstenaar in die pad te steek.”

Ook Suid-Afrika is deur dié vloedgolf van politieke korrektheid getref. “Zapiro se dienste by Mail & Guardian is beëindig, en toe ook by die Sunday Times,” vertel Kannemeyer. “Dit is ’n skande dat hy so onder sensuur moes deurloop.”

“Kurators en joernaliste ondersteun my egter al minder,” sê hy. “Mense is bang om as rassiste of vrouehaters uitgekryt te word. Hulle is skrikkerig en trap in hul spoor.” Hy sonder egter Afrikaanse joernaliste soos Elsabé Brits uit vir hul bereidwilligheid om die onderwerp van sensuur sonder skroom aan te durf.

Dat al hierdie verwikkelinge ’n impak op ’n kunstenaar se loopbaan het, is vir Kannemeyer ontstemmend: “In Suid-Afrika is daar nie meer ’n platform vir my werk nie; wel oorsee.” Onlangs het hy en Botes hulle tot guerrillataktieke begin wend om enigsins uitgestal te word. Die splinternuwe, waagmoedige Gallery 131 in Kaapstad het hul werke in 2019 ten toon gestel.

Tans stal Kannemeyer in Frankryk uit, waar hy vind dat kurators, ten spyte van die dogma van politieke korrektheid, ruimte bied vir humor en satire. “Ons het in ’n humorlose tyd inbeweeg; gevolglik word die deur na demokratiese debat gesluit. Maar vir die satirikus is niks heilig nie.

“Die probleem met sensuur is, as jou boeke geïgnoreer word, begin jy werklik vergaan. Mense vergeet van jou, boekwinkels stel nie meer belang nie,” sê hy. “As satiriese kunstenaars het ons altyd konserwatiewe waardes aangeval. Nou is dit die sogenaamde ‘oopkop liberaal’ wat voorskriftelik is oor wat mag gebeur.”

Die feit dat sensuur ná apartheid so vinnig en moeiteloos in die vesel van die hedendaagse samelewing ingebed geraak het, stem die kunstenaars tot kommer. “As ’n sterk konserwatiewe politieke leier na vore kom, het hy nou die perfekte teelaarde om ’n nuwe sensuur toe te pas en in stand te hou.”

Conrad Botes en Anton Kannemeyer se onderwerping aan sensuur demonstreer dat vryheid van uitdrukking steeds onder beleg is, ten spyte van die demokratiese ideale wat in ’n nuwe bedeling nagestreef word. En die monster van sensuur is gevaarliker as wat dit ooit voorheen was. In die verlede het dit ’n herkenbare gesig gehad in die onderdrukkende wetgewing van ’n bose regime. Die monster kon beveg word omdat dit kwylend en grotesk op die trappe van regeringsgeboue waggehou het. Nou is die monster tussen ons. En die monster lyk soos ek en jy. Enigiemand wat nie ’n snars van kuns verstaan nie en aanstoot neem om watter fundamentalistiese rede ook al, kan deur bloot ’n beswaar te opper, ’n kunstenaar- of skrywerstem stilmaak.

En dit mag eenvoudig nie.

Besoek die kunstenaars se webwerwe hier: Conrad Botes; Anton Kannemeyer.

The post Sensuur: Nog springlewendig en gesond, dankie! appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Nuwe fotokuns in Kaapstad bied ’n speelse, geheimsinnige verkenning van populêre kultuur se binnekamers

$
0
0

In Huis+Hou+Ding, ’n nuwe uitstalling van gehalte-fotokuns, bekyk twee Kaapse kunstenaars die wisselwerking en vervreemding tussen mens en omgewing.

Anna Verloren van Themaat en Alet Viljoen bied in hierdie werke ’n ryk visuele en kontemporêre ondersoek na implikasies van dit wat menslik en dit wat produkmatig is in huislike ruimtes. 

Die werke is groot, geheimsinnig, speels en meesterlik gestileer om fasette te verken van hoe populêre kultuur en gevestigde idees ons leefwêreld, ons wonings en beskouings van onsself en ander mense binnesypel en inprent. 

Die opening van die Huis+Hou+Ding vind plaas op Dinsdag 11 Februarie om 19:00 in die Robert Sherwood Design-lokaal in Breestraat 173, Kaapstad. Die uitstalling is tot einde Maart 2020 in die Robert Sherwood Design-lokaal te sien.

The post Persvrystelling: Nuwe fotokuns in Kaapstad bied ’n speelse, geheimsinnige verkenning van populêre kultuur se binnekamers appeared first on LitNet.

Wat is te siene by Zeitz MOCAA in 2020?

$
0
0

..........

“Museums versteek gewoonlik die proses van kuns, maar Zeitz MOCAA wil dit met hierdie uitstalling blootstel sodat die publiek kan insig kry oor wat die kunstenaar voed en inspireer.”

..........

“Kuns moet gevier word,” het Koyo Kouoh, uitvoerende direkteur en hoofkurator van Zeitz MOCAA, verteenwoordigers van verskeie mediahuise op Donderdag, 13 Februarie 2020, verwelkom. “Viering soos lyding is ’n aspek van die lewe, maar kuns is ook gemaak om oorweeg en bespreek te word.”

Koyo Kouoh, uitvoerende direkteur en hoofkurator van Zeitz MOCAA.

Zeitz MOCAA het die media uitgenooi om hul 2020-program tydens die Investec Kaapse Kunsfees bekend te stel. “Ons wou Afrika-kunstenaars ’n kans gun,” het Sakhisizwe Gcina, ’n kurator by Zeitz MOCAA, voor die bekendsteling gesê. “Hierdie is kunstenaars wat internasionaal erkenning gekry het, maar geen erkenning in Afrika gekry het nie.”

“Kuns is egter ook eksperimentering; jy moet probeer en misluk. Dit is hoekom ons verskeie kunstenaars genooi het om hul studio’s in die museum op te stel. Ons was bevoorreg om Kemang Wa Lehulere se Laying bare uit te stal,” het Koyo gesê.

..........

“‘Ons is baie trots om Moshekwa huistoe te bring,’ het Storm oor Moshekwa Langa gesê. Langa is ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat in Amsterdam woon.”

..........

Die konsep agter Laying bare is dat die publiek met die kunstenaar in sy omgewing kan in werking tree. Museums versteek gewoonlik die proses van kuns, maar Zeitz MOCAA wil dit met hierdie uitstalling blootstel sodat die publiek kan insig kry oor wat die kunstenaar voed en inspireer.

Zeitz MOCAA is deel van die Silo-distrik

Koyo het ook erken dat hulle Zeitz MOCAA as ’n opvoedkundige ruimte wil vestig. “Opvoeding, wat verskeie projekte behels, vorm die kern van wat ons hier doen,” het sy gesê voor sy Liesl Hartmann, direkteur van die museum se Sentrum vir Kunsopvoeding, bekendgestel het.

Liesl Hartmann, direkteur van Zeitz MOCAA se Sentrum vir Kunsopvoeding.

Liesl het ’n ambisieuse program voorgestel wat alles dek van skooltoere, naskoolse programme, opleiding vir onderwysers, museumtoere vir kinders, werkwinkels vir gesinne, studentnavorsing en vaardigheisopleiding vir volwassenes elke Woensdag.

“Ons bied werkswinkel vir kinders aan, want ons wil nie hê die uitstalling moet slegs teoreties wees nie. Ons fokus op kwaliteit,” het Liesl tydens haar toespraak gesê. “Jong mense skep kennis net soveel soos volwassenes.”

..........

“Volgens Storm spreek Tracey Rose in haar werke mag direk en onverskrokke aan, en sal hierdie uitstalling op ’n soortgelyke skaal as William Kentdrige se Why Should I Hesitate: Putting Drawings to Work wees.”

..........

Die verskeie programme, wat deur die Sentrum vir Kunsopvoeding aangebied word, is gratis. Die eerste uitstalling vir kinders, And So The Stories Ran Away, is ook onlangs geopen. “Ouers kom dikwels met hul kinders, maar verhoed hulle om aan die kunswerke te vat. Nou kan die kinders aan die uitstalling vat en interaksie met die werk hê.”

Zeitz MOCAA se nuwe hoofkurator, Storm Janse van Rensburg, het die 2020-program bekendgestel. Storm het in September 2019 by die museum aangesluit, nadat hy ’n indrukwekkende loopbaan opgebou het. Hy is ’n kurator van kontemporêre kuns en het in Suid-Afrika, Amerika en Berlyn gewerk.

Die eerste uitstalling begin in Maart 2020. Alfredo Jaar is ’n Chileense kunstenaar, argitek en ’n filmmaker wat in New York woon. Sy uitstalling, The Rwanda Project, is vanaf 27 Maart tot 26 Julie by die museum te sien. “Alfredo skep ’n uitstalling spesifiek vir hierdie ruimte. Dit spreek die Rwandanese volksmoord, en hoe ons trauma uitbeeld.”

Zeitz MOCAA se nuwe hoofkurator, Storm Janse van Rensburg, het die 2020-program bekendgestel.

Tracey Rose se Shooting down Babylon word vanaf 1 Mei tot 20 September by die museum uitgestal. Tracey is ’n multidissiplinêre kunstenaar wat met film, fotografie en installasies werk. Volgens Storm spreek Tracey in haar werke mag direk en onverskrokke aan, en sal hierdie uitstalling op ’n soortgelyke skaal as William Kentdrige se Why Should I Hesitate: Putting Drawings to Work wees. Die museum bied ook op 28 Junie ’n simposium oor haar werke aan.

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Senzeni Marasela, se werke word van 20 Mei tot 9 Augustus uitgestal. “Ons wil uiteindelik vir Senzeni die erkenning gee wat sy verdien,” het Storm gesê, terwyl hy uitgebrei oor Senzeni se werk en alterego, Theodorah, wat die ervaringe van swart werkende vroue versinnebeeld.

Nicholas Hlobo se Limpundulu Zonke Ziyandilandela

Meschac Gaba is ’n Beniniese kunstenaar wat sy tyd tussen Cotonou en Rotterdam verdeel. Sy werke ondersoek die konstruksies van kulturele identiteit deur handelsisteme soos dit verwant hou tussen Afrika en die Westerse wêreld. Sy uitstalling, Museum of Contemporary African Art, is vanaf 11 September tot 17 Februarie 2021 te sien.

“Ons is baie trots om Moshekwa huistoe te bring,” het Storm oor Moshekwa Langa gesê. Langa is ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat in Amsterdam woon. Hy het aan die Rijksakademie van Beeldende Kunste in Amsterdam gestudeer en regoor die wêreld uitgestal, maar hierdie is sy eerste uitstalling op die Afrika-kontinent – iets wat Storm verstommend gevind het.

Die Suid-Afrikaanse kontemporêre kunstenaar, Johannes Phokela, is die laaste kunstenaar wat vir 2020 bekendgestel word. Johannes se uitstalling begin op 30 Oktober en eindig in Februarie 2021.

Abdoulaye Konaté se Idéogrammes, Signes, Symboles et Logos-tapesserie beslaan vier stories.

Ná die bekendmaking is die media op ’n museumtoer geneem om die huidige uitstallings te besigtig. Die bekroonde Malinese kunstenaar, Abdoulaye Konaté, se Idéogrammes, Signes, Symboles et Logos, is nou by Zeitz MOCAA te sien. Die titel beteken ideogramme, tekens, simbole en logos, en is ’n huldeblyk aan Youssouf Tata Cissé en Germaine Dieterlen. Die vier storie-tapesserie is in die museum geskep en die bewegende tossels verwys na die Malian dansers se uitrusting, en ryk religieuse en uitvoerende praktyke in Wes-Afrika.

Van die uitstallings wat ook te sien is, is William Kentdrige se Why Should I Hesitate: Putting Drawings to Work, Otobong Nkanga se eerste solo-museumuitstalling in Afrika, Acts at the Crossroads, en die Two Together-uitstalling deur verskeie kunstenaars.

William Kentdrige se Why Should I Hesitate: Putting Drawings to Work

Otobong Nkanga se twee- en driedimensionele installasie, “We could be allies” deel van die Acts at the Crossroads-uitstalling. Baie van die kunswerke in die uitstalling is deel van Otobong se private versameling, en dis die eerste keer vir die publiek te siene.

“Awaiting Pleasures” is deel van “Mamie water babe”- installasie deur Otobong Nkanga.

Isaac Julien se “Fantôme Créole”-reeks is deel van Two Together-uitstalling.

Maun Karray se “Noir”-reeks is deel van Two Together-uitstalling.

  • Foto’s: Cliffordene Norton

Lees ook op Voertaal

Acts at the Crossroads – Otobong Nkanga se eerste uitstalling in Afrika

Grootste William Kentridge-uitstalling ter wêreld in Kaapstad te sien

Izicwangciso Zezethu: Dis nie ’n "Ag shame"-uitstalling nie

Zeitz MOCAA wil bewys kuns behoort aan almal

Africa Day 2019 at Zeitz MOCAA

Dekolonialisering en die museum: voorbeelde uit Suid-Afrika en Frankryk

The post Wat is te siene by Zeitz MOCAA in 2020? appeared first on LitNet.


Press release: Zeitz MOCAA reveals 2020 exhibitions calendar

$
0
0

Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (Zeitz MOCAA) is proud to reveal details of its exhibitions programme for 2020.

This robust and exciting line-up delves into the practices of artists, focuses on important narratives and critiques from across the continent and its diaspora, with an emphasis on the individual voices of artists.

The Silence Of Nduwayezu by Alfredo Jaar

“For too long contemporary African Art and that of the African diaspora has been framed by generic group exhibitions and platitudes, and we have embarked on creating a platform for in-depth and sustained attention to artist’s practices. In this way, reflections on our society and the celebration of our context, as well as the development of new discourses are driven by specificity and nuanced readings”, says Koyo Kouoh, Executive Director and Chief Curator of Zeitz MOCAA.

Ranging in scale, the museum will present ambitious exhibitions that are accompanied by critical discourse, innovative public engagements and social events.

The first exhibition opening of this year is from renowned Malian artist, Abdoulaye Konaté. Tandazani Dhlakama, Assistant Curator at Zeitz MOCAA said: “Konaté’s work has always engaged with many important socio-political and environmental issues. These range from global epidemics such as HIV/AIDS to freedom of expression, Islamic fundamentalism and political satire, to migration, music, language and spirituality.”

For Zeitz MOCAA, Konaté has created a site-specific, monumental new applique tapestry, Idéogrammes, signes, symboles et logos (hommage à Youssouf Tata Cissé et Germaine Dieterlen) which adorns the wall in the BMW Atrium. The work is an homage to two iconic thinkers who are distinguished for their immense contribution to culture.

Idéogrammes, signes, symboles et logos (hommage à Youssouf Tata Cissé et Germaine Dieterlen) by Abdoulaye Konaté

In March, the museum welcomes Alfredo Jaar: The Rwanda Project. This captivating and critical exhibition turns attention to the Rwandan genocide in 1994, and the failures inherent in the representation of trauma.

“The artist’s cutting critique towards the world’s indifference to these events at that time is palpable. The series of technical and poignant installations brings attention to news media, and the public’s voyeuristic gaze,” says Storm Janse Van Rensburg, Senior Curator at Zeitz MOCAA.

Opening in May, a major retrospective of the work of Tracey Rose is presented, accompanied by an extensive monograph on her practice. This South African artist is a radical voice in the international art world. The exhibition, titled Shooting Down Babylon, foregrounds Rose’s uncompromising and cutting vision in works spanning from 1996 to the present.

The Kiss by Tracey Rose

The exhibition encompasses film, sculpture, photography, performance, print, painting and multi-layered participatory elements, with the body and performativity being central to every aspect. For Rose, the body, often her own body, is a site for protest, outrage, resistance and pertinent discourse. It is a channel for the demonstration of exasperation, aggravation, disruption and paradox.

Senzeni Marasela

At the end of the month of May, Zeitz MOCAA presents a long overdue institutional focus on the work of Senzeni Marasela. Through various mediums, including printmaking, drawing, performance, Marasela’s work unpacks history, memory, and personal narrative, emphasising historical gaps and overlooked figures.

Inspired by, and in homage to her mother, Marasela has over the last sixteen years explored the role of black working women in South Africa, subjected to the devastating effects of migration, patriarchy, and apartheid.

In September, Zeitz MOCAA presents the extraordinary and expansive installation Museum of Contemporary African Art (1996–2002) by Meschac Gaba, exhibited for the first time in its entirety on the continent. This twelve-roomed work was conceived by the Beninese artist before an institution for contemporary African art and its diaspora existed in this context. Thus, the installation’s symbolic “return” is a moment for celebration and reflection on the role of institutional practices on the continent. The installation is on loan from, and supported by the Tate Modern, London.

In October Zeitz MOCAA presents an exhibition by acclaimed South African artist Moshekwa Langa’s first institution exhibition in the country. The artist examines ideas around belonging and non-belonging, displacement and parallel accounts. Describing his own practice as a record of both sleeping and walking, this particular show will reflect on migration and the ebb and flow that makes up the human experience.

The museum will simultaneously welcome a survey exhibition of the work of Johannes Phokela, one of Africa’s foremost painters. Known for his practice that interrogates the colonial history of painting, the artists’ ironic and subversive take on society will be profiled.

  • This programme is subject to change. 
  • Photos: provided 

Also read on LitNet and Voertaal

Wat is te siene by Zeitz MOCAA in 2020?

Acts at the Crossroads – Otobong Nkanga se eerste uitstalling in Afrika

Grootste William Kentridge-uitstalling ter wêreld in Kaapstad te sien

Izicwangciso Zezethu: Dis nie ’n "Ag shame"-uitstalling nie

Zeitz MOCAA wil bewys kuns behoort aan almal

Africa Day 2019 at Zeitz MOCAA

Dekolonialisering en die museum: voorbeelde uit Suid-Afrika en Frankryk

The post Press release: Zeitz MOCAA reveals 2020 exhibitions calendar appeared first on LitNet.

Solo-uitstalling deur Theo Paul Vorster by Toyota US Woordfees 2020

$
0
0

Theo Paul Vorster (foto: verskaf)

Theo Paul Vorster, bekend vir sy unieke kunswerke met dinamiese lyne, lewendige kleure en ’n speelse tematiese benadering, sal een van die solo-uitstallers wees by vanjaar se Toyota US Woordfees, van 6 tot 15 Maart 2020 op Stellenbosch. Die US Woordfees is ’n unieke gebeurtenis wat ’n dorp, ’n universiteit, kunstenaars, gehore en gemeenskappe van regoor Suid-Afrika en baie wêrelddele byeenbring.

Roekeloos deur Theo Paul Vorster

Theo Paul Vorster sê: “My tentoonstelling is gebaseer op die feestema aanhou beweeg en geraas maak, afkomstig van Jan Rabie se boek 21. Rabie het altyd gesoek na ander maniere om oor die werklikheid te skryf, dit te verstaan en ’n 'geraas te maak'. Dit was innoverend. Die tema van my uitstalling Roer en Kraak is ’n sinoniem en my interpretasie van Breyten Breytenbach se reise na liggaam en siel, waarin hy ’n 'geraas' maak sodat mense kan hoor en luister. Rabie en Breytenbach was beide Sestigers, ’n groep invloedryke, anti-establishment Afrikaanssprekende skrywers in die 1960's wat begin is deur André Brink en Breyten Breytenbach, en ook onder andere Reza de Wet, Etienne Leroux, Jan Rabie en ander insluit. Ek wil aanhou beweeg en geraas maak, hoewel dit in my eie, soms humoristiese styl is. ”

Vorster was opgewonde oor die tema. “As ek aan ’n tema werk, leer ek altyd weer iets nuuts. Dit is innoverend vir my in die manier waarop ek my lino en die finale werk wat ek produseer, sny. Op hierdie manier daag ek myself voortdurend uit en stagneer ek nie.”

Lugpos deur Theo Paul Vorster

Hy was deel van baie uitstallings in die geskiedenis van die US Woordfees en sal ook vanjaar deel vorm van KNOOP.KNOT, ’n groepuitstalling deur Louis Jansen van Vuuren en Vriende, spesiaal saamgestel vir GUS Gallery. Hy verduidelik: “Louis Jansen Van Vuuren, die kurator van KNOOP.KNOT, het my genooi om ’n kunswerk te skep spesifiek vir hierdie opwindende uitstalling. Die oorspronklike lino in olie word vertoon saam met die lino-druk, wat ek met die hand druk en dan met akriel ink inkleur.”

Vorster se werk spog altyd met magiese kleur en energie. Dit lok die kyker na ’n surrealistiese wêreld vol speelse drama. “Ek word gedryf deur die behoefte om altyd te skep, altyd vorentoe te beweeg. Ek hoop regtig dat besoekers aan die Woordfees die uitstalling sal geniet. ”

Vlug woorde deur Theo Paul Vorster

Vorster se uitstalling word van 6 tot 15 Maart tussen 09:00 en 18:00 in die Stellenbosch Stadsaal aangebied. Op 12 Maart is die openingstye 09:00 tot 21:00. Die oorspronklike lino-blokke in olie word ook langs die afdrukke uitgestal en te koop aangebied.

Besoek www.woordfees.co.za vir meer inligting.

Volg Theo Paul Vorster op Facebook: https://www.facebook.com/theopaul.vorster

The post Solo-uitstalling deur Theo Paul Vorster by Toyota US Woordfees 2020 appeared first on LitNet.

Huis+Hou+Ding-uitstalling: ’n onderhoud met Anna Verloren van Themaat en Alet Viljoen

$
0
0

............

“Ander mense se idee van perfeksie en skoonheid word op ons afgedwing en ons moet dit aanvaar sonder om vrae te vra. Daar word van ons verwag om in hierdie boksie te pas om aanvaar te word. Ons lewe voel soos ’n mislukking as ons nie voldoen aan die wêreld se idee van skoonheid nie.”

............

In hul uitstalling Huis+Hou+Ding kyk Anna Verloren van Themaat en Alet Viljoen na die moderne verbruikerskultuur wat ons beskouings binnesypel tot in ons privaatwonings, daar waar mense geneig is om die minste krities te wil wees, of dinge meer gelate aanvaar. Cliffordene Norton gesels met hulle oor dié uitstalling wat tot einde Maart 2020 by die Robert Sherwood Design-lokaal te sien is.

Anna Verloren van Themaat en Alet Viljoen

Wat het die uitstalling se tema geïnspireer?

Ons deel ’n gemeenskaplike geskiedenis as wit, Afrikaanse vrouens gebore in dieselfde era in Suid-Afrika, dus was die temakeuse spontaan en vanselfsprekend vir ons.

Waarom het julle besluit om op ’n intieme ruimte soos ’n huis te fokus?

Die huis is ’n simbool van onsself (identiteit en denke), die vertrekke verteenwoordig sekere temas van vrouwees, en in die vertrekke is objekte of karakters wat simbolies is van ons gevoelens of benaderings tot die temas.

“Met ‘Sluierdans’ wou ek Huis+Hou+Ding se spirituele tema ondersoek. Deur algemene huishoudelike objekte op ander maniere te gebruik, verander die betekenis van die objekte. Roomyslepeltjes word ’n kroon, en badpropkettings ’n sluier. Die kroon en sluier is ’n mengsel van Westerse godsdiens en Afrika-ritualistiese ikonografie, ” vertel Anna. (Foto: verskaf)

Huis+Hou+Ding is ’n fotokunsuitstalling. Waarom het julle besluit om hierdie medium te gebruik in plaas daarvan om die vollengte-beeldwerke uit te stal?

Deur fotografie as medium te gebruik kan mens ’n geheelbeeld (konteks) en atmosfeer skep. Beligting, stilering en komposisie dra by tot storievertelling. Wanneer objekte in afsondering geplaas word, het dit nie die konteks wat ons wou oordra nie. Daar is meer lae en kleiner besonderhede (nuanses) wat in die foto’s vasgevang word.

Gaste kuier buite die Robert Sherwood Design-lokaal.

Die uitstalling bestaan byna volledig uit turkoois skakerings. Het hierdie kleur ’n spesifieke betekenis?

Ja, beslis. Dit is ’n kleur wat algemeen gebruik word in kliniese, psigologiese en mediese instellings. Dit spreek tot die kliniese benadering van die Afrikaner tot emosionele onderwerpe. Die kleur was ook hoogmode in die tyd toe ons kinders was. Dis ’n kleur wat ons sterk met huishouding assosieer.

Hoe het die uitstalling by die Robert Sherwood-galery tot stand gekom? 

Ons ken Robert en Alberto al ’n paar jaar. Van ons vorige werk wat deur ander fotograwe geskiet is, is al deur hulle uitgestal. So daar was alreeds ’n verhouding. Ons het die werk met hulle gedeel en hulle het belanggestel om dit as geheel uit te stal. Dit is ’n ongewone vennootskap, maar een wat ons dink reg is vir ons en die werk.

Die uitstalling is tot einde Maart 2020 by die Robert Sherwood Design-lokaal te sien.

Julle noem in ’n persverklaring dat die uitstalling geheimsinnig is. Moet die kyker dus vir julle as kunstenaars uitvang deur die geheim te ontrafel? Of wil julle hê elke kyker moet sy of haar eie betekenis rondom die werke skep? Of is ’n kombinasie van die twee verkieslik?

Dit is onmoontlik om vir iemand te sê hoe hulle moet voel of dink oor ’n ding. Hoe hulle dit ervaar word bepaal deur hulle eie geskiedenis. Die kyker kan vra wat dit vir ons persoonlik beteken, maar is welkom om hulle eie idees oor die werk te hê.

Vertel asseblief meer oor die inspirasie agter van julle gunstelingkunwerk.

Alet: “Leuenstoel” is my gunsteling, want dit dien op ’n manier as selfportret. Daar word van jongs af vir ons onrealistiese ideale voorgeskryf van wie ons “veronderstel” is om te wees as mens. Van hoe om te lyk, tot waarin om te glo en alles tussenin.

Ander mense se idee van perfeksie en skoonheid word op ons afgedwing en ons moet dit aanvaar sonder om vrae te vra. Daar word van ons verwag om in hierdie boksie te pas om aanvaar te word. Ons lewe voel soos ’n mislukking as ons nie voldoen aan die wêreld se idee van skoonheid nie.

“Leuenstoel” is by die Robert Sherwood Design-lokaal te sien.

“Leuenstoel” is die vertolking van die onmoontlike standaarde wat die wêreld stel om in te pas en die konstante worsteling om hierdie onrealistiese vereistes na te kom. Die lewensverwagtinge is onhaalbaar, want dit waarna ons streef is nie die realiteit nie. Ons is mens en ons imperfeksies maak ons individue al is dit hoe moeilik om te aanvaar. Daar is ook ’n direkte verhouding tussen die vervaardigingsproses en die tema.

Anna: Dis moeilik om een tema of onderwerp vas te pen op een spesifieke werk, aangesien al die werke gelaai is met simboliek. As ek moet kies sou ek sê “Partjiegees” is na aan my hart. Van die uitdagende vervaardigingsproses tot die simboliek agter die materiaal self, het dit gerealiseer as iets wat ek sterk mee identifiseer. Dit het baie toewyding gevat. Geestelike en fisieke pyn veroorsaak deur aanhoudend linte te ryg en knope te maak.

“Partjiegees” (Foto: verskaf)

“Partjiegees” handel onder andere oor die druk om voor te gee. Daar word deesdae baie klem gelê op “’n goeie tyd”; ek vind mens se verwagtinge en ervarings van situasies stem nie ooreen nie. Ek dink dis omdat ons sosiaal deur mediakanale konstant aan ander mense se “goeie tye” blootgestel word – dit is natuurlik onrealisties en nie waar nie. Die geskenklint waaruit “Partjiegees” gemaak is, het self ’n dowwe en blink kant, nes elk van ons. Dit was vir my ook interessant dat die kostuum self ’n mismoedige liggaamshouding uit die model gelok het, en nie een van blydskap nie. “Partjiegees” verteenwoordig die las van “’n goeie tyd” – alle tyd is goed en waardevol.

Anna en Alet se uitstalling kyk na die wisselwerking en vervreemding tussen mens en die omgewing.

  • Foto’s: Cliffordene Norton, tensy anders aangedui

The post <i>Huis+Hou+Ding</i>-uitstalling: ’n onderhoud met Anna Verloren van Themaat en Alet Viljoen appeared first on LitNet.

Carin Bester: "As jy nie opstaan vir geweldsmisdade teen vroue nie, wakker jy dit aan"

$
0
0

Die tema wat hier bespreek word is volwasse inhoud.

International Women's Day word jaarliks op 8 Maart gevier om bewustheid te kweek vir geslagsgelykheid. Sekerlik die belangrikste en mees dringende kwessie is geweld teen vroue. Volgens Statistics South Africa is daar in die statistiekjaar 2018/2019 2 930 vroue in Suid-Afrika vermoor, dws ’n moord elke drie ure. In 2014 berig die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad dat die helfte van hierdie moorde gepleeg word deur ’n intimate partner, of intieme (lewens)maat. Die term vir hierdie soort moord is intieme vrouemoord, en die moordenaar is gewoonlik ’n vrou se eggenoot, kêrel (hetsy in ’n verhouding of in ’n saamwoonhoedanigheid), eksman of ekskêrel.

Benewens Carin Bester se werk as aktrise en stelontwerper is sy ook ’n vertoonkunstenaar (performance artist) wat haar beywer vir die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Ek het van haar aktivisme te hore gekom tydens haar mees onlangse projek, Till death do us part. Ek het haar uitgevra oor hoekom sy bereid is om kaal voor mense te staan, haar eie bloed te tap vir ’n optrede, en wat die nut is van haar dapper pogings. Ons ontmoet mekaar in Stellenbosch tydens die Woordfees, waar sy by ’n aantal produksies betrokke is.

Haar vertoonkunsloopbaan het begin met ’n stuk genaamd Verlies by Youngblood Arts and Culture Development in Kaapstad in 2015. Tydens haar optrede staan sy kaal op ’n podium met doringdraad om haar gevleg. In haar hand hou sy ’n bloederige varkhart.

"Ek het kaal gestaan want dit is die mees natuurlike state of being. Almal is kaal gebore en ons dra klere want ons wil nie ander mense naak sien nie. Sonder klere is jy geweldig kwesbaar, en mens kan slegs deur kwesbaar te wees, as ’n individu genees van emosionele wonde en trauma. Die doringdraad simboliseer die pyn waarin mens toegedraai is tydens die rouproses van ’n geliefde wat gesterf het of ’n verhouding wat onherroeplik verwoes is. Tydens die uitvoering van hierdie stuk het ’n vrou haar hand deur die doringdraad gesteek en sodoende haarself en my seergemaak."

My body, my life was haar eerste stuk wat te make het met geslagsgebaseerde geweld. Hier staan sy in ’n tamaai hoepelrok met ’n Suid-Afrikaanse landsvlag om haar kop gedrapeer en haar liggaam is wit geverf. Bloed drup vir vyf ure lank op haar kop. Op die rok is statistieke geskryf oor verkragting en moorde sowel as sinsnedes uit mediaberigte wat met oa verkragting verband hou. Soos:

42 956 rapes were reported in 2015/2016. Statistics by SAPS. This means that one person is raped every 12 minutes.

An 11-month-old baby was sexually assaulted by a 27-year-old man.

She was shot, but still alive. She died in hospital. 

Aangaande My body, my life vertel sy: "Daar was ’n hele paar mense wat gedink het ek is ’n standbeeld en toe hulle sien ek haal asem, was hulle geskok. Daar was een ou wat gekyk het en hy sê: 'Oh my God, it's alive!' Dit is interessant dat hy nie na my verwys het as ’n vrou nie, alhoewel hy duidelik my boobs kon sien. Hy het uit die spasie gegaan en sy vriende gaan roep om te kom kyk. ’n Ander man, met ’n glasie wyn in die hand, het saam met sy girlfriend nader gestaan en die statistieke begin lees. Hy sê toe: 'Oh, I didn't realise it was this bad.' Ek wou op een stadium die landsvlag van my kop afhaal en sê: 'Well, where the fuck have you been lately?' Ander mense het gedink dit is die syfers van wêreldwye verkragting en moorde. Daai tipe aanmerkings het my regtig gedryf om aan te hou met dit wat ek doen, want hoe kan jy nie besef wat die struggle is van vroue elke dag in Suid-Afrika nie?"

Carin is een van die min vroue in Suid-Afrika wat hulle beywer vir bewusmaking mbt geslagsgebaseerde geweld in ’n vertoonkunshoedanigheid. Dit is spesifiek die onverdunde eerlikheid waarmee sy die ongemaklike realiteite aanspreek wat haar laat uitstaan bo soortgelyke bewusmakingsprojekte. Ek vra haar oor die "in your face benadering" wat haar optredes kenmerk.

"Vir my is performance art glad nie ’n act nie. Ek is myself en nie ’n karakter nie, en dit is ’n manier om die waarheid van die realiteit uit te beeld. Dit is hoekom ek daarmee begin het. Ek doen dit nie om mense te vermaak nie – dit is nie die punt nie – en ook nie om iets te wys wat die gehoor nie wil sien nie. Ek is daar om hulle bewus te maak van iets waarvan hulle bewus moet wees. Dit is ’n manier om die waarheid in mense se gesigte te druk en om te sê 'Kyk'. Jy kan dit nie doen met teater nie. Omdat ek weet baie mense verstaan dit dalk nie, of ongemaklik voel oor ek kaal is, joke hulle. Ek kan dus die humor sien in dit wat ek doen, maar die tematiek is nie ’n grap nie."

Een van die ander vertoonkunsstukke wat sy gedoen het, is He loves me, he loves me not. Carin stuur vir my die video-opname hiervan waar sy onder ’n blommekrans staan, getooi in wit onderklere, gepas vir ’n bruid op haar huweliksnag. Na elke herhaling van die mantra "He loves me, he loves me not" plak sy een van duisende pleisters op haar lyf. Dit simboliseer die wyse waarop geslagsgeweld verbloem word in Suid-Afrika. ’n Paar ure later in die video stap ’n paar vrouens nader en help om die pleisters op haar te plak.

Ek vra haar ’n laaste vraag oor hoe die opvatting van geslagsgebaseerde geweld verskil in verskillende kultuurgroepe en sosio-ekonomiese klasse.

"Verkragting gebeur in alle kultuurgroepe. Dit het niks te make met kleur nie. Dit is egter ’n baie groot probleem onder armer gemeenskappe. Dit het eintlik alles te doen met die nalatenskap van apartheid. As ’n man in ’n tweeslaapkamerhuis woon met ses ander mense en hy het nie ’n werk nie, is sy selfbeeld gekrenk. Dit lei baie keer tot drankmisbruik, want hy voel hy het nie ’n doel in die lewe nie. Verkragting gaan nie oor seks nie. As iemand ’n kind verkrag, is dit nie oor hy seksueel aangetrokke is tot daai kind nie. Nee, dit is ’n geval van 'I have power over you.' En as jy nie ’n werk het nie, wil jy daai mag op een of ander manier wys, en vrouens is dan die maklikste teiken. Hy wil dan op ’n manier sy manlikheid bewys en die gevolg is geweld teenoor vroue."

  • Foto's: Stephanie Gericke

The post Carin Bester: "As jy nie opstaan vir geweldsmisdade teen vroue nie, wakker jy dit aan" appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Virtuele kunsgalery ’n eerste vir KKNK

$
0
0

Foto’s van Barbara Wildenboer en verskeie ander kunstenaars se kunswerke: verskaf

"Ons is ongelooflik opgewonde om die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se heel eerste Virtuele Kunsgalery bekend te stel. Kunsliefhebbers van regoor die wêreld het hier die geleentheid om die fees se visuele kunsuitstallings te beleef."

So sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK. Volgens Theart het die fees oor die afgelope twee dekades ’n reputasie vir uitsonderlike kunsuitstallings gebou en is hulle vanjaar aangemoedig om ’n virtuele sprong te maak. "Die feit dat ons vanjaar se KKNK weens die COVID-19-pandemie moes kanselleer is steeds ’n groot teleurstelling, maar ons sien uit na hierdie nuwe en opwindende digitale ervaring", sê hy.

"Hierdie inisiatief skep ’n belangrike platform vir visuele kunstenaars om hulle werk te verkoop en sodoende ’n inkomste te genereer met werk geskep vir vanjaar se KKNK", sê Theart.

Dineke van der Walt, die KKNK se nuwe visuele kunskurator, het vanjaar se program met die tema Plat op die aarde saamgestel. Volgens Van der Walt kan kunswerke direk in die Virtuele Galery besigtig en gekoop word. "Feesgangers, kunsliefhebbers en -versamelaars het nou die geleentheid om deur die digitale gange van ons visuele kunsprogram te stap en die prag van 11 uitstallings in die gemak van hulle huise te sien. Die aanbod sluit werke van 45 kunstenaars met meer as 200 werke in", sê sy.

Volgens Van der Walt kan opwindende uitstallings van talentvolle jong kurators gesien word, waaronder Amé Bell, Tammy Langtry, Tlotlo Lobelo en Suen Muller. "Kunstenaars sluit in Usha Seejarim, Lisl Barry, Manyaku Mashilo, Strijdom van der Merwe, Heidi Fourie, Linda Ballen, Zhi Zulu, Olivia Botha, Ronél de Jager, JP Hanekom, Keneilwe Mokoena, Maryna Cotton, Sarel van Staden, Owen Claassen, Vincent Osemwegie en Nanette Ranger – asook ’n saamgestelde uitstalling van Jenna Burchell, Jaco van Schalkwyk en Wayne Matthews", vertel sy.

Kunswerke van drie jong kunstenaars uit Oudtshoorn word ook deur die Absa Galery aangebied. Hulle is Colin Meyer, Zietske Saaiman en Earlyn Cloud. " ’n Hoogtepunt van dié projek is natuurlik die ongelooflike retrospektiewe uitstalling van vanjaar se feeskunstenaar, Barbara Wildenboer", sluit Van der Walt af.

Theart sê verder hierdie is die eerste van verskeie uitstallings. "Ons glo dat hierdie ’n KKNK-instelling gaan word, wat nie net waarde vir ons ondersteuners toevoeg nie, maar ook meer geleenthede vir die visuele kunste in die toekoms skep. Die eerste volskaalse Virtuele Galery van die KKNK open op Woensdag 24 Junie 2020 sy deure aanlyn by www.kknk.co.za", sluit Theart af. 

The post Persvrystelling: Virtuele kunsgalery ’n eerste vir KKNK appeared first on LitNet.

Viewing all 188 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>